Oorsese steunwerwing net die begin

2012-12-16 00:05

In die rubriek Die Ander Kant kritiseer die skrywer Sonja Loots verlede week Solidariteit en AfriForum se onlangse besoek aan Nederland om Afrikaanse vriendskapsbande met die Nederlanders te smee.

Haar stelling dat Afrikaanssprekendes en die Friese heelwat het om oor te praat, is korrek. Sy fouteer egter deur sodanige gesprekke as alternatief te stel vir die bou van bande met Nederland en Vlaandere.

Afrikaans, Afrikaanssprekendes en Afrikaners moet aan ’n wye front internasionale bande aanknoop. Dit sluit in bande met sowel die Friese as die Nederlanders en Vlaminge, asook ’n reeks ander groeperings wêreldwyd.

Uit haar rubriek blyk dit dat Loots nie daarvan bewus is dat AfriForum tydens sy onlangse skakelaksie in Europa ook nou met Friese geskakel het nie. Prof. Reinier Salverda, direkteur van die Fryske Akademy, was byvoorbeeld een van die hoofsprekers tydens die internasionale gespreksforum oor minderheidsregte wat AfriForum op 4 Desember in Den Haag aangebied het. Ander sprekers wat tydens dié geleentheid oor die lot van minderheidstale in Europa gepraat het, sluit Jan Diedrichsen, direkteur van die Federale Unie van Europese Nasies, en prof. Karen Magrethe Pedersen van die Universiteit van Suid-Denemarke in.

Afrikaans kan beslis ook baat vind by noue bande met Nederlanders, Vlaminge en die Nederlandse Taalunie. Die taalunie is ’n statutêre liggaam wat gesamentlik deur die Nederlandse en Vlaamse regerings tot stand gebring is om Nederlands te bevorder, maar dit kan ook voordele vir Afrikaans inhou. Afrikaans en die sprekers daarvan het op verskeie vlakke baie gemeen met die Lae Lande.

Die sterk historiese verbintenis kan beslis nie afgemaak word nie.

Dit is beslis ook goeie nuus dat die drie geleenthede die afgelope twee weke waar onderskeidelik die Nederlandse Taalunie, Vlaamse parlementslede en Nederlandse parlementslede amptelike sittings oor Afrikaans gehou het, besonder goed afgeloop het.

Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het die Nederlandse Taalunie in Den Haag toegespreek. Hy het ook die Vlaamse parlement in Brussel toegespreek, terwyl ek en prof. Koos Malan van die Universiteit van Pretoria die tweede kamer van die Nederlandse parlement se komitee vir buitelandse sake toegespreek het.

Die bande wat gesmee is, sal beslis lei tot beter verhoudings en kulturele uitreikingsaksies. Die bande wat in die Lae Lande gebou word, moet natuurlik die hele politieke spektrum in die lande dek.

Daar word daarop gefokus om met alle politieke partye en die mees prominente instellings in gesprek te tree.

Afrikaans, Afrikaanssprekendes en Afrikaners moet egter ook hul vlerke wyer as die Lae Lande sprei.

Dit is een van die redes waarom AfriForum ook jaarliks die Verenigde Nasies (VN) se konferensie van die Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Ge­nève, Switserland, bywoon.

Vanjaar se konferensie, wat einde November plaasgevind het, is spesifiek gehou met die doel om toe te sien dat die VN se deklarasie oor minderheidsregte internasionaal toegepas word. Dit was ’n waardevolle platform om AfriForum se saak te stel.

’n Wye reeks groeperinge, soos onder meer die Koerde, Koptiese Christene in Egipte en minderhede in China en Iran, het ook hul saak hier gestel.

Die ANC se aftakeling van die Suid-Afrikaanse Grondwet en die kwessie van plaasmoorde het belangstelling by verskeie konferensiegangers ontlok.

Bogenoemde skakelaksies is maar net die begin. AfriForum het besluit om voortaan benewens die organisasie se binnelandse aksies ook ’n sterk fokus op buitelandse skakeling te plaas.

Benewens kulturele uitruiling bied internasionale skakeling ook ’n?belangrike instrument om druk op die ANC te plaas om brandpunte plaaslik op te los.

Die ANC het ons immers gewys hoe om internasionale steun te werf en dan te wen...

Kallie Kriel is uitvoerende hoof van AfriForum.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Flip Raath sê... Die stemkrag van die land leg daar waar die "grants" uitgedeel word en in sy plakkerskampe en in sy landelike, (ou tuisland) gebiede. Dis 'n demokrasie, 'n "one man one vote stelsel". Wat probeer julle seg? Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R300000 - R450000

Financial Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Operations Accountant

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
R500000 - R600000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.