Repliek: Die statuskultuur se wortels lê baie diep

2012-02-04 14:44

’n Mens kan nie help om tegelyk geskok en gefassineer te wees oor Fred de Vries se artikel in verlede week se Weekliks oor die jongmense in Johannesburg se townships wat ontwerpersklere koop net om dit te verbrand in ’n poging om re­spek en bewondering af te dwing nie. Hierdie Coca-Cola-generasie se credo is blykbaar: “Om verkeerd te doen is reg.”

Waar sou dié verskynsel vandaan kom?

’n Rubriek van Jonny Steinberg wat ek so ’n paar maande gelede gelees het, het my nogal gehelp om die verskynsel onder jongmense wat dit as hul reg beskou om luuks te leef sonder om noodwendig daarvoor te werk, beter te verstaan.

Hy sê tereg dat die huidige ANC-jeugliga nie in die spore volg van hul voorgangers van die 1940’s wat deur mnre. Nelson Mandela, Walter Sisulu en Oliver Tambo gelei is nie. ’n Mens kan hul optrede eerder terug herlei na die nadraai van die gebeure van 16 Junie 1976.

Wat ’n mens van hierdie gebeure moet onthou, is dat dit aanvanklik die skoolgaande jeug was wat in opstand teen die apartheidsregering gekom het – nié die jeug in die algemeen nie. Net ’n raps meer as die helfte van kinders van skoolgaande ouderdom het destyds wel skoolgegaan.

Kinders in skooluniform is bygedam deur diegene wat nié skool gegaan het nie. In die vroeë 1970’s was township-bendes soos die Hazels berug hiervoor. In reaksie hierop het die skoolgaande kinders hulself hierteen beskerm.

Die interessante ding is egter dat albei hierdie groepe min in hul ouers se lewe gevind het wat hulle bewonder en gerespekteer het. Baie van hul pa’s en ma’s was laag geskool en het polities min aan wit oorheersing gedoen.

Die skoolkinders en die bendelede het egter verskil oor wat hulle te doen staan.

Skoolgaande kinders wou met alle mag ’n opvoeding hê omdat dit iets is wat hul ouers nie geken het nie. Hulle wou beroepe beklee waarvan hul ouers uitgesluit was. Om hul skole en onderrig te beskerm – wat met die Afrikaanse taalkwessie saamgehang het – het hulle teen die apartheidsregering te velde getrek.

Die bendelede het ook die wit regering die stryd aangesê, maar op ánder maniere. Hulle het óók na hul ouers se eenvoudige werk gekyk, maar tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie die moeite werd is om te werk nie. Hulle het na hul ouers se eenvoudige klere gekyk en besluit om beter aan te trek en obsessief oor mooi klere met etikette geraak. Hulle het na hul ouers se onderdanigheid gekyk en kort van humeur geraak.

Hulle het egter ook trots geraak en met geweld gereageer as hulle agterkom hulle word met ’n gebrek aan respek of minagting behandel. Hulle het geglo enigiemand met geld het dit onbillik bekom, en daarom het hulle nie geskroom om te plunder en te roof nie.

Tydens die studente-optogte van 1976 het hulle drankwinkels beroof en verbygaande motoriste met klippe bestook. En die skoolleerlinge moes besluit of hulle die bendelede gaan betrek en rég leer, en of hulle hulle eenkant toe gaan skuif.

Uiteindelik het hulle die bendelede uitgeskuif en anti-misdaad-patrollies gevorm om te wys waar hulle staan – en om hul ouers se ondersteuning te behou.

Die struggle het gegroei en die groot bendes van die 1970’s het geleidelik gekwyn, maar nié die kultuur wat hulle gevoed het nie. Sonder om te beweer dat die jeugkultuur waarna hierbo verwys word, die regstreekse uitvloeisel van bendes soos die Hazels is, kan ’n mens nie anders nie as om elemente van daardie kultuur onder hulle en ander jong mense te hoor en te sien.

Dink maar aan beskuldigings wat na ’n ouer generasie geslinger word oor hul sogenaamde lafhartigheid. Agterdog teenoor “boekmense”. ’n Ingesteldheid van entitlement. Die obsessie met mooi klere, duur motors, eksotiese kos en drank. Die bewondering vir netjies geklede mans met semi-outomatiese gewere. Ook die gedagte dat wit rykdom onwettig bekom is en daarom geneem sou kon word tot húl voordeel, wat neerslag vind in die gepraat oor die nasionalisering van banke en myne, asook in die afneem van grond sonder vergoeding.

Meer as mnr. Julius Malema is hier op die spel. Die (skeefgetrekte) waardes van die huidige ANC-jeugliga en ander rolmodelle wat in ’n buitengewoon kort tyd van armoede tot miljoenêrstatus gevorder het, laat onuitwisbare merke op ons land en sy jong mense.

Gelukkig is daar steeds baie jong mense wat hul skoolopleiding ernstig opneem. Wat hulle akademies wil bekwaam deur harde werk. Die vraag is: Hoe gaan ons bogenoemde destruktiewe gekheid doeltreffend hanteer en oplos? Ons dink dikwels dat transformasie by denke begin. Moet ons nie eerder meer moeite doen om “passies” beter te verstaan en aan te pak nie?

Dr. Chris Jones is verbonde aan die ­teologiese fakulteit van die Universiteit van Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.