Problematiek van ekskuus vra

2012-09-09 01:15

Die herrie oor die “verskoning” wat ’n groep studente van die manskoshuis Dagbreek onlangs gemaak het vir ’n liederlike bakleiery wat 72 jaar gelede op Stellenbosch tussen wit studente en bruin inwoners uitgebreek het, is ’n wonderlike illustrasie van die problematiek van die apologie.

Suid-Afrika is skynbaar uniek in die opsig dat ons ’n land is waar daar nie net baie is om verskoning voor te vra nie – ons beskik ook oor ’n nimmereindigende stroom van mense wat bereid is om dit te doen. Elke dan en wan hoor jy van ’n nuwe groep met ’n apologie meer openhartig, opreg en suiwer as dié van hul voorgangers.

Ironies is egter dat min van dié verskonings die vorm aanneem van wandaders wat persoonlik hul slagoffers om genade smeek.

In ’n era waarin die beginsel van kollektiewe skuld klakkeloos aanvaar word, het dit nou mode geword om verskoning te vra vir dinge wat lánk voor jou geboorte gebeur het – en waarmee jy of jou familie niks te make gehad het nie. Ek het dus baie begrip vir huidige en oud-Dagbrekers wat sê hulle voel geen morele aandadigheid aan die boefagtige optrede van ’n groep mense waarvan die enkeles wat nog leef hul oupas (of selfs oupagrootjies) kon gewees het nie.

’n Verskoning soos dié vir iets wat meer as ’n halfeeu gelede gebeur het, kan nooit net ’n verskoning wees nie – dit is ook ’n politieke gebaar. En soos alle politieke dade het dit ook politieke implikasies en is dit gedienstig aan politieke oogmerke.

Wat Pieter Nel, die voormalige primarius van Dagbreek, se politieke oogmerke met die verskoning was, kan mens net spekuleer. Sedert die storm oor sy verskoning losgebars het, is hy onbereikbaar en kon niemand hom verder hieroor uitvra nie.

Wat egter opmerklik was, was hoe gou ander die Dagbreek-verskoning vir hul eie politieke gewin ingepalm het.

In ’n artikel Woensdag in Die Burger beskryf die Matie-rektor, Russel Botman, die Dagbreek-gebaar as “verfrissend... en betekenisvol in die breë transformasiedenke van ons universiteit”. Sonder om presies te verduidelik hoe hy dié denksprong maak, skryf Botman dat hy die apologie van Dagbrekers vertolk as ’n “pleidooi vir die versnelling van die transformasiepas op verskillende vlakke van die universiteit”. Huh?

Wie weet, miskien mag Botman se transformasieplan vir Maties ’n edele program wees wat hom en sy universiteit op die lange duur tot eer sal strek. Maar dis ’n bespreking vir ’n ander dag.

Wat hier ter sprake is, is die manier waarop Botman die Slag van Andringastraat – en die Dagbrekers se verskoning daarvoor – naatloos aaneenskakel met sy eie politieke program – die omvorming of “transformasie” van die universiteit.

Die Botman-boodskap aan Dagbrekers is dus eenvoudig: As julle régtig skuldig voel oor die verlede, gooi jul gewig agter my transformasieprojek in.

Wat hy nie sê nie, is ook belangrik: As hierdie “transformasie” nie presies is wat julle in gedagte gehad het nie, wel... dan is dit die prys wat julle vir jul wit erfskuld betaal, dan nie?

Daarmee wil mens nie sê dat sulke “agterna” verskonings geen sin of doel het nie. Allermins.

Die gebeure in Andringastraat in Julie 1940 was opreg skokkend. En dis nie net skreiend omdat ons vandag deur ’n post-apartheidbril daarna terugkyk nie. Talle ooggetuieverslae van destyds wys dat selfs wit Stellenbossers gewalg was deur die studente se optrede. Mense wat dit sedertdien probeer afmaak het as “goeie ou studentepret” of deel van die Nat-Sap-stryd van destyds, is heeltemal misplaas.

Ek het dus groot simpatie daarvoor dat daar vandag steeds bruin Stellenbossers is wat voel dat ’n verskoning in orde is.

Die vraag is egter: Wat is die oogmerk van iemand wat vandag verskoning vra daarvoor? Doen jy dit om krediete te koop by die nuwe magshebbers sodat hulle jou wit manlikheid ’n bietjie langer kan verdra? Word jou erfskuld in die proses nie net ’n stok om jou verder mee by te kom nie? Is jou apologie ’n eerlike poging om die onregte wat in jou naam gepleeg is, reg te stel?

As laasgenoemde die geval was, moes die Dagbreek-apologete nie hul gebaar ’n bietjie beter deurdink het nie? Sou ’n Andringa­straatbeurs aan ’n bruin Stellenbosser deur oud-Dagbrekers gefinansier nie meer beteken nie?

Verskoning maak, soos trou, is nie perde koop nie. Veral nie as jy dit namens ander probeer doen nie.

Pieter Malan is die redakteur van Rapport Weekliks.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-21°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-17°C Sunny. Mild. Bfn: 4-16°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-23°C Morning clouds. Mild. PE: 11-23°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Spesiale aanbiedinge vir Moedersdag!

Bederf Ma met dié ongelooflike spesiale aanbiedinge wat haar hart sal laat vermurwe. Koop nou!

Parfuumwinskopies vir Moedersdag!

Bederf Ma met spesiale parfuumwinskopies en geskenkpakke vir Moedersdag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Oefen sonder dat dit ’n plaas se prys kos

Tot 30% afslag op alle toerusting vir joga, om jou fiksheid te verbeter en jou spiere sterker te maak. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

RYOBI-gereedskap

Gee uiting aan jou innerlike DDS-geesdrif met RYOBI-gereedskap. Koop nou!

Gewilde nuwe flieks

Frozen, The Hobbit: The Desolation of Smaug, Thor: The Dark World, Leon Schuster: Schuks! Your Country Needs You en nog baie meer. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!