Mag jy lewe tot jy doodgaan

2012-10-07 00:24

Vief. b.nw.: Lewendig, geestig, opgewek. Uit Latyn (vivus). – e-HAT

Vandag se woord is opgedra aan Luther Uys van Wakkerstroom, op 95 sekerlik een van Rapport se oudste, maar mees lewenslustige lesers.

Ná ’n stilte kom daar anderdag weer ’n e-pos-briefie van hom aan – soos gewoonlik vol kwinkslae, universele wyshede, maar veral patos.

In Engels sal ’n mens na hom as ’n sage (ringkop) kan verwys, hoewel hy niks daarvan sal wil hoor nie.

“Die stilte aan my kant moet ek verduidelik. ’n Jaar gelede het ek herstel van klierkanker, ná sewe maande van chemoterapie het ek dit oorleef en is ek as ‘skoon’ verklaar.

“Toe beskou ek myself as onverganklik, as ek kanker kon oorleef sal ek vir altyd leef, altans dit is wat ek my verbeel het.

“Maar toe tref die spreekwoord my ‘Moet nooit jou vermoë oorskat nie’. Ek val toe oor ’n voetstoeltjie en daar lê ta.

“Ek word toe opgeneem in ’n versorgeenheid, onder omstandighede gaan dit bo verwagting goed. So word ek bewus van ’n paar grondwaarhede.

“Moet nooit te selfversekerd praat of ’n opinie uitspreek oor ’n onderwerp wat jy net gesien het, maar nie persoonlik ondervinding van het nie.

“Ek wat in staat was tot enigiets, is nou aangewese op die hulp van ander. Dit is mos ‘lekker’ dat jy kan terugsit en alles vir jou laat doen. Ja-wel, nie vir my nie, daarvoor was ek te aktief gebore.

“’n Storietjie. ’n Griekwa word deur die weer doodgeslaan, by die begrafnis sê die mense, ‘Gister was hy so fris as ’n vis in die water, daar lê hy nou, hy kan sy stert nie roer nie.’ Ek ook nie.

“’n Ander storie: Koos van der Merwe loop langs die watervoor en daar sit ’n seuntjie en huil.

“Koos verneem: ‘Waaroor huil jy so?’ ‘Ag oom, sien jy daardie groot seuns, ek kan nie doen wat hulle besig is om te doen nie.’ Koos oorweeg die antwoord en gaan sit langs die seuntjie en begin ook bitterlik huil, want hý kan ook nie doen wat die groot seuns besig is om te doen nie.

“Ek ook nie. In kort, pas aan by jou oorblywende vermoë. By elke draai tref dit my dat ek moet aanvaar dat ek nie die man is wat ek altyd was nie.

“Maar waarvoor ek dankbaar is, is dat die kleingeld wat vir my uitgekeer is, ís en moet genoeg wees. Hoeveel mense tien jaar en jonger as wat ek is se verstand is shot, daarmee heen.

“Ek met my 95 jaar verstom my aan baie wat jonger as ek is wat net opgehou het om te leef.

“Dit bring my by die volgende storie. Twee manne dreig mekaar en die een sê vir die ander: ‘Jy sal dit berou tot die dag van jou dood, dit is as jy só lank leef.’

“’n Lawwe storie, dit het my 30 jaar geneem om die waarheid daarvan te besef. Hoeveel mense gaan dood voordat hulle te sterwe kom. Ek het besluit dat ek sal leef tot ek te sterwe kom.”

Sela.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.