Optelgoed is hougoed

2012-09-16 00:46

Hulle is al so ’n integrale deel van die stedelike landskap dat ’n mens hulle amper nie meer raaksien nie – die leerskare “trolliemense” wat deur ons woonbuurte trek op dae wanneer ons ons vullisblikke uitsit.

Vir baie huiseienaars is hulle net ’n oorlas wat die omgewing verder bemors terwyl hulle in vullisblikke grawe. Dié met meer empatie sal miskien ’n ou brood eenkant neersit waar hulle dit maklik kan kry.

Maar dink ons ooit aan hulle as entrepreneurs wat ’n reuse-rol in die herwinningsketting speel – mense wat ons waarskynlik duisende rande bespaar deur die koste van vullisverwydering te verlaag?

En hoeveel weet ons van hul werksaamhede en die hoeveelheid rommel wat hulle herwin?

Die kort antwoord is: skandalig min.

Volgens sommige skattings maak 88 000 mense in Suid-Afrika ’n bestaan deur herwinbare rommel te versamel en te verkoop – party op straat, maar die meeste op vullishope omdat dit meer lonend is.

In ’n studie wat hulle in 2010 spesifiek onder mense gedoen het wat huishoudelike vullisdromme in Pretoria deursoek, het Rinie Schenk en Derick Blaauw gevind tussen 150 en 200 mense in die stad maak op dié manier ’n bestaan.

Hulle leef in uiterste armoede. Die oorgrote meerderheid slaap op straat en verdien tussen R10 en R70 per dag – wat hulle hoofsaaklik bestee aan “dop en brood”.

Niemand weet regtig hoeveel vullis hulle herwin nie. ’n Studie wat verlede jaar deur die International Collaborative Group on Solid Waste Management in ses Derdewêreldstede gedoen is, het bevind rommelsoekers verminder dié stede se vullis met tussen 2% en 30%.

Die inwoners van Kaapstad produseer ongeveer 4 600 ton vullis per dag. As die trolliemense net 2% van dié vullis herwin, beteken dit dat ses 14 ton-vullislorries elke dag in die depot kan bly.

Buiten metale soos koper en aluminium, is PET-bottels (die plastiekbottels waarin gaskoeldranke verkoop word) die waardevolste ding in jou vullisblik.

Petco, die liggaam wat die herwinning van dié bottels bevorder, sê 43 000 ton van dié bottels is verlede jaar herwin. Hulle bereken minstens 82% daarvan is deur informele rommelversamelaars op vullishope bymekaargemaak.

Al word daar, behalwe vir enkele projekte in sommige groter stede, bykans geen poging van owerheidsweë aangewend om Suid-Afrikaanse huishoudings te dwing om hul rommel te sorteer vir herwinning nie, steek ons herwinningstatistieke glad nie sleg af teen die res van die wêreld nie. Soos die grafika hiernaas toon, herwin ons beduidende persentasies van die verpakkingsmateriaal wat jaarliks gebruik word.

Andrew Marthinusen van die Verpakkingsraad van Suid-Afrika (Pacsa) sê daar is geen twyfel dat informele rommelsoekers ’n groot aandeel aan dié sukses het nie. Geen weldeurdagte herwinningsplan in Suid-Afrika kan dus suksesvol wees sonder om dié mense in ag te neem nie.

Marthinusen sê die uitdaging is om die mark vir herwinde verpakkingsmateriaal uit te brei en in die proses ook geleenthede vir trolliemense te skep wat hul inkomste en lewensvooruitsigte verbeter.

Die vraag is: Hoe?

Bertie Lourens van die herwinningsmaatskappy WastePlan worstel al jare lank hiermee.

Hy sê die probleem is dat baie rommelversamelaars hul vryheid om te doen wat hulle wil en te gaan waar hulle wil hoog op prys stel.

“Baie van hulle sê vir my hulle geniet wat hulle doen. Dis ’n leefstyl wat hulle pas.”

Hy sê projekte wat probeer om die versamelaars te organiseer, en die manier waarop hulle werk te formaliseer, is dus nie altyd ewe suksesvol nie.

“Die antwoord, glo ek, is ’n opset waar daar vir sowel formele as informele herwinningsmense ’n plekkie is.”



Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 16-20°C Showers early. Morning clouds. Mild. Pta: 6-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 3-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 13-21°C More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.