Klad van apartheid nie só weggepraat

2012-07-07 14:57

November 1959 - die laaste dae van Sophiatown. Foto: Drum

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Giliomee se artikel “Apartheid: was dit dan net boos?” (Rapport, 23 Junie) kan nie onbeantwoord gelaat word nie.

Die artikel staan in die gees van die onrusbarende, tog skynbaar al hoe meer populêre pogings in sekere intellektuele Afrikanerkringe om Suid-Afrika se apartheidsverlede te vergoeilik.

Dit is ’n uiters onverstandige, asook gevaarlike, tendens. Onverstandig omdat dit nie reg laat geskied aan die verhaal van ons verlede nie en gevaarlik omdat dit, juis in die huidige tydsgewrig waar gesindhede aan die verhard en aan die polariseer is, die persepsie versterk dat wit mense (by name wit Afrikaners) onboetvaardig (defiant) oor die morele ontsporing in hul verlede is en daarom nie bereid is om substantiewe versoening in Suid-Afrika na te streef nie.

Die teenpool van hierdie tendens in wit geledere is die onverstandige aanblaas van grypsug en toeëiening (entitlement) in swart geledere soos aangeblaas deur die Malema-gevolg. Hierdie twee tendense is spieëlbeelde van mekaar en teer op mekaar. Om hulle te bevorder gaan niemand êrens bring in ’n poging om van Suid-Afrika ’n werkbare land te maak nie.

Terselfdertyd is ek daarvan oortuig dat die persepsie dat Afrikaners die foute van hul verlede nie wil erken nie, foutief is.

Die oorgrote meerderheid wit Afrikaners is meer as bereid om apartheid te verwerp en om hul talente en middele aan te wend ten behoewe van ’n beter toekoms vir ons almal. Juis daarom moet die wanpersepsies oor die werklike aard van apartheid wat deur Giliomee en sy geesgenote bevorder word, bestry word.

Giliomee is heeltemal reg as hy daarop wys dat alle aspekte van apartheid nie deur die Herenigde Nasionale Party van 1948 (en daaropvolgende regerings tot 1994) uitgedink is nie. Talle erg diskriminerende praktyke wat verskillende vorme van gedwonge segregasie behels het, was in 1948 lank reeds bestaande praktyk.

Giliomee is ook in dié opsig reg dat hy aanvoer dat die vestiging van ’n liberale demokrasie in 1948 geen waarborg sou bied vir ekonomiese groei van die orde van 5% per jaar oor die volgende 40 jaar nie. China wys vir ons demokrasie is geen noodsaaklike vereiste vir ekonomiese groei nie.

Ek verskil egter van Giliomee op twee punte in hierdie verband. Die eerste is sy bewering dat swart mense ook beduidende ekonomiese vooruitgang onder apartheid beleef het. Dit kan in enkele gevalle – veral in die kringe van die kollaborateurs wat die tuisland-stelsel vir die regering help bedryf het – waar wees, maar vir die oorgrote meerderheid swart mense het apartheid slegs ekonomiese stagnasie of agteruitgang beteken, veral as hul situasie destyds vergelyk word met dié van die oorgrote meerderheid wit mense.

Dit is ’n algemeen bekende feit dat die 196o’s ’n tydperk van ongekende ekonomiese groei in Suid-Afrika was, maar dat bloedweinig van daardie nuwe welvaart by die swart massa uitgekom het.

My vernaamste beswaar teen Giliomee se artikel is egter dat hy oor die problematiek van apartheid skryf asof dit grootliks slegs ’n ekonomiese vraagstuk was.

Iemand wat dit beweer, hou hom doof en blind vir die werklike verontmensliking wat deur apartheid in Suid-Afrika veroorsaak is. Terwyl, soos ek gesê het, dit waar is dat die Nasionale Party nie apartheid uitgevind het nie, het hy dit wel vervolmaak. Wat apartheid in Suid-Afrika so moreel bedenklik gemaak het, was die institusionalisering van sosiale geskeidenheid met ’n reeks drakonies-verontmenslikende nuwe wette.

