Muhammad se Angelo gooi handdoek in

2012-02-04 14:44

Boks se goue era word stuk-stuk deur die dood verteer: Muhammad Ali saam met sy afrigter Angelo Dundee in 2003. | Foto: AP/Michael Probst

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

My man. Of in Engels: My man. My guy. My fighter.

Dís hoe Angelo Mirena deurentyd na sy boksers verwys het. Daar was ’n bulband tussen hom en hulle – onder wie Muhammad Ali, asook Carmen Basilio, Willie Pastrano, José Nápoles, Sugar Ray Leonard en later selfs ’n 45-jarige George Foreman: almal groot name, almal wêreldkampioene.

Maar ook ysters omdat Angelo Mirena inderwaarheid Angelo Dundee was, die legendariese boksafrigter wat amper ’n eeu gelede in Philadelphia gebore is en sy familienaam verander het om sy boksbetrokkenheid vir sy ma en pa weg te steek.

Nou, kort op die hakke van Smokin’ Joe Frazier se heengaan, is Angie ook vort. Die helde val. Boks se goue era word stuk vir stuk deur die dood verteer. Ali is volgende op die lys. Net nou die dag nog het die selfverklaarde “Greatest” ’n wankelrige 70 jaar oud geword: Muhammad beweeg soos ’n trapsuutjies en praat soos ’n fluisteraar.

Dundee – korter en dikker teen die einde, met langer ore en ’n poedinggesig – het spesiaal uit Miami Louisville toe gevlieg om te gaan vier waar die twee, Ali en Angie, reeds in 1959 ontmoet het. En in 21 jaar as Ali se afrigter was Dundee net een keer as hoekman afwesig: tydens “Die Beste” se 1971-geveg teen Jimmy Ellis. Angelo, sien, het albei manne afgerig – maar as Ellis se bestuurder het hy Jimmy se hoek vir die ontmoeting gekies.

Nie dat dit gehelp het nie, hoewel Dundee daarvoor bekend was dat hy mirakels as hoekhulp kon optower. In Ali (toe nog Cassius Clay) se allereerste titelgeveg, in 1964, het Sonny Liston se snymedisyne in Muhammad se oë beland en hom tydelik verblind. Dundee het oë gewas dat dit bars en “sy man” eenvoudig in die kryt teruggestoot met die woorde: “Hardloop vir jou lewe.”

Wat Ali gedoen het totdat hy weer kon sien. En toe was dit nag vir Sonny.

Einste Dundee het ’n klein skeurtjie in Ali se linkerbokshandskoen opsetlik vergroot nadat “sy man” in 1963 deur Henry Cooper planke toe gestuur is. Nuwe handskoene was nêrens te vinde nie, maar die soektog het hersteltyd geskep, waarna Cooper gestraf is.

Dundee het ook aan die einde van die 12de ronde in Sugar Ray se 1981-geveg teen Tommy Hearns gegil: “You’re blowing it, son!”

Leonard het hernieude krag gevind en Hearns in die 14de ronde gestuit. “Dis nie wát Angie gesê het nie,” het Sugar gesê. “Dis hóé hy dit gesê het.”

Uiteindelik het Dundee sy grootste roem as bobaas-hoekman en -motiveerder verwerf. Sy lojaliteit as wit gesig in ’n kamp vol swart radikale in ’n era toe Ali ’n swart Moslem geword het, was ook aangrypend. Angie was ’n mens-mens. “Dit kos niks om vriendelik te wees nie,” het hy 90 jaar lank gesê. En toe gryp ’n bloedklont hom op die terugvlug uit Louisville, waar hy sy boesemmaat finaal gaan groet het.

Angelo Dundee sal rustig slaap. In ’n milieu vol geweld had hy geen vyande nie, net vriende – plus oordonderende respek, ook uit hierdie oord. Angie was my man. En Ali s’n ook.

Egmont Sippel is ’n motorskrywer en boksliefhebber.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.