PW: Rubicon-kinkel onthul

2012-10-28 00:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Oudpres. PW Botha se Rubicon-toespraak in 1985 word deur baie kommentators gesien as die begin van die einde van sy bewind en een wat die land oneindige ekonomiese skade berokken het.

In ’n nuwe boek, Die laaste Afrikanerleiers, bied die Stellenbosse historikus Hermann Giliomee nou opspraakwekkende nuwe bewyse dat Botha se oordeel voor dié katastrofiese toespraak aangetas was deur ’n beroerte wat hy vroeër daardie jaar gehad het.

Hy skryf dat Botha in Maart 1985 ’n beroerte gehad het waarvan net sy naaste familielede, ’n handjievol top-amptenare en dokters geweet het.

Selfs sy kabinetskollegas is in die duister gehou, hoewel sommige later snuf in die neus gekry het. (Botha het ’n paar jaar later, in Januarie 1989, weer ’n beroerte gehad wat tot sy uittrede gelei het.)

Volgens die Kaapse neurochirurg prof. Kay de Villiers, wat Botha se breinskanderings destyds gesien en die oudpresident se siektetoestand aan Giliomee bevestig het, gaan dié soort beroerte dikwels gepaard met sielkundige versteurings wat die inhibisie van, byvoorbeeld, woedeuitbarstings kan verminder.

In Augustus 1985, ’n paar maande ná die beroerte en enkele dae voor sy toespraak voor die Natalse NP-kongres (wat ­later as die Rubicon-toespraak bekend sou staan), het die kabinet by die Ou Sterrewag in Pretoria vergader. Hier is verreikende hervormingsinisiatiewe bespreek – inisiatiewe wat die land se internasionale kritici sou oortuig dat die NP-regering ernstig daaroor is om uit die doodloopstraat te kom waarin hy beland het.

Giliomee skryf Botha ­het tydens dié gesprekke niks gesê nie, ’n stilswye wat deur hervormingsgesinde kabinetslede soos Pik Botha en Chris Heunis beskou is as ’n aanvaarding van die voorstelle op die tafel.

Ná die vergadering het amptenare in die departemente van sowel Pik Botha as Heunis begin werk aan ’n konseptoespraak vir die Natalse kongres. Boonop het Pik Botha begin om internasionaal afwagting te skep dat dramatiese hervormings aan die kom was.

Die uiteinde van die gebeure is welbekend. Botha het die hervormingsgesinde toespraak wat vir hom geskryf is, verwerp met die woorde: “Ek sal my eie toespraak hou.”

Sy toespraak op 15?Augustus 1985 het Suid-Afrika uiteindelik in diep finansiële moeilikheid laat beland met miljarde rande wat landuit gevloei het.

Giliomee skryf: “Miskien – en dis... net bespiegeling – het hy ag geslaan op doktersbevele om nie in argumente betrokke te raak (tydens die Sterrewagvergadering) wat hom sy humeur sou laat verloor nie.”

Giliomee meen Botha se iesegrimmige reaksie het aan onverantwoordelikheid gegrens.

“Dit het ook die taak veel moeiliker gemaak om ’n meer gelyke skikking te vind as die een wat uiteindelik onderhandel is.” ­

Die laaste Afrikanerleiers: ’n ­Opperste toets van mag word gepubliseer deur Tafelberg.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emiel Stapelberg sê... Van Zyl Slabbert: What went wrong? RW Johnson http://politicsweb.co.za/politicsweb/view/politicsweb/en/page71619?oid=182407&sn=Detail Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.