Ontspan, die lewe is faikonta

2012-12-16 00:05

faikonta b.nw. Kwasie, kwansuis, kamma: As die kinders winkel speel, is die wit klippies faikonta hul geld. Moontlik van baster-Portugese oorsprong. Opgeteken in die Boland en by Clanwilliam en Calvinia langs. – Elektroniese WAT: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (A tot R). Redakteur W.F. Botha.

Dis laatnag, warm en bedompig. Ek is in ’n woonstelgebou hoog teen die hange van Seinheuwel en Leeukop. Alles is stil in die lang gange, almal slaap.

Die ou hysbak skud, ratel en rumoer terwyl dit stadig boontoe beur.

’n Flou daklig flikker, bleek.

Uit die hoek van my oog sien ek dit: ’n Gevurkte, gesplete tongetjie wat bokant die deur vroetel. Tog nie, miskien ’n verdwaalde veer van ’n verestoffer, daar waar die opsigter gewoonlik smôrens afstof.

Toe hoor ek dit. ’n Geblaas, ’n gesis, tóé die plat kop van ’n slang wat deur die opening glip.

Hy gluur my aan. Sy kop pof op, raak weer plat, reg om toe te slaan.

Oë skitterblink, ’n bek so groot soos ’n vuis wat oopvou, tande, tandvleis, gifkliere, ek kyk binne-in die pienk, vleeskleurige spelonk. Götterdämmerung.

Ek onthou dan, net laas week is daar ’n koperkapel (oftewel Kaapse kobra, die dodelike Naja nivea) gevind in die einste woonstelgebou. Someraande seil hulle teen die warm berg af op soek na kos.

As ek stilstaan beweeg hy nie.

As ek beweeg, lig die slang sy kop op en blaas lug deur sy neus. Die slang hang voor die deur, ek is ’n gevangene. Die Vader help my, ek wil piepie.

Ek sal iets moet doen. Ek druk die deur vinnig, die slang kom orent en vou sy groot bek om my voorarm, maar dis ’n droë pik, waarskuwing. Hy is my doodsengel in hierdie eensame hysbak.

’n Woede kom oor my en ek gryp die slang hard agter sy kop, ek ruk hom uit sy skuilplek en wurg hom. Vark. Ek voel sy skubbe.

Die slang is boos en sterk, baklei terug. Hy swaai sy goue romp soos ’n lyfband om my been en dié keer pik hy my seer, sy tande slaan soos ’n mens s’n? diep in my been, ek voel hoe sy stroperige taai gif deur my vel ingespuit word.

Satanskind, klamhandjies, knakstert, Swart Piet. Dis nou te laat, ek kan maar hardloop, die slang bly hang aan my en sy kake het om my been gesluit.

Gou, ek moet by die hospitaal uitkom. Ek haal reeds moeilik asem, my longe is besig om verlam te raak, oftalmoplegie tree in, die verlamming van my ooglede.

Toe hulle my by die lykshuis se koue yskas insleep, toe word ek wakker. My oorlede ma sit by my. Ek is weer ses jaar oud, in my bedjie by die huis. Sy streel my sweterige voorkop.

“Slegte droom my skat? Mamma het vir jou ’n koppie koffie gemaak.

“Toemaar,” sê sy, “die lewe is maar net faikonta, niks om voor bang te wees nie. Geseënde Kersfees.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Danie Erasmus sê... Wat sal ek se - elke week is ek jaloers op die Voetspore span, inderdaad die mooiste planeet op aarde! Maar - oral sien 'n mens die "Mag" honger amptenare, soldate en polisie! As leek hoor jy net van al Roeanda se probleme - maar die Voetspore span wys ons hoe 'n pragtige land dit is - 'n hotel in die middel van die bos, wat so luuks soos seker enige hotel in Europa is! Maar dit is ook die waarheid dat dit nie altyd veilig is om hier te reis nie, seker die rede hoekom daar nie vrouens in die span is nie! Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.