‘Met jou ge-Poplap en ge-Juffie maai jy wat jy saai’

2012-09-22 23:49

Beste Marnus,

Daar is ’n Gary Larson-spotprent wat by my opgekom het toe ek As die Bokke nie wil cuddle nie klaar gelees het. Dit beeld drie diersoorte en ’n man uit. Daar’s ’n ratelslang met ’n trillende stert, ’n giftige vis met gevaarlike stekels en ’n kat met ’n kromgetrekte rug, stert in die lug en hare penorent.

Die vierde prentjie is van ’n man op ’n straathoek met ’n lang jas, ’n onderstebo stewel op sy kop, ’n opblaasband om sy middel, ’n bazooka in sy hand en ’n betottelde trek in sy oë. Die onderskrif lees: “How nature says: Do not touch”.

Marnus, ou seuna, daar is nie ’n mooi manier om die nuus aan jou oor te dra nie. Ek’s bevrees jou boek vir “juffies” om hulle te help om ’n man te behaag gaan sleg boemerang.

Dit het my ook laat dink aan ’n selfhelpboek wat my in my prille jeug groot vermaak verskaf het: Vir Jou, Juffrou deur Cecily Louw. Dié eertydse moederowerste oor dameskoshuise het in die vroeë 1970’s groot moeite gedoen om vir jong vroue te preek hoe om mans soos konings te laat voel.

Net soos jy, het sy verkondig dat ’n meisie se hare haar “kroon en sieraad” is. Een van die juweeltjies was dat die jong mevroutjie moet streef om saans die skottelgoed geluidloos te was sodat sy pappie nie steur as hy ná ’n lang dag ’n bietjie wil ontspan nie.

Jy’t kennelik ook ver gaan soek na redes waarom Juffrou Perfek nog nie voor jou kom kniel het nie. Maar soos die Prediker sê: Dis alles tevergeefs. Want voor jy jou klaaglied oor vroue neergepen het, het jy vergeet om jouself nogal belangrike vrae af te vra: Lê die fout nie dalk by my nie? Is ek regtig Mnr. Wonderman, die gode se geskenk aan vroue? Is ek waarlik so sjarmant as wat ek my verbeel?

As jy ernstig is om ’n “meisie” te kry, sou my eerste brokkie raad aan jou wees: Moet om vadersnaam nie ’n treurmare skryf oor jou mislukkings aan die liefdesfront en die blaam volledig op vroue pak nie.

Maar aangesien daai koeël reeds deur die kerk is, moet jy dit nou maar op die ken vat as ’n verteenwoordiger van die Evasgeslag jou ’n bietjie onder hande neem.

Kom ons ruim onmiddellik ’n groot ongemaklikheid uit die weg: Behalwe as jy Staal Burger is, is dit nogal grillerig as ’n man van jou ouderdom heeltyd van Juffie, Poplap en Meisie praat.

En dan sommer namens alle mans verkondig presies watse soort Barbie ’n meisie moet wees om jul oog te vang.

Later kla jy oor die manier waarop meisies dikwels die verhouding beëindig (met te veel omhaal), maar miskien is dit net omdat jy verseg om te glo die skrif is aan die muur?

Jy kan kwansuis nie kleinkry dat sommige meisies ongemaklik voel as jy haar wil warm vry voor haar ouers nie. Maar as sy durf waag om te wil kafoefel as jy wil rugby kyk, is die gort gaar.

Meneertjie, ek dink as jy ’n bietjie dieper delf, sou jy ontdek jou sosiale vaardighede is dalk net so hopeloos soos die Bokke se agterlyn. Sommige van jou “insigte” laat ’n mens wonder of jou emosionele IK enigsins hoër is as die spoedgrens in die Wildtuin.

En ai toggie, dis ’n holrug geryde en goedkoop truuk om die kommunikasiegapings en misverstande tussen jou en vroue toe te skryf aan hoe verskillend ons bedraad is.

As jy regtig met oop oë na die mensdom kyk, sal jy sien daar is ewe veel irrasionele en praatsieke mans as vroue.

Ek weet ook nie in watter sprokieswêreld jy leef waar vroue immer en altyd fyn kookkuns en fieterjasies bo ’n pizza en bier verkies nie. Ek kan jou voorstel aan tientalle oulike vroue wat enige tyd eerder in die Spur sal uithang as in die Mount Nelson-hotel. En moenie van jou stoel afval nie, maar baie van hulle hou ook van rugby en aksieflieks.

Die les van die verhaal is as jy mooi jong flossies verkies, moet jy vat wat daarmee saamkom, ou grootman. Moenie dan druipstert wees as jy misbruik, misverstaan en uitgebuit word deur jou trofee-vroutjie nie.

Miskien sal jy groter geluk in die liefde hê as jy al jou stereotiperings van vroue laat vaar en ’n keer regtig na hulle luister. Ook na vroue wat slimmer is as jy.

Om jou te help om van jou troontjie van manlike arrogansie af te klim, het ek vir jou ’n eksemplaar van Cordelia Fine se grensverskuiwende boek Delusions of Gender gepos. As jy eers insien dat mans nie regtig van Mars en vroue van Venus is nie, kan jy sommer ook Naomi Wolf se The Beauty Myth lees om te begryp waar jou eendimensionele idees oor vroulike skoonheid vandaan kom.

En as jy genoeg geld maak met hierdie traktaatjie van jou, sal ek aanbeveel jy belê in ’n duursame opblaas-sekspop met ’n lang bos hare. Want daai perfekte vrou na wie jy soek, bestaan helaas net in sjampoe-advertensies.

Alles van die beste,
Hannelie Booyens

Naskrif: O, een ding moet ek darem toegee. Jy kán skryf.

* Lees ook hierdie artikel.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 19-24°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Afternoon clouds. Mild.
Jhb: 10-20°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 8-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Morning clouds. Warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

25% afslag op topverkoperboeke!

The Real Meal Revolution van Tim Noakes, Jeffrey Archer se Be Careful What You Wish For, Man’s Search for Meaning van Victor E. Frankl en nog baie meer titels. Koop nou!

Baie eiers in een mandjie!

Speletjie-pakkette: 2 Super Hits-speletjies vir R99, 3 Disney-speletjies vir R99 en nog meer + eksklusiewe pakkette vir toebehore – slegs beskikbaar op kalahari.com. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 30% afslag op toestelle & huisware

Bespaar tot 30% op toestelle en huisware dié Paasfees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

gobii se 7” Kleur LCD e-leser nou R399

Kry kalahari.com se topverkoperproduk vir slegs R399 en kry gratis e-boekkoopbewyse ter waarde van R120. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!