Ná baie stemwerwery wen SA, en wat nou?

2012-07-21 23:59

Suid-Afrika se kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, is verkies tot voorsitter van die AU-kommissie. | Foto: Reuters/AP

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Dit was ’n angstige groep Suid-Afrikaanse diplomate wat net voor verlede naweek uit Pretoria vertrek het om die AU-beraad in Addis Abeba te gaan bywoon.

Hulle het rede gehad om angstig te wees.

Ses maande gelede het Suid-Afrika se poging om hul eie kandidaat, Nkosazana Dlamini-Zuma, tot voorsitter van die AU-kommissie verkies te kry in ’n diplomatieke fiasko geëindig toe sy nie daarin kon slaag om die vereiste tweederdemeerderheid teen haar opponent, Jean Ping van Gaboen, te kry nie.

Sedertdien het die Suid-Afrikaners hard gewerk om steun vir Dlamini-Zuma te werf, sonder enige noemenswaardige vordering.

Talle kabinetslede, onder wie Jeff Radebe, die minister van justisie, het met ’n drie bladsye lange verkiesingsmanifes van die een Afrikastaat na die volgende getoer om stemme te werf. Die positiefste antwoord wat enigeen kon kry was: “Ons sal daaroor dink.”

Selfs binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) was daar wantroue jeens die Suid-Afrikaners.

“Daar was gissinge dat die voormalige Mosambiekse president Joachim Chissano as ’n kompromiskandidaat na vore sou tree as Dlamini-Zuma weer verloor. En in die Mosambiekers se houding kon ons sien hulle hou van die idee,” het een Suid-Afrikaanse stemwerwer teenoor Rapport gebieg.

Nadat die Suid-Afrikaners voorverlede week in Addis Abeba aangekom het, het sake skielik begin beter lyk.

’n Groot rede vir die gesindheidsverandering jeens Dlamini-Zuma se kandidatuur het min te doen gehad met Suid-Afrika se eie diplomatieke pogings, maar was eerder die resultaat van kontinentale politieke omwenteling.

Verkiesings in Senegal, Libië en Egipte die afgelope ses maande het regerings aan die bewind gebring wat meer simpatiek gestaan het teenoor ’n Suid-Afrikaanse kandidaat as hul voorgangers.

Ander uitgesproke kritici van ’n Dlamini-Zuma-kandidatuur het nie opgedaag vir verlede naweek se vergadering nie. Meles Zenawi, die Ethiopiese president, is platgetrek deur ’n onbekende siekte waarvoor hy in Brussel behandeling moes ontvang, en Nigerië se pres. Goodluck Jonathan is gedwing om tuis te bly ná binnelandse kritiek dat hy meer aandag gee aan die AU as aan Nigerië se interne probleme.

Suid-Afrikaanse diplomate glo dié twee se afwesigheid het beslis tot ’n verwatering van die Ping-veldtog gelei.

Nóg twee lande wat vir Ping sou gestem het – Mali en Guinee-Bissau – was nie by die beraad nie nadat staatsgrepe hulle hul AU-lidmaatskap gekos het.

“Tsjad het aktief gehelp om ander lande te oortuig van ons standpunt,” het ’n geamuseerde Suid-Afrikaanse regeringsamptenaar gespog.

Het die miljoene rande se humanitêre hulp wat Suid-Afrika vroeër vanjaar aan Tsjad gegee het dalk ’n rol gespeel? “Dit het seker nie skade gedoen nie,” was die diplomatiese antwoord.

Verlede Sondagaand, minute voordat die verkiesing sou begin, was dit alles egter blote bespiegelings en die meeste lede van die Suid-Afrikaanse afvaardiging nie naastenby so breedsprakig nie.

Baie sou afhang van ’n persoonlike ontmoeting tussen pres. Jacob Zuma en pres. Macky Sall van Senegal en Zuma se vermoë om sy ampsgenoot te oortuig om sy voormalige vrou te steun as kommissie-voorsitter.

Die res van Afrika se staatshoofde was reeds besig om hul sitplekke in te neem vir die verkiesing voordat Zuma en Sall uiteindelik plek in hul onderskeie programme kon inruim vir ’n private gesprek.

In een van die komiteekamers, reg langs die sogenaamde “Multipurpose Hall” waar die verkiesing sou plaasvind, het Zuma vir Sall oortuig om Dlamini-Zuma te steun en kon die Suid-Afrikaners vir die eerste keer waag om asem te haal.

In die eerste ronde het Dlamini-Zuma Ping met twee stemme geklop: 27 teenoor 25. (Daar word bespiegel dat die twee ekstra stemme juis van Senegal en Egipte gekom het).

Van daar is die momentum opgebou totdat Dlamini-Zuma uiteindelik 37 stemme op haar verenig het – genoeg vir die vereiste tweederdemeerderheid.

So, wat nou? Watter kanse op sukses het Dlamini-Zuma as mees senior politieke amptenaar op ’n verdeelde kontinent?

Behalwe vir die vereniging van ’n verdeelde kontinent het Dlamini-Zuma ’n lang lysie van doendinge wanneer sy in September in Addis Abeba aanmeld.

Een daarvan is om die begroting van die AU te laat klop.

Die AU is berug vir hul onvermoë om hul hele begroting te bestee en boonop was boekhou nog nooit een van sy sterk punte nie. Sy sal ook moet werk maak om die dosyne vakante poste wat by die hoofkwartier is, te vul.

Op politieke vlak sal sy die besluit van die AU om by die konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo in te gryp, moet implementeer.

Dis ’n tameletjie, want die vermoede is die Rwandese regering finansier die rebelle in die ooste.

Die staatsgrepe in Mali en Guinee-Bissau sal ook haar onmiddellike aandag verg.

Die situasie in Mali is, volgens diplomate, te wyte aan die Libiese oorlog waardeur wapens in die noorde van Afrika versprei is wat nou teen plaaslike gemeenskappe gebruik word.

Die AU sal ook dringend aandag moet skenk aan Suid-Soedan, wat ten spyte van ’n jaar van onafhanklikheid steeds nie op die been kan kom nie weens die konflik met Soedan.

Maar vir nou sal Addis Abeba sy vere regskud vir die nuwe besem wat kom skoonmaak, en alle oë sal op Dlamini-Zuma wees om ’n beter Afrika te lewer.

Mandy Rossouw is Media24 se internasionale korrespondent.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 13-21°C Sunny. Mild. Pta: 12-24°C Mostly sunny. Mild.
Jhb: 11-19°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Haze. Mild. PE: 12-20°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

.Net Developer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Sales Consultant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Management Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.