Nuus in Diepte: Die geval Brandon Huntley

2009-09-05 16:01

Pieter Groenewald

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Huntley ‘lag sy gat af’


Danny Titus sê:
T
een die begin van 2008 was daar sowat 11,4 miljoen mense wat deur die Verenigde Nasies se Hoë Kommissariaat vir Vlugtelinge as vlugtelinge geklassifiseer is. Dis ’n styging van omtrent 30% in twee jaar en die voorspellings is dat dié getal sal toeneem. Die vlugtelinge van Afganistan en Irak maak ’n groot deel van die getal uit, met geteisterde lande soos Birma, Somalië en Soedan ook aan die voorpunt.

Die operasionele definisie van die Vlugtelinge-konvensie van 1951 bepaal dat “vlugtelinge” mense is wat hul woonplek verlaat het weens ’n goed gegronde vrees dat hulle vervolg gaan word weens ras, godsdiens, nasionaliteit, lid van ’n spesifieke sosiale groep of politieke mening.

Die daaglikse omswerwinge van vlugtelinge is van die internasionale vraagstukke wat jare op die VN en ander streekvlakke soos die Europese Unie en die Afrika-Unie se agendas bly, en spesifiek ook op nasionale agendas.

Die menseregte van vlugtelinge in ons land en veral op ons vasteland skiet ver tekort en dwing ons tot soberheid wanneer ons so ons post-apartheid lofliedere sing.

Mens kan baie detail verskaf wanneer dit gaan oor vlugtelinge. Maar vandag bied dit ’n bietjie perspektief op mnr. Brandon Huntley, die Suid-Afrikaner wat sy Kanadese status gekry het omdat hy verdruk gaan word as hy sou terugkeer. ’n Koddige besluit, noem Beeld dit. ’n Beslissing in stryd met internasionale vlugtelingereg wat aan rassisme grens, sê adv. Jacob van Garderen van Regslui vir Menseregte. Sleg vir die integriteit van die Suid-Afrikaanse regering, is die kommentaar van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking. Die regering is ook nie ’n kans gegun om op die bewering te antwoord nie.

Die persoon ter sprake, ons mnr. Huntley, wat beweer hy is sewe keer aangeval en dat swart aanvallers hom “’n wit hond”, “’n setlaar” en “’n boer” genoem het, het ’n ander siening. Op Facebook vra hy mense om die berig oor sy vlugtelingstatus in die Ottawa Sun te lees. In sy woorde: “Kyk ek’s nou ’n bekende.” En dan sluit hy dit af met die bekende Laugh out loud, of soos ek begryp die Afrikaanse vertaling is, Lag my gat af.

Alle aanduidings is dat die uitspraak hersien gaan word. Jy maak gewoon nie sulke aantygings sonder om die ander party aan te hoor nie en die hele land het met verontwaardiging die “koddige” beslissing gehoor.

Natuurlik is ons hantering pateties, en natuurlik is dit die slagoffers wat voortdurend die spit afbyt. Maar om vlugtelingstatus só te wil verkry, is ’n belediging vir vlugtelinge.

Dit bly ’n verrykende ervaring om die buiteland mee te maak. Maar moenie dit op die rug van vlugtelinge doen nie. Moet dit veral nie doen op die rug van verdraaide argumente van omgekeerde rassisme nie.

Hier te lande is partye wat in Huntley se guns probeer om die vinger na die ANC se beweerde rassisme te wys. Ook hulle mis die punt gruwelik. Dit bly my verbaas hoe ver ons steeds van versoening is. Miskien is dit daarom dat pres. Zuma so teruggryp na die waardes van die Mandela-era. Want terwyl Huntley sy “gat af lag”, moet ons hier voortgaan met ons versoeningsproses, teen wil en dank, vlugtelinge of nie vlugtelinge nie.

G’n wonder mense waai

Pieter Groenewald sê:
D
eel van mnr. Brandon Huntley se aansoek was dat hy in Suid-Afrika aangeval is deur swart Suid-Afrikaners wat hom “’n wit hond” en “’n setlaar” genoem het. Dat hy klagte by die polisie wou indien, maar dat hulle geweier het om dit te aanvaar. Hy sou ook gesê het: “Daar is haat oor wat ons aan hulle gedoen het en dit gaan alles oor die kleur van jou vel.”

Die Vryheidsfront Plus en almal veroordeel rassisme. Maar om ’n gebeurtenis soos hierdie te brandmerk as net rassisme, beveg nie rassisme nie, maar is ’n ontwyking van sekere werklikhede.

Dit is ’n werklikheid dat wit slagoffers van misdaad in Suid-Afrika al deur polisielede “wit honde” genoem is. In Volksblad was ’n berig oor swart polisiebeamptes, nl. konsts. Mokwena en Mafabatho, van die Odendaalsrus-polisiekantoor, wat ’n wit boer “’n wit hond” sou genoem en gesê het “all white dogs in South Africa will be killed”. Beeld  berig oor ’n swart polisie-inspekteur van Tembisa aan die Oos-Rand wat vir wit slagoffers van ’n rooftog en kaping in Kempton Park gesê het: “It’s time you whites packed your bags and f?.?.?k off.”

Die VF Plus het in albei hierdie gevalle klagte by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien, maar wag steeds vir die uitslag.

Daar is ook talle voorbeelde waar misdaad met rassisme gepaardgaan. Rowers hou mnr. Gus van der Merwe en sy vrou in hul huis in Centurion aan. Sonder rede skiet hulle sy vrou in die kop en roep hom om te kom kyk hoe sy sterf. Kort voor dit het rowers in Doringkloof by die Chiliza-gesin ingebreek en aan hulle gesê hulle sal nie die gesin seermaak nie omdat hulle darkies is.

Dit is ’n werklikheid dat die vorige minister van polisie, mnr. Charles Nqakula, in die parlement verkeerdelik gesê het dit is altyd net wit lede wat kla oor misdaad en vir my gesê het om op te hou kla of die land te verlaat. Dit is ’n werklikheid dat die voormalige ANC-LP Tony Yengeni in die parlement gesê het “alles wat die wit mense het, het hulle by swart mense gesteel”. Dit is ook ’n werklikheid dat die ANC se jeugleier, Julius Malema, graag rassisme aanblaas met sy deurlopende beskuldigings teen wittes.

Nog ’n werklikheid is ’n berig in Daily Sun waarin die leier van die Uhuru Cultural Club, F. Nkoane, aangehaal is waar hy opdrag gegee het “…die jeuglede moet by wit mense gaan steel en ophou om by swart mense te steel”.

Dit is geen wonder nie dat mense die land verlaat en dat sekere eensydige persepsies van Suid-Afrika elders bestaan.

Die toestaan van vlugtelingstatus aan Huntley moet dus eerder beskou word as ’n wekroep van slagoffers van misdaad in Suid-Afrika. Dit plaas verder ’n groot verantwoordelikheid op die ANC-regering om die misdaad- situasie en hierdie negatiewe persepsies van Suid-Afrika te verander.


 

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-24°C Morning clouds. Mild. PE: 10-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!