'Oorlog is mense se waansin'

2013-01-20 11:32

Op die stel van Verraaiers op ’n plaas buite Bronkhorstspruit.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Jeanette Ferreira het die fliek eerste gewaar. Dit was toe sy aan ’n resensie oor Albert Blake se Boereverraaier gewerk het.

Ons het later ook die bewoording van die rolprent se leitmotief by haar geleen: Oorlog is waansin en verraad is ’n stukkende woord.

In die geledere van Bosbok Ses Films is die gewaarwording van ’n nuwe storie ’n soort beswyming – amper soos ’n spul troepe wat om die beurt aan die behaaglikheid van ’n laaste stopsel uit een pyp sit en teug.

My seun Sallas was toe juis in die pylvak met sy meesterskursus in die kuns van draaiboek skryf en ná Roepman was sy plek in hierdie soutmyn geboek.

Maar al is ’n goeie draaiboek die ononderhandelbare voorwaarde vir ’n ordentlike rolprent, laat ’n fliek haar nie op die enkele dimensie van papier vaskeer nie.

’n Fliek moet, soos alle beeldende kuns, ’n stem van haar eie kry wat gehoor, gesien en gevoel kan word.

Mens moet in prentjies dink, sodat dit wat jy van haar wys, tegelyk genoeg en te min is om aan die niksvermoedende kyker se verbeelding en denke te torring totdat hy amper glo dat hy sekere goed kan ruik en proe.

Dit kan net gebeur as die storie, verwoord in die draaiboek, soos plaak op die vervaardigers se tande kom sit.

Albert Blake het ons fisiek kom begelei. Grafte toe, konsentrasiekampe toe, na plase met stories, na fondamente van vervloë krygshowe en na vergete teregstellingsterreine toe.

Hy het ons briewe, hofbeslissings en proklamasies laat lees.

Hy het ons besny met die onsigbare skerp kant van goeie mense en hul volkome verlies aan medemenslikheid tydens oorlog.

Toe het ons besef ons maak nie meer ’n oorlogsprent nie; ons werk wragtag weer nét met mense, hul verdomde eiewysheid en die liederlike gevolge van hul keuses, besluite en altyd weer: hul oordele!

Die Vrouemonument in Bloemfontein, die Willem Prinsloo-landboumuseum in my tuisdorp, Bronkhorstspruit, hul personeel en hul werk het my wêreld ­vernuwe.

Ek het anders na ­museums en historici begin kyk. Stadig maar seker het ek begin agterkom niks wat iets van die mens en sy eskapades probeer vashou, kan ooit leeg wees nie.

En toe kom die maestro, die man wat op stel fluister: Paul Eilers. Nie uit die bloute nie!

Nee, hy het al die goeters daagliks op ’n afstand, maar Eilers-intens, daar uit Oudtshoorn met ons gedeel.

Toe hy op Oliver Tambo se gewoel afklim, had hy die subteks onder die knie en die storiebord was kant en klaar in sy rugsak.

En hy was bang, maar nie bang genoeg om nie te sê hy’s bang nie.

Miskien is dit wat my so in verwondering laat oor kunstenaars – dat hulle so kundig, so voorbereid, maar tog so bang is.

Dit onderskei hulle onmiskenbaar van die wannabes, wat bedrieglik onkundig, maar so immerselfversekerd is.

Maar ek en Eilers het ’n ander verwondering gemeen: die opkomende geslag jongmense uit elke ras en geloof wat die georganiseerde chaos van ’n rolprentstel deur kundigheid en toewyding in ’n soort piekniek omskep.

Ons rolprentbedryf gedy nie toevallig nie!

Op ons stel het ’n jong hart geklop en ons oumanne moes telkens uitasem en oopbek toekyk.

Lees hul name op die erkenningsrol, want hoor gaan jy weer van hulle hoor.

By Roepman het ek al geskrik toe die akteurs ’n abstrakte klomp woorde in geloofwaardige vleis en bloed omskep het.

By Verraaiers was die tweede skrik amper soos ’n dwaling, erger as die eerste.

Ek vermoed almal op ’n gelukkige rolprentstel word deur ’n vreemde emosionele reis aan mekaar verbind.

Een aspek van rolprentvervaardiging wat soms by ons aan die agterspeen suig, is musiek­regie en die werklike integrasie daarvan in die teks en beelde om die emosie van oomblikke te ondersteun sonder om bo-oor dit te spoel.

Dit was vir my ’n beloning dat ons komponis, musikante en koor die musiek net ter ondersteuning van beeld en dialoog gebruik het.

Hierdie land, ons mense, is vrot van talent en die ontsluiting daarvan is genoeg rede om net aan te hou met fliekmaak.

Toets maar my stelling aan die magic in Katinka Heyns en Chris Barnard se Die wonderwerker!

Daarvan gepraat, daar gebeur soms wonderwerke op stel.

By ons was daar ’n vrou wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie.

Eendag kry ek haar in die blomtuin. Sy wag vir drie bidsprinkane, sê sy.

Een vir ­scene 12, een vir scene 92 en ’n stand-in, net vir ingeval die eerste twee nie wil perform nie.

Daar is wragtag nie bidsprinkane in dié geweste nie. Ek wéét, want ek bly al jare hier.

O, ­reken sy, maar sy sal nogtans maar hier vir hulle wag, want hulle sal na haar toe kom.

Hulle het – sommer gou ook, en het mak soos lammers hul rolle vertolk.

Die stand-in hoef toe nie eens ’n poot te verroer het nie! Ja, Verraaiers is toe uiteindelik nie regtig ’n oorlogsprent nie.

Sorrie! Wat ek wel uit die fliek geleer het, is om altyd katvoet te loop vir oordele, veral as dit uit die oord van die reg of dogma van ’n bepaalde tyd en ruimte gevel word.

En dat abstraksies soos verraad anders lyk as jy jou sover kan kry om uit ’n ander hoek daarna te kyk.

Adv. Piet de Jager is uitvoerende vervaardiger van Verraaiers. Die première is volgende Maandag.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Sunny. Mild. Pta: 4-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Cool. Bfn: -1-19°C Sunny. Mild.
Dbn: 9-23°C Morning clouds. Mild. PE: 8-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Bespaar 25% op die gewildste 25 boeke!

Kry 25% afslag op die topverkoperboeke, wat insluit Low-Carb Living for Families, The Book Thief, How to Train Your Dragon en nog baie meer. Koop nou!

Tot 60% afslag met die opruimingsverkoping!

Bespaar tot 60% op toestelle, boeke, elektroniese ware, speelgoed, flieks en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe Afrikaanse uitreikings

Sien jy uit na die nuutse Afikaanse titels? ’n Vuurwarm verskeidenheid boeke is beskikbaar by kalahari.com. Bestel nou!

Good Morning, Mr Mandela van Zelda la Grange

Good Morning, Mr Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe ’n jong vrou se lewe, oortuiginge, vooroordele en alles waarin sy eens geglo het verander is deur die grootste man van haar tyd. Nou R221. Plaas jou voorafbestelling nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!