Los personeel en dank háár nou af

2012-10-13 23:17

Die Demokratiese Alliansie (DA) het hierdie week vir Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, gevra om te bedank as gevolg van haar departement se swak vertoning.

Die bewyse kan duidelik gesien word in die departement se jaarverslag, wat die afgelope week in die parlement bespreek is.

Joemat-Pettersson se departement het in die laaste geldjaar 99% van sy begroting van R4,96 miljard spandeer, maar kon slegs 51% van sy doelwitte bereik.

As hierdie 51% verder ondersoek word, is dit duidelik dat minder as 20% van die doelwitte volledig bereik is.
Waarom is dit ’n probleem?

Die departement van landbou se belangrikste taak is om te verseker dat Suid-Afrika genoeg kos het.

Hierdie taak word tussen ses programme van die departement verdeel: administrasie, ekonomiese ontwikkeling, bemarking en handel, voedselsekerheid, landbouproduksie en voedselveiligheid.

Saam het hulle uiteindelik een doel voor oë: Om ’n gunstige omgewing te skep waarbinne boere voedsel en vesel kan produseer.

Om te illustreer wat gebeur as die departement nie sy werk na behore doen nie hoef ’n mens niks verder as die afdeling vir dieregesondheid te kyk nie. Sowat 35% van die land se staatsveeartsposte is nou vakant. ’n Bedrag van R19 miljoen, wat begroot is vir mobiele veeartsenyklinieke, is nie spandeer nie.

Ek het self die afgelope jaar landboukantore op die platteland besoek om die praktiese probleme te ondersoek. In ’n kantoor in Mount Fletcher was daar 12 gemeenskapsgesondheidswerkers met net twee staatsvoertuie tot hul beskikking.

Dié amptenare moet perdry of ’n saamrygeleentheid bedel by ’n lid van die publiek as hulle veldwerk moet gaan doen.

’n Belangrike deel van dié werk is die inenting van diere. Die vervoerprobleme beteken egter dat hulle nie die entstowwe op die voorgeskrewe lae temperatuur kan hou voordat hulle dit toedien nie. Hierdie situasie hou reuse-risiko’s vir dieregesondheid in.

Die wyse waarop die veeartsenykundige vermoëns van die departement toegelaat is om agteruit te gaan, het reeds gelei tot ’n verlies van uitvoerinkomste van R4?miljard per jaar vir die rooivleisbedryf en miljoene rande vir die volstruisbedryf.

Die einde is nog nie in sig nie.

Die Wêreldhandelsorganisasie se afdeling vir dieregesondheid doen nou ondersoeke in Suid-Afrika na die departement se gesondheidsdienste.

Ons hoop sy verslag en voorstelle sal openbaar gemaak word sodat ons oplossings vir hierdie probleme kan vind.

Die openbaarmaking van die verslag sal baie bydra om die vertroue tussen die hele landbousektor en die departement te bevorder.

Waarskuwingsligte flikker ook in die vrugtebedryf. Dáár het vrugteboere reeds markaandeel verloor weens sanitêre reëls wat nie nagekom is nie. Die departement moet versigtig wees dat ons uitvoer van vrugte nie in dieselfde bootjie beland as waarin die veebedryf reeds is nie.

As jy in ag neem dat die departement slegs vier uit 15 van sy teikens op hierdie gebied bereik het, is die kanse goed dat dit wel sal gebeur.

Baie voorbeelde van swak beplanning en ’n gebrek aan evalueringstelsels is op gewys.

Die departement word beskuldig daarvan dat hy te veel fokus op die besteding van sy begroting en te min aandag gee aan die uitkomste van hierdie besteding.

In die laaste agt jaar het die departement R5?miljard aan kleinboerontwikkeling bestee. Daar is bevind dat:

* Trekkers aangekoop en aan kleinboere uitgedeel word sonder om te verseker dat dit tot verbeterde landbou lei;

* Programme vir die plant van produkte so sleg is dat dit lei tot laat aanplantings wat swak of geen oeste lewer;

* Infrastruktuur gebou word waaraan daar geen behoefte is nie.

Die werk van ’n minister is om te verseker dat haar departement optimaal funksioneer.

As dít nie gebeur nie, is dit nie genoeg om personeel af te dank nie: Dan het die tyd gekom om háár af te dank.

Annette Steyn is die DA se skaduminister van landbou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-24°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-17°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

BI Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Intelligence BI

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Application Developer 6month contract

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.