Oesters op tandestokkies

2012-09-16 00:46

ambrosia s.nw. 1?(Griekse en Romeinse mitologie) Die stof wat, saam met nektar, die spys en drank van die gode uitgemaak en onsterflikheid verleen het aan wie daarvan geniet het; godespys. 2?Besonder heerlike voedsel of drank. 3?Enigiets met ’n besonder aangename, strelende smaak of geur. – Elektroniese WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A tot R). Hoofredakteur W.F. Botha.

Om oor kos (en hul name) te praat is amper net so lekker as om dit te eet. Anderdag sit ek langs ’n boer van Springbok se wêreld en dié begin praat oor Kalahari-oesters.

“Wanneer laas het ek van hulle gehad?” vra hy toe. Nee o hel, ek het in my lewe nog nooit van so iets gehoor nie.

Dis die sappige, sagte murg of merg in murgbene, het hy toe te vertelle. Lekkerder as oesters. Dis die naam wat hulle daarvoor het in dele van Namibië, Namakwaland, die Kalahari en in al daai gewestes.

Jy vra die slagter om die bene so 20 tot 25 cm dik te sny, met so ’n bietjie vleis om. Dan braai jy hom op die kole met suurlemoen, speserye, peri-peri, Tabasco en so aan.
 
Te lekker, veral as ’n spotgoedkoop voorgereg. Jy sit dit voor met dun roosterbrood, amper soos Melba-roosterbrood, maar dis net nie so grênd nie.

Terloops, dis nie die laaste van die Kalahari-woorde nie. Albertus van Wyk, redakteur van die tydskrif WegRy, vertel my die ander (vriendeliker) naam vir ’n 4x4-voertuig is ’n Kalahari-Ferrari.

Maar terug by ambrosia. Die lawwe naam vir biltong, wil jy nou meer, is boere-soesji.

Die gastronoom Peter Veldsman het in sy deftige restaurant Emily’s in die Waterfront daardie einste benaming al gebruik. Trouens, ’n mens wonder of dit nie dalk sy eie neologisme kan wees nie.

Sy uithaler-boere-soesji word voorgesit met geelrys en rosyne, toegevou in ’n eieromelet. Ander mense het dit al voorgesit met bierbrood en as biltongsop, met ’n skeut witblits in die sop.

Ja-nee kyk, met boere-soesji maak ’n boer sommer baie planne.

In die nuwe boek Karoo-kombuis deur Sydda Essop is daar ook interessante benamings. ­Rissel is die harde rugvel van ’n ystervark, daar waar die penne uitgroei.

Jy braai hom alkant, sny hom later in blokkies, en die vel kraak onder jou tande.

Krapvleis is die fynste stukkies vleis – growwer as maalvleis – wat in die rugstringholte van wildsbokke oorbly nadat die rugstring verwyder is.

Streepmuis? Roosterkoek só genoem omdat die strepe op die roosterkoek soos dié op die rug van ’n gestreepte veldmuis lyk.

Gepraat van oesters uit die Kalahari. In die boek praat hulle van Karoo-oesters, ook bekend as lamspeertjies (testikels). Dis ’n lekker voorgereg wat soos harsings of murg smaak.

“Dit is klein, omtrent so groot soos ’n amandel, en jy eet dit sommer met tandestokkies. Of [...] jy maak pastei daarvan en kook dit soos lewer met sout, peper, naeltjies, asyn, koljander en knoffel.”

Daar is selfs ’n resep vir rooikatboud, maar daarvoor is my hart te seer om van te praat. Nou ja toe, l’chaim, en lank lewe lekker kos (en woorde).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.