Patrick Moore oorlede

2012-12-16 00:05

Patrick Moore (89), die sterrekundige wat die maan se oppervlak gekarteer het, is oorlede.

Moore was langer as 50 jaar die aanbieder van die BBC se TV-program The Sky at Night. In dié tyd het hy net een episode weens siekte gemis.

Weens ’n hartkwaal is Moore as kind tuis onderrig. Hy het van sesjarige ouderdom in die astronomie belanggestel en was op 11 reeds lid van die British Astronomical Association. Hy het op 13 sy eerste wetenskap­like studie oor die maan gepubliseer.

Moore is deur sowel amateurs as kenners in die sterrekunde bewonder. Hy het die vermoë gehad om inspirerende verbande te trek tussen die hemelruim en aardse goed, soos om die melkweg met ’n gebakte eier te vergelyk.

Hoewel hy geen graad in die wetenskappe gehad het nie – wel eredoktorsgrade – was daar min mense wat ’n gehoor met so min selfbelangrikheid so vasgevang kon hou.

Dié skrywer, musikant, krieketspeler, politikus en TV-persoonlikheid se navorsing oor die hemelruim is deur Amerika en Rusland in hul ruimteprogramme ingespan.

Om later in die koninklike lugmag opgeneem te word, moes hy oor sy ouderdom lieg. En om sy siekte te verberg, het hy iemand oorreed om namens hom die mediese ondersoeke te ondergaan. Sy toestand is wel later tydens hospitalisasie ontdek.

Koningin Elizabeth II het dié alleenloper in 2001 tot ridder geslaan vir sy diens om die wetenskap na die publiek en die uitsaaiwese te neem.

Patrick Moore: 4 Maart 1923 – 9 Desember 2012

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Hennie Combrinck sê... Die Prof se les is tog duidelik, "leer uit die geskiedenis" en les #2 verbeter dan daarop. Kom ons dink eerder as wat ons die geskiedenis gebruik om te verwyt. Regs, Links of "middle of the road", politiek bly politiek. Almal ewe magsbehep. Kom ons kyk wie was ons beste leiers (onder alle bevolkingsgroepe), som dan die gemenefaktor karraktertrekke op. Dan kom die groot gesoek na daardie karraktertrekke in die huidige span van leiers en moontlikke leiers. Ek vooorspel dat die politiek binne die volgende 10 jaar drasties gaan verander. Daar ontluik 'n denke geslag wat nie net van 'n krankigge onderwysstelsel afhanklik is om te leer dink nie. Hulle word opgevoed deur die slimfoon en internet. Hennie Combrinck Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Light rain late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Branch Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Project Estimator

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Qualified CA

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Engineering

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.