'Ons enigste hoop is weg'

2012-09-09 01:14

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die koeël wat Mongezeleli Ntenetya by Marikana doodgemaak het, het nie net in sy lyf vasgesteek nie; dit het ook die hart van 15 mense van ’n Oos-Kaapse dorpie deurboor.

Hierdie is die 15 mense van Nqabarha, naby Dutywa, wat hierdie mynwerker, wat hulle manalleen onderhou het, liefgehad het... hul enigste hoop in die wêreld.

Nog ’n patroon van Lonmin se slagveld het ook die lewe verwoes van ’n ma van Mdumazulu, ’n dorpie sowat 1 000 km van die myn.

Haar familie sê sy het dood neergeslaan toe sy die nuus ontvang dat haar geliefde seun, Phumzile Sokhanyile, ook gesterf het.

Hy was meer as net ’n seun vir haar. Hy het haar herinner aan haar man, wat sy liefgehad het en wat sy ook verloor het.

“Hy was baie na aan sy ma en het haar laat lag elke keer wanneer hy huis toe gekom het,” vertel sy rouende suster, Nozukile So­khanyile, in dié Oos-Kaapse dorpie.
“Hy sou sê ‘umyeni wakho ubu­yile’ (jou man het teruggekom) en dan sou ons ma glimlag en hom ’n warm druk gee.”

Hulle is die gesiglose slagoffers van die Marikana-tragedie, wat op 16 Augustus plaasgevind het toe 34 mynwerkers doodgeskiet is toe die polisie op stakers losgebrand het.

’n Verdere tien mense, insluitende twee polisie-beamptes, is dood in die dae wat die skietery voorafgegaan het.

Ten spyte van die amptelike ondersoek wat van stapel gestuur is om vas te stel wie die skuld moet kry vir die tragedie, bly die stories van die individuele slagoffers nog grootliks onvertel.

Die soektog na húl stories het ons verslagspan oor Suid-Afrika heen en tot in Swaziland en Lesotho geneem sodat gesigte en verhale by die name gesit kan word.
Die waarheid is dat Marikana nie slegs 44 slagoffers geëis het nie; daar is vele meer.

Die vrou van die mynwerker Bongani Nqongophele, wat van Elliotdale in die Oos-Kaap kom, kon nie die nuus van sy dood verwerk nie en het probeer om haar pyn vir ewig met plantgif te stil. Sy het oorleef.

Die verhale het ’n gemeenskaplike tema. Dit is verhale van onuitspreeklike hartseer; van families wat deur ’n onsekere toekoms in die gesig gestaar word; en van drome wat eensklaps verwoes is.

Kedineetse Lydia Mohutsane (49) sou vandeesmaand met Van Wyk Sagalala, een van die mynwerkers, getrou het. Dié droom is ook by Marikana verwoes.

“Ek het baie seer,” vertel sy.

“Ek weet nie eens wat om te sê van my verlies nie.”

Daar is nog vele slagoffers van Marikana.

Mihle Yona, ’n baba, was slegs sewe dae oud toe sy pa, Bonginkosi Yona (32), doodgeskiet is.

In Maqhusha, ’n dorpie naby Lady Frere in die Oos-Kaap, kan die baba se ma, Nandipha Yona, haar die lewe sonder haar geliefde man nie voorstel nie.

“Hy was ’n onbaatsugtige man wat nog gesê het dat hy nie wil doodgaan terwyl sy kinders nog so jonk is nie,” sê sy.

“Ek kan nie sien hoe dinge van nou af gaan verbeter nie.

“Ons het niemand oor nie. Ek weet nie wat ek gaan doen nie.”

Maar tussen die trane deur is daar ook warmte; stories van manne wie se bestaan nou verweef was met dié van hul geliefdes. Jong kêrels soos Anele Mdizeni (29) van Cwele, naby Elliotdale in die Oos-Kaap, wie se vriende en familie hom onthou as ’n wonderlike grapmaker.

“Hy sou ons elke dag aan die lag gemaak het,” onthou sy neef Luvuyo Mveli.

“Ons sou partykeer honger geword het van al die lag. En wanneer hy sien dat sy grappe ons honger gemaak het, het hy geld uit sy sak gehaal en vir ons brood daarmee gekoop.”

Al die verhale gee ’n gesig aan die gesigloses wat gesterf het.

Onthou nog die raaiselagtige leier van die mynwerkers by Marikana, die “man met die groen kombers”, wie se identiteit ’n groot geheim was?

Sy naam was Mgcineni “Mambush” Noki van Thwalikhulu in die Mqanduli-distrik in die Oos-Kaap.

Tuis word hy onthou as ’n natuurlike leier wat verantwoordelikheid aangegryp het. Hy was ’n ondersteuner van die Pirates-sokkerklub en was ook mal oor gewigoptel. Hy was getroud en het ’n driejarige kind, Asive, gehad.

“Ek wil hê mense moet weet ons is baie hartseer en gebroke oor wat gebeur het,” sê sy suster, Nolufefe Noki.

“Mense dink nou dat my broer ’n gewelddadige mens was. Hy was nie.”

Polisie-offisiere... ’n veiligheidswag... mynwerkers.

Mans... seuns... pa’s... geliefdes.

Almal die gesigte van Marikana.

Die verslaggewers wat na die Marikana-slagoffers gaan soek het, is Athandiwe Saba, Thanduxolo Jika, Lucas Ledwaba, Sizwe Sama Yende, Nicki Gules, Loyiso Sidimba en ­Sipho Masondo.

* Gaan na hierdie webblad vir meer verhale oor die slagoffers.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.