Krenterige Afrikaners wys hoofstroom se liefdeloosheid

2012-07-07 14:57

krenterig b.nw. Oormatig kleinlik, bekrompe, kleingeestig; wat buitensporige waarde heg aan kleinlike besonderhede, dikw. gepaardgaande met vitterigheid en soms ook prikkelbaarheid: Krenterige argumente, kritiek. ’n Krenterige besluit, politieke houding, gees by onderhandelinge. [Fr. raisin de Corinthe skaars (soos korinte)]. – Elektroniese WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A tot R). Hoofredakteur W.F. Botha.

Mens wil wrintiewaar nie op Sondag pruttelrig wees nie, maar die vet weet, só kan dit ook nie aangaan nie.

Wat is dit met Afrikaners dat so ongoddelik baie van ons so verstikkend parogiaal kan wees?

Pharos se Tesourus van Afrikaans praat van, onder meer: afgeslote, kleinburgerlik, kleinmenslik, kinderagtig, kleinmoedig, verstok, verstar, kleinhartig, enghartig.

Sê maar daai woorde hardop en proe hoe bitter dit op die tong lê, want dit beskryf ’n walglike soort mens.

Wie het onlangs gekyk na van die skrikwekkende threads, of kommentaarkettings (die slim woordeboekman Fred Pheiffer se woord) wat mense op Afrikaanse koerante se webblaaie los?

(Ja, op Engelse webtuistes ook, maar dis meestal baie gedemp vergeleke met van óns unieke bitterbekkigheid.)

Kom, gaan koekeloer gerus, net om jouself te herinner aan hoe minagtend en gruwelik mense kan raak, veral as dit kom by wit mense wat oor swart mense of heteroseksuele mense wat oor gay mense kommentaar lewer.

Van die oordele wat genadeloos gevel word, is so erg dat hulle verwyder moet word. Gereeld is die meeste van die liefdelose kommentators anoniem en oor die algemeen met ’n Bybel onder die arm.

Moenie eens praat van enigiets wat buite hul verwysingsraamwerk is nie (haal Die Antwoord op, dan is die gort gaar).

’n Paar voorbeelde: Oor die doepa wat hy vir die vele skete van die Nuwe SA aanbeveel, skryf Ernst Marais: “Stewige dosis Afsonderlike Ontwikkeling. Toe het Suid-Afrika gewerk.” Nevermind die feit dat apartheid swart mense van alle menswaardigheid beroof het. Nee, bring dit terug, basuin hy.

Oor gay mense laat weet ene Adre Claassens: “Dit bly ’n siek leefstyl met dubbele standaarde wat op mense afgedwing word wat bitter graag normaal wil bly en hul Here so wil eer!”

Oor Die Antwoord is die webtuiste www.glodiebybel.co.za vol pittighede. Hulle kla oor: “Ninja se motor se nommerplate is ‘ZEF 666 GP’. Daar is nie twyfel wat ‘666’ uitbeeld nie. Dit het niks met zef te doen nie.”

Die feit dat so ’n nommerplaat heeltemal met ironie en spottend uitgebeeld word, is verlore op dié mense.

Maar, skryf hulle heeltemal uitasem, daar is nog: “Die Antwoord se konneksie met die NG Kerk is dat Yo-Landi Vi$$er se pads. Ben du Toit is (volgens ’n artikel... in die vrouetydskrif Sarie lyk dit egter of dit Ben du Toit se aangenome kind is).” Huh?

“Hy is die NG Kerk se hoof van kommunikasie wat in 2006 as parlementêre verteenwoordiger van die NG Kerk, die parlement aangemoedig het om homoseksuele huwelike in Suid-Afrika te wettig.” So what?

Nou ja, moenie dink hierdie kommentators is randeiers nie.

Nee, hulle verteenwoordig die hoofstroom. En dit, liewe leser, is vandag die krenterige, klipharde, liefdelose hart van baie Afrikaners.

Wat ’n jammerte.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
96 reaksies
Kommentaar is gesluit vir hierdie artikel

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Qlikview

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

BI Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.