Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Repliek: Ek hou nie van jou vlag nie, maar jy het seker die reg om dit te swaai

2010-03-06 16:21

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

So ’n bietjie meer as drie jaar gelede het ek, ná ’n besoek aan Twickenham, ’n rubriek geskryf waarin ek uitgevaar het teen jongmense wat die ou oranje-blanje-blou by rugbywedstryde rondswaai.

Lesers met ’n goeie geheue sal onthou dat dit destyds skielik mode geword het onder jong Suid-Afrikaners wat oorsee werk om by rugbywedstryde in die buiteland op te daag met die ou Suid-Afrikaanse vlag.

Verskeie koerante het destyds daaroor geskryf – veral omdat dit byna ongehoord is om deesdae ’n ou vlag by ’n Springbokwedstryd in Suid-Afrika te sien.

In my rubriek wat destyds in Rapport verskyn het, het ek die swaaiers van die ou vlag as “morone” met ’n “gebrekkige historiese perspektief” beskryf.

Die inhoud van daardie rubriek en my effens oordrewe aggressiewe woordkeuse het weer die afgelope week by my kom spook nadat dit bekend geword het dat die Kaapse stadsraad besluit het om die ou Suid-Afrikaanse vlag by die nuwe Kaapstadse stadion te verbied.

’n Lys van verbode artikels wat aangebring is by die ingang van dié stadion, wat spesiaal vir die Wêreldbekertoernooi gebou is, lys die ou vlag saam met traangas en sambrele met skerp punte as te gevaarlik vir die Kapenaars se nuwe sport-heiligdom.

Ander verboten artikels is baniere of vlae waarvan die inhoud “redelikerwys beskou kan word as seksisties, rassisties, vulgêr, diskriminerend, opruiend of beledigend”.

In ag genome die feit dat ek in die verlede taamlik krities was teenoor diegene wat die ou vlag in stadions rondgeswaai het, sal die meeste lesers seker verwag dat ek die Kaapse stadsraad nou gaan gelukwens met ’n wyse en weldeurdagte besluit.

Glad nie.

En ek sê dit nie omdat ek sedert my besoek aan Twickenham of daardie gewraakte rubriek verregs het of dat my oë oopgegaan het vir die ou vlag as skade­lose simbool van ’n nostalgiese tyd vóór kragonderbrekings, slaggate en riool­vullisprobleme nie.

Nee, al verkies ek steeds die reënboog-Y-front bo die oranje-blanje-blou, glo ek die besluit van die Kaapse stadsraad is fundamenteel verkeerd en in stryd met die waardes van ’n oop en demokratiese samelewing.

Hoe ironies is dit nie dat die besluit om die ou vlag te “verban” geneem is deur ’n DA-stadsraad – ’n politieke party wat nog altyd hoog opgegee het daaroor dat hy gevoed word deur die fontein van klassieke liberale waardes.

Die besluit oor die vlag, ondanks die feit dat dit so te sê ongemerk verbygegaan het, illustreer maar net weer hoe dun daardie liberale fineer geword het binne ’n party wat die afgelope paar jaar ’n al hoe groter gros beduidend on­libe­rale karakters in sy midde verwelkom het.

Die Kaapse burgemeester, mnr. Dan Plato, sê die besluit om die ou vlag te verbied is geneem omdat die vlag ’n “verleentheid” vir die mense van Kaapstad is.

Ek glo weer dat as ek myself in die naam van spraakvryheid die reg toe-eien om jong mense wat die oranje-blanje-blou rondswaai in ’n nasionale koerant as “morone” te beskryf ek sekerlik ook bereid moet wees om húl reg te verdedig om hulself soos morone te gedra?

So: Ek stem nie saam met wat julle doen nie, maar ek erken jul reg om dit te doen.

En terwyl mnr. Plato so begaan is oor die verleentheid waarin Kapenaars gedompel word deur ander se toedoen: Daar is min dinge wat ons Kapenaars so in die verleentheid stel as mede-snoek­eters wat met Blou Bul-vlae op Nuweland opdaag.

Gaan hy, om ons die verleentheid te spaar, ook dié lawwe en embarrasserende gebruik verbied? Kaapse kelners wat ongeskik is teenoor besoekers van die noorde is ook ’n verleentheid. Waarom hulle nie ook verban nie? Waar gaan jy die streep trek, mnr. Plato?

Amerikaners se leef-en-laat-leef-benadering teenoor sommige van hul landgenote se gebruik om die konfederale vlag van die slawe-suide te swaai word dikwels voorgehou as voorbeeld van hoe ’n mens jou kan versoen met teenstrydige (en vir sommige aanstootlike) simbole. Om geen ander rede nie as dat vryheid van spraak en uitdrukking in die Amerikaanse grondwet verskans is – hoe aanstootlik sommige se simbole ook al mag wees.

