Maties se leierskorps trap in al die bestuurslaggate

2009-09-27 00:15

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

 

Dit het mode geword om universiteite te benader asof hulle sakeondernemings is. Dit kan na my mening in sekere opsigte tot mistastings lei, maar in ander opsigte is daar wel belangrike ooreenkomste. Ek glo byvoorbeeld dat Marianne Jennings se werk The
Seven Signs of Ethical Collapse (St. Martin’s Press, 2006) oor etiese verval in sakeondernemings met vrug ook op inrigtings van hoër onderwys toegepas kan word.

1. Terugwerkende regverdiging

Alle organisasies het bepaalde doelwitte. Maar ’n organisasie met ’n swak etiese kode begin by ’n eindpunt en gryp dan terug, sodat hulle sake terugwerkend regverdig. Hulle verkeer, sê prof. Jennings, in ’n “zone of perversity”. Soos die Universiteit van Stellenbosch (US) se bestuur wat reken hulle kan hul integriteit herwin deurdat die raad dubbelmedium-onderrig amptelik goedkeur, want hulle weet klasse word reeds in dubbelmedium aangebied. Die feit dat hierdie goedkeuring strydig is met die raad se eie taalbeleid en taalplan steur hulle nie. Hulle kan dié lastige saak mos maar terugwerkend regstel. Waarskynlik eersdaags.

2. Vrees en stilswye

’n Kultuur heers wat kritiek smoor en teenstemme stilmaak. So is dit by die US, waar daar een enkele stem in die taalkomitee is wat daarop durf wys dat fakulteite se taalplanne wat strydig is met die beleid nie aanvaar mag word nie. Wat doen die taalkomitee? Beraam planne om van die enkele moeilikheid­soeker ontslae te raak. Statistieke wat die inrigting dalk kan diskrediteer, word verswyg. ’n Raadslid vra: Hoeveel dosente kan of wil nie in Afrikaans klasgee nie? Antwoord: Dis nie in die US se databasis nie. Hoekom nie? Voorts word ’n raadslid se bedankingsbrief verswyg.

3. Ikoniese uitvoerende hoofde

Bedenklike organisasies het onaantasbare leiers wat omring word deur jabroers, sê Jennings. Rhoda Kadalie skryf in Die Burger van 1 September 2009: “Talle voormalige wit universiteite met ’n swart rektor het verbode terrein geword, die spergebiede van diegene wat vrye debatvoering smoor en akademici terroriseer wat dit waag om vrae te stel.” So is dit ook by die US. Hier is dit ’n kwessie van lei jy, ons volg. Ons is ’n persoonlike juigkommando, wat nie net in gelid marsjeer wanneer die ikoniese leier bewonderenswaardig voor loop nie – wat hy wel meermale doen – maar ook, blindelings, op ’n afdraande weg. Op pad na ’n afgrond.

4. ’n Swak raad

Die raad van ’n bedenklike organisasie ervaar interne konflikte, gee nie goeie leiding nie en verseker nie dat die strategiese rigting wat hulle aangedui het wel realiseer nie. Ongelukkig tipeer hierdie beskrywing die situasie wat betref die US-raad heel akkuraat. Die raad laat toe dat sy eie beleid, taalplan en ’n duidelike verbod op gefederaliseerde fakulteit-taalplanne verontagsaam word. Algemeen geldende beginsels van prosedure en administratiefreg word tersyde gestel. Die raad volg. Hulle lei nie.

5. Vermyding van konflik

In so ’n organisasie word konflik vermy. Almal doen maar net wat hulle meen goedkeuring sal wegdra. Duidelik ly die senaat van die US aan die verskynsel van groepdenke. Almal praat saam, daar is geen teken daarvan dat ’n enkele akademikus die gang van sake bevraagteken nie. Voorwaar ’n vreemde verskynsel in ’n akademiese omgewing. Andersins uiters skaars.

6. Merkwaardige innovasie

Die geloof begin posvat dat hierdie organisasie so besonders en innoverend is dat gewone realiteits­beginsels nie vir hulle geld nie. Hy kan regkry wat niemand anders kon regkry nie. Die US dink blykbaar hy sal veeltalige onderrig kan bekostig, die dominante taal sal nie oorneem in die lesinglokale nie, en risiko-
studente sal nie druip weens mindere begrip in ’n gedwonge tweede taal nie. Want hy gaan dit anders bestuur as wat enige ander akademiese inrigting op die planeet nog ooit kon regkry.

7. Uitmuntendheid op sommige gebiede vergoed vir tekortkominge elders

Sonder twyfel is die US in bepaalde opsigte werklik uitmuntend. Daar is velerlei projekte en prastasies waarop almal met reg trots kan wees. Die vergoed egter nie vir die onaanvaarbare ontwikkelinge op die gebied van onderrigmedium nie. Uitmuntende navorsing is bewonderenswaardig. Suksesvolle gemeenskapsprojekte moet geloof word. Uitblinkers op sportgebied maak almal se harte bly. Maar 'n universiteit moet in die lesinglokaal ook slaag. Die US bedien 'n tradisionele hinterland wat ten beste in Afrikaans tereg sal kom. Internasionale navorsing oor dekades bewys dit. Taalkenner in Suid-Afrika beaam dit. Op hierdie gebied mag ons nie tekort skiet nie. Daarvoor sal geen ander prestasie vergoed nie. Nie nou nie, en ook nie in die toekoms nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.