Die bekendste van dié wette is die Groepsgebiedewet (wat nie slegs woon- en sakegebiede vir verskillende rasse bepaal het nie, maar ekonomiese geleenthede vir swart mense enorm aan bande gelê het), die Wet op Gemengde Huwelike en art. 16 van die Ontugwet wat seks oor die kleurlyn onwettig gemaak het (laasgenoemde twee wette is veral ook op aandrang van die destydse NG Kerk ingestel), die Bevolkingsregistrasiewet (waarvolgens op mensonterende manier – selfs deur potloodtoetse – bepaal is wie wit, swart, bruin of Indiër is en wat families en vriendekringe verskeur het), die Drankwet (waarvolgens wit en swart verbied is om saam partytjie te hou of ’n drankie te mag geniet) en die Wet op Aparte Geriewe (waarvolgens geriewe soos strande en hysbakke vir aparte rasse vereis is). Daar was ook wette oor instromingsbeheer en werkafbakening en talle kan nog bygevoeg word.

Wat hierdie wette so berug maak, is nie in die eerste plek die ekonomiese uitwerking wat dit op mense gehad het nie (hoewel daardie uitwerking in sommige gevalle baie erg was), maar die verlies aan basiese menswaardigheid wat hierdie stelsel veroorsaak het.

Hierdie wette het van Suid-Afrikaanse burgers wat geen ander vaderland geken het nie tweedeklasmense in die land van hul geboorte gemaak. Hierdie wette het persepsies onder wit mense gevestig en bevorder dat hulle meerderwaardig is en dat alle sosiale interaksie met swart mense ongewens en soms selfs skandalig is (kortom: rassisme).

En die ergste is dat die effek wat hierdie wette gehad het selfs was dat baie swart mense sélf begin glo het hulle is minderwaardig; vandaar die opkoms van die Swart Bewussynsbeweging in die 1960’s en ’70’s met die belangrike doelwit om swart mense te help om hul sin vir eiewaarde en menslikheid te herwin.

Wanneer swart mense vandag terugkyk op apartheid, is dit veral hierdie verontmensliking deur geïnstitusionaliseerde apartheid wat hulle onthou en wat hulle grief – ook al het die jeug dit dalk nie so aan die lyf gevoel soos die ouer geslag nie. Natuurlik is dit ook so dat vandag se geslag wit mense onder die ouderdom van ongeveer 40 nie aandadig was aan statutêre apartheid nie. Maar ’n groot aantal van hulle is wel begunstigdes van die voordele wat apartheidoor die algemeen vir wit mense gehad het.
Vandag se geslag jong, swart mense kyk wel om hulle en hoewel hulle nie aan die ontvangkant van direkte diskriminasie was nie, sien hulle ’n radikaal ongelyke samelewing wat steeds die verdelingslyne van die apartheidsbestel weerspieël.

Ons kan apartheid daarom nie bloot beoordeel in terme van ’n siniese, semi-Machiavelliaanse inskatting van slegs wat met die ekonomie sou gebeur het as daar nie apartheid was nie. Apartheid vreet aan ons gewete as wit mense omdat dit die basiese menswees van die meeste van ons mede-Suid-Afrikaners in sy wese aangetas het.
Dit beteken nie ons moet in sak of as gaan sit nie of dat die meerderheid vandag die reg het om op dieselfde manier teenoor ons op te tree nie – “two wrongs don’t make a right”. Dit beteken slegs dat ons verantwoordelikheid moet aanvaar vir ons verlede nes daardie verlede was en dat ons, sover ons kan, moet probeer om ’n bedeling te skep waarin almal gelyke geleenthede het en waarin die soort diskriminasie en verontmensliking van die apartheidsverlede nooit weer kan plaasvind nie.

Ons sal laasgenoemde nie regkry deur, as intellektuele, vir mense te probeer wysmaak dat apartheid nie so erg was nie.

Laasgenoemde idee is nie bloot “ondenkbaar” nie; dis immoreel en onverantwoordbaar.

Anton van Niekerk is direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
177 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emiel Stapelberg sê... Afrika sou werklik 'n wonderlike plek wees as dit nie vir sy mense was nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.