Rapport-onderwysfonds: Atlete swoeg en sweet vir goeie saak
2013-02-23 23:05
Toe die skoot Woensdagaand in Stellenbosch klap, het 14 atlete saam met meer as 1 600 atlete in die Gino’s-wedloop weggespring.
Hierdie 14 atlete het anders as die ander gelyk met hul ROF-en-Maroela-mediahemde en rooi Rapport-pette. Hulle het een doel voor oë gehad: Om deur hul deelname geld in te samel vir die ROF.
Die ROF het die Maties-Stellenbosch-atletiekklub einde verlede maand genader om ’n moontlike geleentheid te identifiseer wat die ROF kan gebruik as geldinsamelingsprojek. Mohammed Alley, hoof van sportbestuurder: Atletiek het dadelik ingestem om saam met die ROF te werk. Daar is besluit dat vyf ROF-spanne aan die gewilde Gino’s-wedloop sal deelneem.
Binne ’n week het vyf spanne aangemeld wat bereid was om 5?km of 10?km te hardloop en geldelike ondersteuning te kry.
Dit verg opoffering en moeite om jou vriende, kollegas en familie vir geldelike ondersteuning te nader, maar die geld wat ingevorder is, word gebruik vir die finansiering van studiebeurse aan onderwysstudente.
Die vyf spanne het Woensdagaand met hope energie en spangees by die wegspringpunt aangetree. Ná die wedloop was almal dit eens dat dit ’n jaarlikse instelling moet word.
Dit was ’n wonderlike geleentheid en die ROF wil die Maties-Stellenbosch-atletiekklub bedank vir die vriendelikheid en gasvryheid waarmee hy die ROF ontvang het.
Borge wat bygedra het tot die sukses van hierdie dag is Maroela-media (012 644 4300); die Sante-hotel-oord-en-spa (021 875 5406); die De Oewer-restaurant (021 887 2121); en Durbanville Hills (021 558 1300).
Wat is die ROF? Die Rapport Onderwysfonds (ROF) is ’n landswye organisasie sonder winsbejag wat Afrikaanssprekende onderwysstudente ondersteun met studiebeurse.
Die ROF ontvang jaarliks veel meer aansoeke as waarin voorsien kan word en benodig daarom die geldelike ondersteuning van sake-ondernemings en die gemeenskap om voort te gaan met hierdie noodsaaklike projek (art.?18A-sertifikate word uitgereik vir skenkings ontvang).
* Om meer oor ROF te wete kom, kliek hier.
SKENKINGS
Baie dankie aan almal wat ’n skenking gemaak het. Ons waardeer jul ondersteuning opreg!
’n Besondere woord van dank aan JB Joubert en Koelaai Enslin vir jul volgehoue ondersteuning!
Joan de Lange: R50;
GAYE Pay: R1 014,30;
Tak Bedford CN: R100;
JB Joubert: R4 800;
Koelaai Enslin: R5 000;
Ben Swart: R150;
FJ Vorster: R2 000;
HA Pretorius: R100;
A Lion-Cachet: R2 000.
(Onthou om ons te skakel vir ’n art. 18A-sertifikaat: 073 122 8800.)
Dié atlete het ter wille van die ROF gesweet. Agter: Jacques Pienaar, Phillip Theron, Herna van der Westhuijzen en Aliston Beviss-Challinor. Voor: Iaan Theron en Paulina van der Westhuijzen.