Persoonlik sou ek nie wou sien dat die ou Suid-Afrikaanse vlag hier net so ’n gewilde en alomteenwoordige simbool soos die konfederale vlag in Amerika sal word nie.

Om dit te verhinder sal ek voortgaan om mense te oortuig van die bedenklike simboliek agter die ou Suid-Afrikaanse vlag – veral as jongmense dit om misplaaste nostalgiese redes swaai.

Maar uiteindelik is dit my argument teen hulle s’n. En as ek dit nie regkry om hulle te oortuig nie is dit sekerlik hul reg om te swaai en te sing wat hulle wil. Solank hulle net nie verwag dat ek moet saamswaai nie – of ’n blou hoed met horings op my kop moet sit nie?…

Pieter Malan is redakteur van Rapport ­Weekliks.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Back to the future 3/6/2010 10:19:49 PM
Hulle vrees, daai vlag sal, wanneer alles, vanwee hul kultuur, tot wanorde verval het ,weer hier wapper. So onderdruk dit.
Christof 3/6/2010 11:37:47 PM
Ek is ook 'n DA. Ek het nie meer baggage nie, dit lankal afgeskud. Wat nie kan weggaan nie, is dat die Oranje, Blanje, Blou, was vir die grootste deel van my lewe my trots waarvoor ek op aandag gestaan het. Jou vlag is wat jy van die die vlag maak, wat dit vir jou versinnebeeld. Dit is net soos wat die woorde van die vlaglied vir ons beduie. Dit is nie die vlag se skuld dat die vorige regering die woorde van die vlaglied versaak het nie. My vlag is nog hier in my studeerkamer en is elk trots op my geskiedenis. Nie op appartheid en die vernedering wat die toepassing vir andere teweeggebring het nie. Die vlag was nie 'n apatheidsvlag nie. Gaan lees weer die woorde. Ek kan daarmee saam leef en hoef ek dit nie te misken nie. Waarom?
Chrispot 3/7/2010 2:00:14 AM
Sal die DA nou ook die Hamer en Sekel in al hulle stadsgeboue verbied? Hoe pateties kan 'n mens raak?
Von Mises 3/7/2010 7:08:14 AM
Uitstekende artikel!
Hennie 3/7/2010 8:35:40 AM
Goeie artikel. Die onderdrukking van simbole is toegepas deur onderdrukkende owerhede. Moenie dat ons dieselfde pad begin loop nie. Hier is of vryheid van spraak of hier is nie. Terloops, ek neem aan die hamer en sekel word nie by die stadiums verbied nie.
Oujas 3/7/2010 10:34:42 AM
Hoe meer jy dit probeer wegsteek,verberg of toepak met klippe, noem dit soos jy wil.Hoe meer kom dit te voorskyn.Een ding wat ek (praat namens myself)nie hou van om te hoor nie"Boetie jy mag nie of jy kan nie...."
Onder daai ou vlag van ons het ek geleer alles is moontlik,niks is onmoontlik nie.Onder die nuwe vlag het ek nog niks geleer nie ,maar neem elke dag net waar.
Pieter Malan begin nou n ander deuntjie sing.Hy begin agterkom as hy nie nou begin om die "morone" onverskoning te vra nie hy dalk baie alleen gaan wees.

Johann 3/7/2010 12:43:46 PM
VLAGLIED

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: F.J. JOUBERT

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.

Piet le Roux 3/7/2010 3:08:16 PM
Beste Pieter Malan

Uitstekend. H.L. Mencken, ekonoom, het gesê: "Die soort persoon wat eis dat die regering sy idees afdwing, is altyd van die soort met idiotiese idees."

Wonderlik om 'n standvastig liberale (in die libertariese sin) standpunt teë te kom. Dis skaars in vandag se koerante waar ons eerder opgeroep word tot slaafse navolging van wonderleiers met 'n regverdiging van 'patriotisme.'
Piet le Roux 3/7/2010 8:44:47 PM
Regstelling: Mancken was 'n invloedryke Amerikaanse joernalis en skrywer uit die eerste helfte van die 20ste eeu.
Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

LEARNING DELIVERY SPECIALIST

Gauteng - JHB North/Sandton
MultiChoice Africa

Learning Delivery Specialis

KwaZulu Natal - Durban
MultiChoice Africa

Lead Architect

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris T1 1.0 3-dr AC
2007
R 85,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.6i VeloCiti 5-dr Phase II
2007
R 79,900.00

PEUGEOT

207 GTi 1.6 3-dr
2007
R 129,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

VIERLANDEN

House R 1 750 000

BRYANSTON

Apartment R 1 300 000

CRAIGAVON

House R 1 290 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...