Mulder oor 'n rok en die minister...

2012-10-20 23:57

Die departement van landbou, bosbou en visserye het verlede jaar 99% van sy begroting bestee, maar slegs 51% van sy doelwitte bereik. Is dit nie tyd dat koppe rol nie?

Daar moet rol en daar het al; die direkteur-generaal is uiteindelik weg. Ek het nie saamgestem met sy aanstelling nie. Wat waar is oor doelwitte is dat doelwitte aanvanklik as teikens gestel word om te beïndruk, maar dan stel jy jouself op om te misluk.

Ons het ons doelwit om bestaansboere te finansier byvoorbeeld 400% gehaal. ’n Ander doelwit wat 90% gehaal is, word getel as ’n mislukking.

Waterwese het maar 8% van sy doelwitte bereik.

Jy het onlangs gesê Afrikaners sal nooit weer die mag hê nie, maar jou pos stel jou tog in staat om invloed uit te oefen. Is daar ’n onlangse voorbeeld hiervan?


Ek dink daar’s verskeie. Grond is byvoorbeeld ’n baie emosionele saak. Ek het in die kabinet op vier, vyf geleenthede ernstig daaroor gepraat. Op my voorstel en argument is die toelaat van grondeise voor 1913 in die Groenskrif geskrap.

Oor die taalwet het ek met die adjunkminister van kuns en kultuur gaan praat. Ek het die implikasies uitgestippel van hoe die wet Afrikaans in alle provinsies uitknikker.
Hulle het toe gedink daaroor, die wysiging vir my kom wys, en nou gaan Afrikaans selfs in Natal die derde taal wees.

Boere sê jy luister nogal na hulle. Wat is die grootste enkele probleem waarmee hulle na jou toe kom?


Onsekerheid – wat gaan word van hul grond en inmenging by plase. Kommersiële boere durf nie foute maak nie, ons kan geen rassisme op plase toelaat nie, maar ek veg vir hulle, want hulle voorsien 95% van ons kos. Ek dink ons het geslaag om dít op die agenda te plaas.

Ek help ook elders. ’n Boer bel my Saterdagaand van die lughawe. Hy voer viseiers vir teeldoeleindes in en die doeane-owerhede wou sy vrag nie deurlaat nie. Of die ma wat my bel toe die departement van landbou beslag lê op ’n rok wat sy vir haar dogter se skoolbyeenkoms ingevoer het. Die rede? Dit was op ’n houthanger. Hout moet eers in kwarantyn gehou word! Ek het ingetree en drie, vier uur later is die rok by haar afgelewer.

Is daar ’n toekoms vir wit kommersiële boere hier?


Ek is oortuig daar is in Afrika vir hulle ’n toekoms en dit sluit Suid-Afrika in. Ek was onlangs in Mosambiek en die Kongo (Brazzaville) – albei daai ministers vra toe wat hulle kan doen om meer van ons boere te kry, want hulle is goud werd en weet hoe om in Afrika te boer.

Die voedselsekerheid-argument is baie sterk op die tafel. Dit maak die ANC senuweeagtig, wetende dat as hongersnood kom, sit hulle met groot probleme. As voedselsekerheid in die debat is, is daar ’n toekoms. Ons moet net die onsekerheid wegvat. En die grondhervorming-ding agter die rug kry. Ons kort suksesvolle swart kommersiële boere om ook druk op die regering te sit.

Doen wit boere genoeg om opkomende boere op te hef?

Ek lê van die begin af klem op mentorskap. Grondhervorming is aanvanklik gebruik sodat iemand grond kan kry wat geen belang daarby het nie. Vra eerder die plaaslike gemeenskap wie kan boer en wie nie. By laas week se jaarlikse prysuitdeling van Graan SA was dit lekker om die suksesvolle swart boere te sien. Telkens het hulle dankie gesê vir boer X of boer Y. Selfs Gwede Mantashe het dankie gesê vir boere wat hom in die Oos-Kaap help.

Boere se kans om aangeval te word, is 13 keer groter as die van ander landsburgers. Wat doen jy hieraan?


Dis ’n baie ernstige probleem. Een sommetjie – ons het omtrent 37 000 kommersiële boere wat kos maak vir 50 miljoen mense. Vir elke boer wat ons verloor kry meer as 1 000 mense nie kos nie. Ek praat nie eens van plaaswerkers wat hul werk verloor nie.

