'Kwasterige ou kêrel' was onvoorspelbaar, maar 'n lojale leeu

2009-10-03 22:35

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die laaste slag in die Spaanse Burgeroorlog is beëindig in 1979, veertig jaar ná die val van Madrid, in ’n pastorie in Kaapstad, toe Rina en Jacques de Villiers die Falangiste, verteenwoordig deur Izak de Villiers, en die Republikeine, verteenwoordig deur my, fisiek uitmekaar moes hou oor dié reeds lank vergange Iberiese slagting.

Ek en my pa was kwaai lief vir mekaar, maar ons kon oor álles baklei.

Polities het ons saamgestem dat ruimtereise en kernkrag wenslik is en dat die Universiteit van Stellenbosch Afrikaans moet bly. Ons het ook albei gedink Edith Piaf was wonderlik en dat jy vaskopstutte eerste kies en dat binnesenters moet verstand hê en reguit hardloop.

Amper alles anders was slagveld. Maar ons het nooit aan mekaar getwyfel nie.

My oukêrel was so lojaal dat dit ’n tekortkoming was.

Hy is uitgekryt en aangeprys as ’n liberalis en ’n rassis, ’n fascis en, waaragtig, ’n kommunis; verkramp en verlig, en het hieroor – tot my ontsteltenis – geskaterlag. Hy het sulke simplistiese kategorieë met oortuiging verag en mense op hul eie getakseer.

Ons is grootgemaak om goeie straatveërs te respekteer en vrot professors te minag.

Izak de Villiers het my sy lewe lank verras met sy voorkeure en ek kon nooit voorspel watter van my vriende hy sou waardeer nie. In my middeljare het ek naderhand min of meer uitgemaak dat uitgesprokenes met goeie maniere treffers sou wees, hoewel daar plek was vir skames en ongeskiktes ook.

Hoe was my pa?

Vrygewig, lojaal, moedswillig, bedorwe, snaaks, lojaal, egosentries, onmoontlik, melancholies, lojaal, sterk, sieklik, lojaal, vrydenkend, vroom, vasberade, lojaal, te lief vir applous, stroom-op, aggressief, empaties, verdraagsaam, onverbiddelik, lojaal, ongeduldig, nuuskierig, ongeskik, liefderik en, het ek al gesê lojaal?

Mooeeeiiii-lik.

Pret.

Reaksionêr? So sê sy teenstanders, maar ek sluk swaar hieraan, want hoewel ons oor amper niks saamgestem het nie, het ek sy mening meer gerespekteer as die mening van 90% van dié wat dieselfde boksies as ek tik.

Reaksionêr se voet – hy had ’n broertjie, ’n oom, ’n tannie en hul hond dood aan ondeurdagte konsensus, ’n onchristelike minagting van gatkruipers. As almal oor iets saamgestem het, het hy onraad geruik.

Windgat? Hy sou hierop beslis met ’n glimlaggende sweempie swier skuldig pleit, mits windgatgeid beteken dat jy wéét jy’s nogal goed met wat jy doen en jy ook nie eens die geringste poging aanwend om weg te steek dat jy dit weet nie.

Hy was beslis nie te windgat om te weet dat ons in ’n groot, groot heelal woon en dat ons g’n kans staan om ’n benul te vorm van wat ’n ewigheid dalk behels nie.

As hy vir die sterre gekyk het, was hy die nederigste van almal. Hy het geglo almal gaan eendag hemel toe, maar party sal ’n bie­tjie moet braai vir die voorreg.

Izak de Villiers se geliefdes, waarvan daar baie is, het verlede week swaar gesluk aan hul trane. Ons wêreld was onmiddellik stiller sonder sy gebulder. Verveliger sonder dié kwasterige ou kêrel, die vriend wat jy wis vir jou ’n koeël sou vat.

Izak de Villiers se vyande, waarvan daar baie is, wag vir sy lyk om koud te word om op sy herinnering te spoeg. Ek en my broer, Jacques, en my suster, Chérie, wag op ons beurt vir hulle om te probeer.

En ons is die kinders van ’n leeu.

* Louis de Villiers is senior rugbyskrywer by Rapport.

) ?Louis de Villiers is senior rugbyskrywer by Sport24.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.