'Mighty' manne dikwels = onderdanige vroue

2012-10-07 00:24

Elize Morkel

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit is baie moeilik om te argumenteer met Angus Buchan, wat onomwonde verklaar: “Ek haat dit om te hoor vroue word verbaal of ­fisiek mishandel omdat mans die kat aan die stert beet het.”

Hoe stry jy met iemand wat met die gesag van God en die Bybel praat? Hoe durf ek verskil van ’n invloedryke Christenman, wat die moed het om hom uit te spreek teen geweld teen vroue – dit terwyl daar in kerke so selde oor hierdie onderwerp gepreek word?

Ons deel immers ’n diepe besorgdheid oor die afmetings van geweld teen vroue in die Suid-Afrikaanse samelewing, ook in Christelike huishoudings.

Tog verskil ons radikaal van mekaar oor die redes vir geweld.

Om die redes te verstaan moet mens ook die wyse verstaan waarop mans se mag gevorm en in stand gehou word omdat mans­mag die kern vorm van geweld teen vroue.

Talle studies dui daarop dat die beginsels van mans se “hoofskap” en die onderwerping van vroue aan mans in die meeste godsdienste en kulture regstreeks verbind kan word met geslagsgegronde geweld en, nog meer ontstellend, met vroue se besluit om in gewelddadige huwelike te bly.

Daar word drie maniere onderskei waarop mansmag gevestig word. Die eerste, en mees ooglopende, is brute krag soos uitgedruk in fisieke geweld.

Die tweede is die ideologie van hiërargie wat mans se hoofskap afdwing in die huis, as leiers en meerderes in die beroepswêreld, organisasies en kerk.

Derdens word mans se mag deur middel van taal in stand gehou. In ons alledaagse taalgebruik word dualismes in stand gehou wat mans beskryf as “sterk” en vroue as “swak”, of mans as “rasioneel” en vroue as “emosioneel”.

Hoewel Buchan nooit sal identifiseer met die eerste vorm van mag nie, is hy beslis van mening dat die hervestiging van laasgenoemde twee vorme van mans- mag vir gewone mans noodsaaklik is om “God se natuurlike orde” vir verhoudings te hervestig.

Sy taalgebruik is dié van oorwinning, mag en krag – soos die duidelikste gereflekteer word in die naam van die Mighty Men-beweging. Buchan stel die hiërargiese verhoudings tussen mans en vroue op en herbevestig die idee van dualistiese geslagsrolle.

Sy remedie vir mans “wat die kat aan die stert beet het”, is om hulle baie ernstig te vermaan om hul hoofskap met verantwoordelikheid te beklee.

Wat die kritiek op Buchan se benadering bemoeilik, is die feit dat baie vroue daarvan getuig dat hul mans inderdaad daarin slaag om met groter verantwoordelikheid in hul huwelik en gesin op te tree ná afloop van Mighty Men-byeenkomste.

En tog kan ek nie die uitgebreide navorsing, sowel as my persoonlike ervaring as sielkundige, ignoreer nie. Dit dui daarop dis die gebrek aan onderdanigheid by vroue wat dikwels lei tot geweld.

Dit is die oortuiging dat mans die hoof van die huis is wat dikwels maak dat vroue geweld nie bevraagteken nie, maar in gewelddadige verhoudings bly.

Dít bly ’n ernstige gevaar, wat my sterk laat standpunt inneem teen Buchan.

Is daar ’n plek vir manne-bewegings om geweld teen vroue te kan hanteer? Ja, natuurlik het ons positiewe manne-bewegings nodig en daar is maniere om mans te help wat hulle aan geweld skuldig maak.

Prof. Sarojini Nadar van die Universiteit van KwaZulu-Natal help my met drie voorstelle na aanleiding van haar kritiek op die Mighty Men-beweging.

Eerstens stel sy ’n dekonstruksie van manlikheid binne die akademie en praktyk voor sodat mans se identiteit verstaan kan word binne die konteks van, byvoorbeeld, ongelyke magstrukture van geslag, ras, seksualiteit en klas. Dit sou kon bydra tot sosiale aksies en verandering.

Tweedens kan ideologieë van hoofskap vervang word deur waardes van vennootskap, wederkerigheid en insluiting.

In die derde plek wys sy op die positiewe rolmodel wat Jesus se uitdrukking van manwees op aarde vir ons bied. Jesus het aan die manne van sy tyd ’n alternatiewe manlikheid gewys; een wat nie net verskille verdra nie, maar dit omarm; een wat gegrond is op wederkerigheid eerder as oorheersing, vennootskap eerder as hiërargie en, eerstens, op liefde eerder as mag.

Dr. Elize Morkel is ’n kliniese sielkundige van Somerset-Wes.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
66 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Showers late. Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Showers late. Mostly cloudy. Cool. Bfn: 8-19°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C Morning clouds. Cool. PE: 9-20°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.