Ek praat met die minister van polisie daaroor, met Agri SA en die TLU – die ideaal is om die plaaslike gemeenskap en die polisie te laat saamwerk. Daar is plekke waar die polisie hopeloos is en boere meer met eie veiligheidstelsels doen. Ek sit dit by elke moontlike geleentheid op die agenda.

En jy kan nie wilde uitsprake toelaat oor die doodmaak van boere of sê hulle het grond gesteel nie. Ek vra die leiers, van Zuma af, om hulle uit te spreek en te sê aanvalle op boere is tot niemand se voordeel nie.

Boere kla oor toegang tot die minister. Kan jy by haar uitkom?

Ek het haar Maandag gesien en ons vergader elke twee weke met senior personeellede. Maar dit is ’n fout om nie voluit kontak te maak met jou belangegroepe nie – ek kry die indruk sy is besig met Mangaung – haar prioriteit is dan nie altyd boere nie.

Sy hou die beursie vas. So, hoe voer jy jou mandaat behoorlik uit om boere se belange te beskerm?

My eerste plig is nie teenoor haar nie; ek werk saam met haar. Sy gee versoeke, nie opdragte nie. Zuma het my aangestel en gevra: “Help met kommersiële boere, help met die ontwikkeling van die platteland.” Ek rapporteer aan hom. My voorwaardes, wat die VF+ eers op dagbestuursvlak en toe federale vlak goedgekeur het, was dat ek my rol as opposisielid behou en my nie laat insluk nie. Die meeste sake in die departement is nie politieke sake nie. Dit gaan oor volstruise wat doodgaan; gifstowwe.

Sonder twyfel maak ek bydraes daar.

Ek help ook met die kwessie van veeartse op die platteland. Daar maak jy ’n verskil. ’n Groot deel van my rol is beïnvloeding.

Helen Zille voorsien ’n verenigde opposisie. Stem jy saam?


Ek stem absoluut saam. Ek is dankbaar sy kom daarby uit. Ek het dit tien jaar terug al bepleit. Samewerking is al manier om die ANC onder 50% te kry. Daar is nou onder Mosiuoa Lekota se leiding ’n inisiatief – Zille woon nie die vergaderings by nie – waar opposisieleiers saam optree. Dit is die langtermyntoekoms daardie.

As Jacob Zuma jou vandag (weer) sou nader om adjunkminister te wees, wat sou jy sê?

Ek sou ja sê op dieselfde voorwaardes (as destyds), maar sal verkies om minister te wees om die finale besluite te neem. Solank as wat die ANC ’n 65%-meerderheid het, is hierdie opposisie-opsie belangrik. Mits jy jou onafhanklikheid kan behou. Ek het die president gegryp oor grond. Ek het aanvaar hy gaan my afdank. Hy het nie. Ek het hom gaan aankla by die OVK en gekritiseer oor sy 21ste kind. As hy daarmee kan saamleef, is daar vir my ’n rol. As ek binne die skrum ’n bydrae kan maak eerder as van die paviljoen af... maar dit is ’n baie frustrerende en spanningsvolle opsie.

Sê maar jy word die minister. Wat is die eerste punt op jou agenda?

As adjunkminister was (my eerste taak) om die blou ligte uit my motor te verwyder – ek moes ’n brief skryf aan die polisie! As minister sou ek regtig wou hê daar moet sekerheid kom by boere – jou grond is nie in dispuut nie; maak ’n sukses daarvan. Nasionaliseringspraatjies hang oor die hele landbou. Nou sit ons met boere in Mosambiek en die Kongo. Ons verloor kundigheid. Ons kan nie bekostig om een boer met kundigheid, hetsy swart of wit, te verloor nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-16°C Scattered clouds. Cool. Pta: 13-27°C Morning clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 8-21°C Sunny. Mild. Bfn: 3-17°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-23°C More sun than clouds. Mild. PE: 12-17°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kamptoerusting!

Ons het al die kamptoerusting wat jy nodig het teen pryse wat jou kop sal wegblaas. Gaan loer nou daarna!

Wees voorbereid vir Nasionale Braaidag!

Dit is nooit te vroeg om te begin voorberei vir Braaidag nie. Tref voorbereidings met al ons ongelooflike braai-gereedskap. Koop nou!

Koop 3 boeke & betaal vir 2

Die goedkoopste van die 3 boeke sal gratis wees. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Hisense se 40” ten volle HD LED-televisie nou R3999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!