Ook in sosiale werk was Small visioenêr

2012-09-16 00:46

Adam Small en sy vrou, Rosalie

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vir die taak van segsman van die onderdruktes is Small goed toegerus met ’n indrukwekkende akademiese loopbaan, fyn taalaanvoeling, groot emosionele diepte en die nodige medelye, wysheid en gepaardgaande visioenêre denke wat sy era vereis het.

In sy stabiele Christen-Moslem-ouerhuis het hy kulturele toleransie geleer, ’n groot liefde vir lees, veral van sy ma, en by sy pa barmhartigheid en ’n sterk maatskaplike bewussyn, veral vanweë sy pa se leierskaprol in die skool en kerk.

Sy eerste agt jaar het op die platteland en in Afrikaans verloop: Wellington, waar albei sy ouers se mense gewoon het – die Smalls al baie geslagte – en Goree, ’n ou sendingpos buite Robertson waar sy pa skoolmeester van die kinders van plaasarbeiders was en ook as sieketrooster en lekeprediker opgetree het. Daar in die eensame wêreld het hy sy gevoel vir die underdog ontwikkel, tussen die “beautiful, dusty, heart-sore children” en hul gehawende ouers wat ondergaan aan tering en die newe-effekte van alkoholmisbruik.

Toe hy nege was, het die gesin na Retreat op die Kaapse Vlakte verhuis waar sy pa skoolhoof van die Laerskool Blouvlei was. Weer het hy sy pa op sy diakenrondes vergesel en stedelike armoede van nader leer ken. Hy en sy enigste suster, Mona, het Katolieke skole bygewoon en dermate gepresteer dat die inspekteur eenmaal opgemerk het sy onderwyser kon net sowel Small se eksamenvraestel as sy memorandum gebruik het.

As student aan die Universiteit van Kaapstad (UK) het hy verder uitgeblink. Hy het in sy eerste jaar die klasprys vir Afrikaans gewen en “al die boertjies uitgestof”. In sy honneursjaar (cum laude), op 21, het sy eerste digbundel verskyn. Sy MA-graad in filosofie – oor die Duitse aksioloog Nicolai Hartmann se waardering vir die werk van Friedrich Nietzsche – het hy ook cum laude behaal. Sy filo­so­fie­men­tors S.I.M. du Plessis en Martin Versveld het ’n blywende indruk gelaat, so ook Boerneef en die jong Dirk Opperman by wie hy Afrikaans geneem het.

Twee studiebeurse het dit vir hom moontlik gemaak om aan die London School of Economics te gaan studeer onder die wêreldbekende wetenskapfilosoof Karl Popper, wat hy ervaar as “die mees verligte denker moontlik” (op papier), maar die “arrogantste, ondemokratiesste mens wat jy kan kry”.

In 1960 was hy die enigste swart lektor tussen 13 ander by die pas gestigte Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), destyds nog ’n apartheidsinstelling.

’n 1963-studiebeurs van die British Council het hom vir twee jaar na die Oxford-Universiteit geneem vir gevorderde navorsing in die morele filosofie, maar die aanpassing was moeilik. Dis egter daar in die vreemde dat die idees vir sy beste drama, Kanna hy kô hystoe, beslag gekry het.

Terug aan die UWK was hy 14 jaar lank hoof van die departement filosofie, totdat politieke druk hom in 1973 gedwing het om te bedank omdat hy met protesterende studente gesimpatiseer het.

Hy het gesukkel om weer werk te kry en was so tien jaar uit die akademie. Toe ’n direkteurspos oopgaan aan Wits, moes hy ’n jaar lank in ’n hotelletjie in Johannesburg loseer omdat daar glo “nie so iets soos behuising vir bruin mense” was nie.

Terug in die Kaap – want hulle is “Mediterreense mense”, volgens sy tweede vrou, Rosalie – het hy twee jaar by Maskew Miller gewerk voordat hy hoof van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk geword het. Hier het hy hom van voor af begin kwalifiseer, dié keer in maatskaplike werk.

Weer aan die UWK, nou as hoof van maatskaplike werk, het hy baanbrekerswerk gedoen in turbulente jare (1983-1997). Onder sy leiding is die eerste MA in maatskaplike werk aangebied en het dit die progressiefste maatskaplike skool in die land geword. Die kurrikulum is radikaal aangepas om iets aan die werklike nood in arm gemeenskappe te probeer doen – ook die trauma wat apartheidsverwante geweld destyds veroorsaak het.

Hy het sy personeel aangemoedig om met nuwe idees vorendag te kom. Sy departement was die eerste wat ’n kursus in feminisme, “women and gender studies”, aangebied het. Saam het hy en sy personeel gemeenskapsgebaseerde advieskantore en innoverende uitreikprogramme ontwikkel, waarvan party so goed werk dat dit later in vaste dienste omgeskep is.

Small se groot intellektuele bydrae is sy “philosophy of care”, wat later ’n verpligte interdissiplinêre module was vir alle eerstejaarstudente wat in die die­nende professies opgelei is. In 2001 het hy ’n UWK-eredoktorsgraad ontvang vir sy versiende bydraes.

“Die UWK se maatskaplike departement was die res van die land ver voor met kritiese, visioenêre denke en ’n relevante, interessante kurrikulum. En dis hoekom ek met alle mag onder Small wou werk,” onthou prof. Vivienne Bozalek, Small se voormalige kollega en tans direkteur van die Teach­ing and Learning-eenheid aan die UWK.

“Ek het baie keer na hom gekyk en gedink: Dis ’n groot gees dié. Hy was sy tyd ver vooruit en nie almal was gereed vir al sy idees nie. Sy studente was egter mal oor hom en internasionaal was sy werk hoog aangeskryf.

“Ons gebruik nou nog die ‘vi­sion statement’ wat hy opgestel het. Toe ek dit eenkeer by die Universiteit van New York voorlees, was die mense in trane. Hy was ’n ware visioenêre denker.”

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 4-16°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-21°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe gobii-slimfone vanaf R999!

’n Kamera aan die voor- en agterkant, tweeledige SIM-verrigting en 200MB se GRATIS Cell C-data elke maand vir 12 maande, is maar net ’n paar van die eienskappe van dié slimfone. Kry joune nou! Koop hier.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!