Repliek: Matie-besluite oor Afrikaans moet in die howe beveg word

2010-03-13 14:45

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek het besluit om uit die raad van die Universiteit van Stellenbosch te bedank omdat ek die ongelyke speelveld en die wanvoorstellings om my alma mater in ’n Engelstalige universiteit te omskep nie langer kan verduur nie.

Daarbenewens wil ek die onwettige besluite wat geneem is om dié universiteit op ’n glybaan na totale verengelsing te plaas so gou as moontlik aan die hand van regsadvies beoordeel. Om anders op te tree sal in stryd met my gewete wees en om met ’n regsaksie teen die universiteit te begin terwyl ek nog ’n raadslid is, sal oneties wees.

Verlede jaar is die redes waarom Jannie Mouton en Marié Heese uit die raad bedank het dig gehou en, nieteenstaande ’n versoek, nie aan die raad openbaar nie.

In ’n poging om deursigtigheid te bevorder het ek derhalwe besluit om die redes vir my bedanking in die openbaar uiteen te sit.

Eerstens is ek ongelukkig oor die manier waarop die universiteitsbestuur die afgelope week my mede-raadslid Hermann Giliomee beswadder het.

Ek en Hermann was kamermaats op Stellenbosch. Hy is ’n blok van eerbaarheid en eerlikheid.

Enkele maande gelede het ’n paar van ons die gekonkel wat daar tydens die 2006-verkiesing was om Chris Brink se kandidate verkies te kry, bespreek.

Giliomee stel toe voor dat die nominasieproses in die toekoms altyd ’n oop en deursigtige proses moet wees en dat die die name van voorstellers bekend gemaak moet word.

Hierdie voorstel is egter later deur die universiteit se besluitnemers as onprakties afgemaak, omdat daar aspirantkandidate kon wees wat met tientalle en selfs honderde voorstellers vorendag sou kon kom.

Nadat die nominasies vir die huidige verkiesing alreeds gesluit was, versoek die huidige rektor toe egter dat, in die naam van “deursigtigheid”, die name van die voorstellers wel bekend gemaak moet word.

Giliomee en ander het hierop beswaar gemaak op die beginsel dat die reëls vóór die verkiesing verander moet word en nie gedurende die verkiesing nie.

Hy stel dit daarna ook duidelik dat hy vóór die verkiesing ten gunste van ’n oop proses was. Die volgende oomblik verkondig die US bestuur dat Giliomee nie vir ’n oop proses te vinde was nie en inderdaad beswaar teen ’n oop proses aangeteken het.

Hierdie verklaring deur die universiteit loop toe ’n week gelede uit op ’n voorbladberig in Die Burger wat Giliomee na ’n leuenaar laat lyk.

Voor die bestuur hul verklaring uitgestuur het, is geen poging gemaak om met Giliomee in verbinding te tree om te probeer uitvind wat sy kant van die saak is nie.

Hulle was dus daarop uit om hom in ’n swak lig te stel. Hoe is dit moontlik dat ’n raadslid so beswadder kan word terwyl hy doodeerlik met die waarheid omgaan? Van hierdie kwaadwilligheid wil ek geen deel wees nie.

Verder is daar die mooiklinkende artikels deur Edwin Hertzog en die broers Anton en Gerhard van Niekerk waarin hulle voorgee dat hulle die bevordering van Afrikaans aan die universiteit steun.

Waarom erken hulle nie eerder dat hulle, van die voormalige rektor Chris Brink se dae af al, van die hoofrolspelers was om die US te begin verengels deur besluite te help formuleer en propageer wat daarop gemik was om Afrikaans by die US ondergeskik aan Engels te stel nie?

Dit is hierdie besluite wat tot gevolg het dat die US nou onteenseglik besig is om weg te beweeg van ’n universiteit wat Afrikaans voorgraads as ’n ankertaal gehad het tot ’n universiteit waar Engels die dominante taal word.

Dat die US oorslaan na ’n Engelse instelling is nie te betwis nie. In 2002 was, op weinig uitsonderinge na, alle klasse in Afrikaans aangebied. Vanjaar volg vier fakulteite reeds feitlik heeltemal die T-opsie (Engels en Afrikaans in dieselfde klas). In sommige vakke kan ’n student nou net in Engels klas loop. Afrikaans duik dus en Engels groei.

Ook sal die getal Engelssprekende studente binne sewe jaar die meerderheid op die US kampus wees. Die toename in Engelssprekende studente is nie die gevolg van ’n neutrale demografiese tendens nie, want meer as 60% van die mense in die Wes-Kaap is Afrikaans en daar is alreeds vier universiteite wat net in Engels klas gee.

Dit is hoofsaaklik wit Engelse studente wat na Stellenbosch stroom. Hoe meer Engels die US word, hoe witter word die kampus. Die argument dat met meer Engels en minder Afrikaans die US hoër akademiese hoogtes kan bereik, is bewysbaar vals, want by die US presteer die Afrikaanse studente beter as die Engelse studente. Dus, hoe meer Engels die US word, hoe swakker word die akademie.

Ek voel daarom verplig om te bedank en om buite die raad maniere te vind om die ongeldigheid van die feite en argumente waarop gesteun word om die US te verengels bloot te lê.

Stellenbosch het sy spore as ’n eersteklas universiteit verower toe dit ’n volwaardige Afrikaanse instelling was. Nou verlaat die US hom grootliks op die T-opsie, wat ’n ramp en fiasko is. ’n Mens hoef bloot te kyk na die verdoemende kritiek wat prof. Jonathan Jansen in sy boek Knowledge in the Blood oor die 50-50-beleid uitspreek.

Daar bestaan by my die vrees dat ons naderhand by die US nie alleen sal sit met ’n Engelse universiteit nie, maar boonop met ’n tweedeklas Engelse universiteit.

Hierdie is ’n geredigeerde weergawe van die bedankingsbrief wat Maree hierdie week aan die universiteitsowerhede gestuur het.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 17-28°C Mostly sunny. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-25°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Hardbody 3000TD D-Cab Hi-Rider Dsl PU
2004
R 129,950.00

VOLVO

S40 2.4i
2004
R 149,000.00

NISSAN

Patrol 4.5 GRX 4x4
2001
R 139,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.