(On)willige verkoper?

2012-09-01 23:53

Daar is goeie rede waarom onteiening wél deel moet vorm van Suid-Afrika se grondhervormingsplanne, skryf Ruth Hall.

Toe die ANC in Junie ná sy beleidskonferensie aankondig dat hulle die beleid van “gewillige koper, gewillige verkoper”, een van die hoekstene van sy grondhervormingsbeleid, verwerp, was die reaksie voorspelbaar.

Die ANC-jeugliga het gehoop dit sou lei tot beslaglegging sonder vergoeding. Kommersiële boere was bekommerd oor die meganisme waarop hul grond onteien sou word. Baie grondeisers en plaaswerkers het gehoop hulle sal voordeel kan trek uit die nuwe bedeling. Beleggers het asem opgehou.

En toe gebeur daar... niks.

Dit alles illustreer opnuut dat die debat oor gewillige koper en verkoper grootliks een van retoriek bly – een wat min uit te waai het met die probleme op die grond.

So, waarom is gewillige koper/verkoper ’n probleem?

Dié beginsel plaas vrywillige grondtransaksies in die sentrum van die herverdelingsbeleid. Dit maak herverdeling afhanklik van grondeienaars wat gewillig is om te verkoop en beperk grondlose aansoekers tot grond wat op ’n gegewe oomblik in die mark is. Dit maak nie voorsiening daarvoor dat geskikte grond in terme van grootte, plek en gehalte herverdeel word nie.

Tot onlangs het herverdeling ook staatgemaak op ’n toelae van die staat. Omdat hierdie toelaes betreklik klein is (vergeleke met die waarde van grond), moes ’n hele skare eisers hul toelaes saam in ’n pot gooi om genoeg geld bymekaar te kry, wat die kanse op sukses benadeel het.

Toe die Landbou-herverdelingsprogram (LRad) van 2001 ’n beperking op die grootte van groepe geplaas (tot so min as vyf tot tien aansoekers) het grondpryse die meeste plase buite bereik van potensiële agtergeblewe kopers geplaas.

Sedert 2006 het die staat direk as gewillige koper tot die mark toegetree met sy Proactive Land Acquisition Strategy deur sélf grond te koop en dit aan begunstigdes te verhuur. Hulle raak dus nou huurders van die staat, eerder as titelhouers.

Die regering mag ’n gewillige koper wees, maar hy is ’n swak ingeligde een en daar is eenvoudig geen beleidsraamwerk wat bepaal watter grond om te koop, vir wie, waarom en vir watter doel nie.

In plaas daarvan het plaaslike amptenare geweldige mag om te besluit watter plase om te koop en aan wie dit verhuur moet word.

As huurders nie hul huur betaal nie, kan hulle die kontrak hernu, en doen dit dikwels. Dit lyk asof hulle geen manier het om vas te stel of huurders nie betaal omdat hulle nie kan nie of omdat hulle nie wil nie.

Daar is nie ’n tekort aan grond om te koop nie, maar die fokus op gewillige verkoper beteken grondhervorming is afhanklik van watter grond te koop is.

Waar grondeise op spesifieke plase bestaan, is daar natuurlik geen ope mark nie. Die regering is die enigste koper en daar is slegs een verkoper – en dié is nie eens altyd gewillig nie.

Sonder die moontlikheid van onteiening eis ’n onwillige grondeienaar bloot meer as markwaarde en die situasie eindig in ’n skaakmat as die regering nie bereid is om meer te betaal nie.

Wat sulke grondeise dus wys, is dat nie alle grondhervorming op ’n konsensusbasis kan geskied nie.

Die Grondwet laat uiteindelik die staat toe om grond te onteien in “openbare belang”, insluitende vir grondhervormingsdoeleindes.

As die staat uiteindelik wel begin om grond te onteien, wat ek glo hulle sal, kan dit selektief gedoen word deur dié sake wat in ’n doodloopstraat is en sake wat regtig meriete het vir herverdeling te teiken.

Dit sal goed wees as die voorwaardes waaronder dit gebeur duidelik neergelê is.

Die Grondwet bepaal dat vergoeding tydens onteiening just and equitable moet wees. Dit kan beteken dat die staat apartheidsera-subsidies van die markwaarde aftrek.

Hoe ander faktore deur die regering bepaal word (en deur die howe beoordeel word) sal mens moet sien.

Die huidige Onteieningswet (van 1975) wat net onteiening vir “openbare doeleindes” en nie openbare belang toelaat nie, sal ook gewysig moet word om dit in pas met die Grondwet te bring.

Gewillige koper/verkoper is egter nie die enigste grondhervormingsprobleem nie. Daar is verskeie ander, veral hoe om die nuwe eienaars te help om voordeel te trek uit die grond wat hulle kry.

Die nuwe rigting waar die staat sélf grond koop en dit dan verhuur, laat ook vele ongemaklike vrae. Is die staat in staat om dié model te bestuur? Wie word as huurders gekies en waarom?

Wat ons dus nodig het, is ’n beleid wat die mark gebruik waar moontlik, maar dit systap op die basis van koherente beleid indien nodig.

Prof. Ruth Hall is verbonde aan die Institute for Poverty, Land and Agrarian Studies (Plaas) aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-20°C High level clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 3-17°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 12-22°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Diesel Mechanic

South Africa
Planet 10 Mgt & Consulting
Market Related

Boilermaker

South Africa
Planet 10 Mgt & Consulting
Market Related

Contracts Manager

South Africa
Planet 10 Mgt & Consulting
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

Uitverkoping vir 24 uur – 30% afslag op huisware & toestelle

Kry net vandag 30% afslag op uitgesoekte elektriese komberse, verwarmers, ketels, koffiemasjiene en nog baie meer. Aanbod geldig tot middernag 25 April. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!