Mens verskuil in 'n enigma

2012-09-09 01:14

Dawid Minnaar vertolk die rol van Eugene Marais in Die Wonderwerker.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Eugène Nielen Marais se eerste gedig is gepubliseer toe hy twaalf was. Sy navorsingswerk op die gebied van etologie, plantkunde en antropologie is legendaries. Hy was ook ’n regsgeleerde, joernalis, taalstryder, sterrekundige, prospekteerder, hipnotiseur en geneeskundige. Hy het ’n lewendige belangstelling in die sielkunde, Egiptologie en Engelse letterkunde gehad.

As joernalis het Marais onder meer met Paul Kruger koppe gestamp en hy is selfs van hoogverraad aangekla, maar vrygespreek. Op 19 was hy redakteur van die destydse Transvaalse koerant Land en Volk.

Sy studie oor termiete het neerslag gevind in die wêreldbekende Die siel van die mier.

Sy tweede natuurhistoriese werk oor bobbejane, Die siel van die aap, is aanvanklik gepubliseer as ’n reeks artikels in Die Huisgenoot.

Sy digkuns, so het ons al op skool geleer, was ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde.

Die inskrywings op sy indrukwekkende CV kan miskien ’n toonbeeld wees van ’n veelsydige en indrukwekkende mens, ’n genie selfs, maar deur dit alles bly Marais die mens ontwyk.

Die titel van Leon Rousseau se biografie oor Marais, Die groot verlange, gee reeds ’n indruk van die kompleksiteit van dié man.

Sy selfmoord op sy vriend Gustav Preller se plaas, op die ouderdom van 65, is nog ’n aan­duiding van ’n diep geteisterde man.

Dalk lê die antwoord op die kompleksiteit gedeeltelik daarin dat Marais verslaaf was aan morfien: Dit is nie onmoontlik dat sy verslawing deel van sy persoonlikheid geword en bygedra het tot sy kompleksiteit as mens nie.

Dit was ook ’n patroon in Marais se lewe dat hy alles skielik net so sou los om elders van voor te begin. Dié gebrek aan standvastigheid kan maklik toegeskryf word aan sy verslawing – hoewel dit heel moontlik ’n blote gevolg van sy rustelose geaardheid was.

Die waarheid is: Daar sal nooit sekerheid wees oor die rol wat sy verslawing in Marais se lewe gespeel en die invloed wat dit op sy persoonlikheid gehad het nie. Marais se depressiewe episodes is afgewissel met onblusbare energie. Of sy persoonlikheid­steurings aanleiding gegee het tot sy verslawing of juis daardeur veroorsaak is, weet ons nie.

Die nuuskierigheid oor Marais – ’n mens van vele fasette; ’n geheimsinnige, gefolterde, romantiese figuur – is alleen al amper genoeg om die sukses van Katinka Heyns se rolprent Die wonderwerker te waarborg.

Die sleutel tot wie Marais was, lê dalk by sy vrou, Lettie Beyers, met wie hy in 1894 getroud is. Lettie is kort ná die geboorte van hul seun aan kraamkoors dood. Daar word bespiegel dat haar dood een van die redes vir Marais se verslawing aan morfien was; ook dat hy Lettie wou “vind” in elke vrou op wie hy ná haar dood verlief geraak het.

Lettie was moontlik die een mens wat geweet het wie Marais werklik was. Miskien is die kort lewe van Lettie Beyers-Marais ’n storie op sy eie. Om Lettie se storie te vertel (dalk ook in ’n rolprent) en Eugène Marais as’t ware déúr haar te beleef, is miskien die naaste wat iemand daaraan sal kom om Marais se siel oop te vlek.

Toe Marais hom op 29 Maart 1936 op die plaas Pelindaba buite Pretoria doodgeskiet het, het hy finaal die beeld van ’n tragiese, geheimsinnige held bevestig.
Want dit is een ding wat Die wonderwerker nie vir ons vertel nie. Waarom?

Daar is baie motiewe: Sy depressiewe episodes, sy dwelm­verslawing, die feit dat hy Lettie se dood nooit kon verwerk en nooit weer ’n vrou met soveel oorgawe kon liefhê nie. Maar hoe sal ons weet wat die deurslag gegee het?

Al wat sy selfmoord wel verklap, is ’n diepe weerloosheid en eensaamheid.

Ná Marais se dood skryf A.M. van Schoor, redaksielid van Die Vaderland: “Op ’n goeie dag het hy ingeplons in die Diep, Donker Stroom wat hom weggevoer het uit die mistieke, heimvolle lewe van pynigende verlange wat almal wat hom geken het, by hom aangevoel het, maar geen lewende wese ooit met hom kon deel nie.”

J.B. Roux is ’n vryskutjoernalis.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 10-24°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 11-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 17-26°C Sunny. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!