Nog Karabo gevind

2012-07-14 16:01

Prof. Lee Berger met die beendere van Karabo (MH1) wat reeds uit rotse ontgin is.| Foto: Universiteit van die Witwatersrand

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Wanneer wetenskaplikes studies oor hom publiseer, noem hulle hom MH1, maar in die omgang staan hy bekend as Karabo. Hy is ’n klein mannetjie, hy woon in ’n tas en hy is besig om die een wetenskaplike grens ná die ander te verskuif.

Toe prof. Lee Berger van die Universiteit van die Witwatersrand byna twee jaar gelede aangekondig het dat hy ’n nuwe oermensspesie in die Wieg van die Mensdom wes van Johannesburg ontdek het, het dit die voorblad van Science, die wêreld se voorste vaktydskrif, gehaal en is dit as een van die grootste paleontologiese ontdekkings uit Suid-Afrika geloof.

Hoewel daar beendere van ’n paar lede van dié spesie, Australopithecus sediba, in die Malapa-grot gevind is, was dit veral Karabo, ’n kort mannetjie van minder as een en ’n halwe meter, van wie baie beendere gevind is.

Die afgelope week is die jongste van vele onthullings oor Karabo gedoen: Terwyl vorige navorsing oor Karabo gegrond is op ’n paar beendere van sy skelet wat in tasse in laaie by Wits gestoor word, blyk dit nou daar is voorheen onontdekte beendere van hom diep binne-in nog ’n rots wat by die Malapa-grot verwyder is.

Indien die beendere uit die klip verwyder word en daar kan bevestig word dat dit aan Karabo behoort, sal dit van Karabo die mees volledige fossiel van ’n vroeë mensspesie maak wat nog gevind is.

Van dié oermensbeendere (soos ’n volledige femur) is nog nooit voorheen in so ’n goed bewaarde vorm gevind nie, sê Berger.

Op die oomblik het wetenskaplikes reeds genoeg beendere om 40% van sy skelet te maak. Die bykomende beendere (wat tande, ribbe, ’n bobeen en nog meer insluit) sal hom beduidend meer volledig maak.

Ter vergelyking: Van die bekende Lucy-fossiel se beendere het wetenskaplikes net sowat ’n derde.

Voeg daarby dat Australopethicus sediba (Karabo en sy vyf spesiegenote van wie dele al opgegrawe is) oor die bes bewaarde hand, voet en bekken beskik van enige primitiewe mensspesie wat al opgegrawe is, en dit lyk asof dié vondste vir jare nog nuwe insigte oor die oergeskiedenis gaan oplewer.

Die nuutste ontdekkings is gedoen toe Justin Mukanku, een van die navorsers wat op die Malapa-fossiele werk, ’n stukkie wit been sien uitsteek het by ’n rots wat in die grot opgegrawe is en wat in Wits se laboratorium rondgestaan het. Toe dit blyk dat die stukkie been ’n tand is en dat dit mooi pas op Karabo se kaak, is die rots vir skanderings by Johannesburg se Charlotte Maxeke-hospitaal gestuur en het dit geblyk die rots is vol beendere.

Nou begin die proses om dit oop te kap en te sien presies wat in die rots skuil. Die ontginning van die rots gaan by ’n oop ­laboratorium by die Maropeng-museum in die Wieg van die Mensdom plaasvind sodat die publiek die werk kan dophou.

En wat kan nou volgende van Karabo verwag word?

“Nou gaan ons regtig die grense van die wetenskap verskuif,” sê Berger.


Wat weet ons nou van Karabo (Australopithecus sediba)?


* Toe hy 1,977 miljoen jaar (1 977 000 jaar) gelede gesterf het, was hy ’n seun van tussen nege en 12 jaar oud. Hy het maar pas voor sy dood sy melktande verloor.

* Albei sy arms is gebreek toe hy dood is. Hy het vermoedelik in ’n gat van meer as 20 m geval waar sy arms geknak het toe hy die val probeer stuit het.

* Die beendere van ander diere wat om Karabo en sy vriende in die Malapa-grot bewaar word, gee mens ’n blik op die omgewing waarin hy geleef het. Hy is omring deur sabeltandtiere, rotte en uitgestorwe bokke en varke wat almal sowat 2 miljoen jaar gelede in sy leeftyd in die omgewing van die huidige Gauteng gewoon het.

* Dele van Karabo se anatomie (soos sy lang arms) lyk soos dié van die Australopithecus-mensspesie, primitiewe en aapagtige mense wat lank gelede geleef het. Ander dele van sy anatomie (soos sy hande en bekken) lyk meer soos dié van homo-mens­spesie, moderner mense. Dit lyk dus asof hy deel was van ’n oorgang tussen dié twee mensspesies in die ontwikkelingsproses wat uiteindelik tot ons eie spesie, Homo sapiens, aanleiding sou gee.

* Studies van sy tande toon hy het meestal vrugte, blare en boombas geëet.

** Regstelling: Karabo het inderdaad 1,977 miljoen ( 1 977 000) jaar gelede gesterf, nie 1 977 mijoen jaar nie. Dankie aan ons oplettende weblesers wat die fout uitgewys het.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 14-21°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 2-14°C Sunny. Cool. Bfn: 1-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-26°C Sunny. Mild. PE: 8-26°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!