Manuskripte darem behoue

2013-02-02 23:27

’n Foto wat in Maart 2004 geneem is toon ’n paar geskrifte wat in die Ahmed Baba-instituut in Timboektoe gehuisves word. | Foto: ap/ben curtis

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sedert die Ansar Dine-rebelle verlede Sondag uit Timboektoe in Mali gevlug en Franse soldate die stad binnegegaan het, is verskeie berigte die wêreld ingestuur dat die uiters waardevolle manuskripte wat in dié stad gehuisves word, vernietig is.

Aanvanklike berigte wou dit hê dat die Ahmed Baba-instituut se uiters moderne argief, wat tydens die presidentskap van oudpres. Thabo Mbeki grootliks met Suid-Afrikaanse belastingbetalersgeld gefinansier is, deur die rebelle afgebrand is.

Beeldmateriaal op die nuuskanaal Sky het inderdaad die indruk van grootskaalse vernietiging en vandalisme gewek. Leë kabinette in die argief se kluise kon gesien word terwyl die vloer van een vertrek besaai was met leeromslae van boeke en gebrande as.

Volgens dr. Shamil Jeppie, direkteur van die Tombouctou-manuskripprojek wat aan die Universiteit van Kaapstad verbonde is, suggereer die jongste inligting tot hul beskikking egter dat die oorgrote meerderheid van die duisende manuskripte veilig is.

Hy sê die meeste van die manuskripte in Malinese staatsbesit is nog nie na die nuwe Ahmed Baba-biblioteek oorgeplaas nie, maar word steeds gestoor in ’n ou argief wat reeds in 1974 gebou is.

Hy verstaan ook dat biblioteekpersoneellede daarin kon slaag om die dokumente wat wel in die nuwe biblioteek was na veiligheid te neem voor die rebelle se besetting van die stad.

Hy sê die videomateriaal wat op Sky vertoon is, is geneem in die biblioteek se restourasiesentrum en toon net dié materiaal waaraan restoureerders in daardie stadium gewerk het.

Dié nuus is natuurlik baie gerusstellend vir navorsers soos Jeppie, wat hul professionele lewe wy aan die bewaring en ontsyfering van dié geskrifte, maar dit vestig ook opnuut die aandag op die ongelooflike kultuurskat wat in Timboektoe gehuisves word.

Die navorser en versamelaar Abdel Kader Haïdara meen daar is meer as 101 000 manuskripte – almal handgeskrewe boeke, eerder as perkamentrolle – in private biblioteke en die stad se staatsargief.

Die geskrifte dateer van die 13de tot die 20ste eeu. Almal is in Arabiese skrif in Arabies of Afrika-tale soos Fulani en Songhay geskryf.

Navorsers kan steeds nie met sekerheid sê hoe oud die oudste van dié teks­te is nie omdat geen wetenskaplike toetse nog op die ink en papier gedoen is nie.

Baie daarvan dateer van die 16de eeu toe Timboektoe al lank ’n belangrike intellektuele sentrum in die streek was en die tuiste van belangrike intellektuele soos Ahmed Baba (na wie die moderne argief vernoem is wat met Suid-Afrikaanse hulp gebou is).

Die boeke in die argiewe handel oor ’n verskeidenheid onderwerpe, waaronder Islam-teologie, die reg, taalkunde, medisyne, wiskunde, geskiedenis, asook esoteriese onderwerpe soos astrologie en numerologie.

Die versameling, hoewel besonder in sy omvang, is nie heeltemal uniek nie. Dit is deel van ’n groter streekverskynsel van boekversameling wat oor die Sahara- en Sahel-streek heen voorkom.

Die boeke gee ’n unieke insig in die geskiedenis van die streek – veral in pre-koloniale tye. Dit is daarom soveel te meer skreiend dat so min van hierdie boeke ordentlik gekategoriseer of vertaal is.

Vir die langtermynbewaring daarvan is digitalisering ook kritiek noodsaaklik.

Die barbaarse vandalisering daarvan deur ekstremistiese fanatici net omdat hulle nie met die inhoud daarvan saamstem nie, is ’n scenario té verskriklik om te verbeel. Die gebeure van die laaste paar weke illustreer hoe wesenlik dié gevaar steeds is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior SharePoint developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

JAVA Developer

Sandton
Communicate Cape Town IT
Market Related

Business Analyst

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.