Kyk net so, Staatsteater

2012-11-17 23:51

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

"Ons moet nog met die uitvoerende hoof onderhandel oor regte. Maar dit is die finale ronde. Ons is baie opgewonde,” het Karen Meiring, hoof van Afrikaanse kanale by MultiChoice, eergister gesê.

Dr. Quinton Simpson, sedert Mei uitvoerende hoof van die Staatsteater in Pretoria, is op ’n missie om die teater se voortbestaan met selfgegenereerde inkomste te verseker.

Hy het Woensdag in die parlement aan die portefeuljekomitee oor kuns en kultuur gesê die teatersentrum, wat onder meer vyf teaters insluit, kom deesdae sy geldelike verpligtinge na en het inkomsteplanne tot duskant 2015. Dié teater moes in 2000 amper sy deure sluit.

Rapport verstaan Simpson was ’n welkome aanstelling. Musiek speel deesdae in die teatergange en die mure is weer kleurryk.

Simpson, nie van die teaterwêreld nie, sê hulle het bestekopname gedoen. Ontwikkelingsteater werk nie.

“Nie swart of wit mense stel hierin belang nie en met beperkte besteebare inkomste vir vermaaklikheid is daar nie ondersteuning hiervoor nie.” Hy sê die Nasionale Lotery borg dié projekte.

Een teaterwerker reken dié projekte kon die laaste nege jaar nie op die been kom nie. “Die stelsel werk nie. Hoewel die produksies ’n begroting het, betaal dit salarisse en is daar nie geld vir rekwisiete of verf nie. Die show is gewoonlik leeg.”

Dis ’n groot probleem, sê Simpson. Die Staatsteater is maar gemiddeld 40% vol. Dramas kry nie aftrek nie.

“Swart en wit teatergangers hou van borrelgom-produksies en musiekvertonings. Swart mense verkies jazz en wit mense opera of Afrikaanse musiek.” Hy sê dit kos R2 miljoen om ’n opera vir twee weke op die planke te bring.

Amanda Strydom, ikoon van die Afrikaanse teater, meen ligte vermaak is goed, maar “mens moet darem ’n ordentlike maaltyd” kry.

“Balans is so belangrik. Wanneer die estetiese afgeskeep word, bloei ’n volk dood weens ’n gebrek aan ordentlike voedingstof. Hulle raak gewoond aan gemorskos. Dis verstommend dat kunstenaars in hierdie genres oorsee moet wyk om die erkenning te kry wat hulle verdien,” het sy aan Rapport gesê.

Dit het gebeur met Mies Julie, wat luidens The New York Times Amerika aan die gons het, maar in die Staatsteater misluk het en gekanselleer is.

Nog ’n teaterwerker beskryf dit as een van haar afgryslikste teaterervarings. “Mense wat nie gewoond is aan teater nie is van die straat ingenooi omdat daar so baie leë sitplekke was. Hulle het gelag en die akteurs ontstel met hul uitlatings...”

Die bemarking van die Staatsteater is glo skraps. ’n Paar plakkate word in en om die teatersentrum aangebring, opgevolg deur min of geen persverklarings of radio-onderhoude.

“Produksies moet maar self die bemarking hanteer as hulle mense wil lok,” sê een bron.

Volgens Simpson is komplimentêre kaartjies nie meer ’n uitweg nie.

“Sowat 65% van die komplimentêre kaartjies word gebruik,” het hy gesê.

Een teaterwerker sê hulle verwys reeds na die kykNET-teater. “Dalk voel mense gemakliker met ’n bekende naam daaraan gekoppel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Parts Controller

Mpumalanga
ALOS Holdings Pty Ltd
R200000 - R220000

Sales Representative

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Sales Director: Post Schools

Cape Town
DAV Professional Placement Group
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.