Repliek: Moslems is bietjie liggeraak oor Mohammed-spotprent

2010-06-05 13:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Naas “hotnot”, “gam” en “kaffer” is die ander vloeknaam wat my as kind seergemaak het “kerrienaat”.

Die woord het geloof en eetgewoontes (Moslems eet elke dag kerrie) saamgegooi en die stereotipe kon in ’n oogwink ’n mens se eiewaardigheid ontneem en, op die speelterrein, enige argument troef deur die “kerrienaat” verdag te maak.

Soos met “hotnot” en “kaffer” verkry die woord sy mag oor sy teiken deur ongelyke sosiale en kulturele verhoudings, asook ’n geskiedenis van ware en kulturele mishandeling en verdrukking (in teenstelling met deklamasies oor die “Afrikaner” soos deur die Genootskap van Regte Afrikaners van die eerste taalbeweging).

“Kerrienaat” was ook kragtig vanweë die ongelyke kulturele verhouding tussen ’n Christelike Suid-Afrika en ’n Moslem-minderheid, wat gedurende my kinderdae ’n verbrokkelde gemeenskap geword het nadat die groepsgebiede die noue gemeenskapsbande verbreek het en mense na nuwe, ver verspreide woonbuurte moes trek.

Die dominante kulturele perspektief op alles was (en is) essensieel Christelik, en hierdie posisie stel dit in staat om enigiets nie-Christelik sonder nagevolg en na hartelus te definieer.

Deel van die frustrasie en woede wat die teiken van die woord “hotnot”, “kaffer” of “kerrienaat” voel, is die feit dat daar geen teenvoeter met dieselfde bitsige krag bestaan nie. ’n Teenvoeter het geen mag as die vloeknaam nie ook ’n geskiedenis het wat daardie mag onderlê nie. Sonder ’n historiese, dominante ekonomiese en kulturele posisie, het “jêmnaat” net nie dieselfde byt nie.

Daarenteen spruit “hotnot” se krag juis uit die feit dat dit gebruik sou word waar ekonomiese en kulturele mag oorheers. Hierdie woorde neem dan ’n fundamentele element van iemand se identiteit – biologies of deur keuse, soos met geloof – en verdraai dit in ’n vloeknaam wat die teiken verag en verontmenslik.

As ’n mens dan na die omstredenheid oor Zapiro ( die kunstenaarsnaam van Jonathan Shapiro) se Mohammed-spotprent kyk, wonder ek of dit die visuele uitbeelding per se is wat baie Moslems in Suid-Afrika omgekrap het. Ek dink dat die Moslem-­reaksies eerder afkomstig is vanuit dieselfde plek waaruit reaksies teen vloekname soos “hotnot” of “kaffer” afkomstig is. Dit gaan dus meer oor identiteit self as oor die inhoud van daardie identiteit.

Die probleem hier is dat logika van min hulp is. Identiteitskwessies het te doen met die nie-rasionele (ek gebruik doelbewus nie “irrasioneel” nie), en wanneer enige mens se diepste identiteitselemente aangeraak word, sal daardie persoon beledig voel.

Islam het ’n lang geskiedenis in Suid-Afrika, van die anti-koloniale rebelle en slawe wat deur Nederland vanuit die Maleisiese argipel hierheen gebring is tot die Indiese boekarbeiders van die 19de eeu. Tog vind mens steeds selfs goed opgevoede Suid-Afrikaners wat oningelig bly oor ’n groep mense wat deel was (en is) van Suid-Afrika se moderne geskiedenis.

Mense stereotipeer steeds Suid-Afrikaners wat Moslem is, praat daaroor en beeld dit uit in onkunde. In hierdie konteks is dit nie moeilik om te sien hoe ’n Moslem verontwaardig sou voel oor wat, in sy of haar kop en hart, as ’n kulturele en identiteitsbelediging tel nie.

En in hierdie konteks is die Zapiro-spotprent vir my bloot deel van daardie Suid-Afrikaanse diskoers waarin ons nie weet hoe om mekaar raak te sien nie; hoe om mekaar te erken en herken nie. Of ons weet hoe, maar voel vere daaroor.

Tog voel ek dat die Moslem-gemeenskap terselfdertyd ’n bietjie liggeraak is oor iets soos Zapiro se spotprent. Daar is tog ’n ou tradisie waarin Mohammed geskilder is deur Moslem-geleerdes en hulle was nie beskou as ketters en uitgewekenes nie.

Die reëls oor die uitbeelding van Mohammed is dus histories; die reëls was of is nie altyd dieselfde nie en hulle verander steeds.

Nog belangriker: Terwyl sommige mense beledig mag voel, sal hoogs emosionele reaksies nie help om uiteindelik respek en simpatie vir ’n mens se identiteit aan te kweek nie.

Die Mail & Guardian se verskoning steek my daarom ’n bietjie dwars in die krop en ek wag graag vir die finale uitslag van hul “review period”.

Ek hoop dat vryheid van spraak nie in die slag sal bly nie. En tog wonder ek, hoe maak mens wanneer die letter van die Grondwet teenstrydig is met die gees van die gemeenskap wat ons hoop om deur daardie grondwet op te bou? En wie definieer daardie gemeenskap?

Laastens, as ’n jare lange aanhanger van Jonathan Shapiro, dink ek nie sy Mohammed-spotprent was op die gewone Zapiro-standaard nie. Ek dink dit sou skerper gewees het indien hy ’n hedendaagse konvensie oor die uitbeeldings van Mohammed gevolg het. Volgens hierdie gewoonte (soos in die 1976-rolprent The Message) word Mohammed nooit gewys nie.

Wat as Zapiro vir Mohammed buite die raam geplaas het, en net ’n spraakborrel vir hom gebruik het? Die spotprent sou dan nie net oor Islam handel nie, maar sou ook iets binne die tradisie direk aangespreek het – sou inderdaad deel van daardie tradisie wees en daardeur ook Moslems meer direk aanspreek en nader trek.

En wie sou dan hul verontwaardiging kon staaf?


Rustum Kozain is ’n skrywer.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Matt Heyns sê... Bruin mense is geregtig op regstellende aksie en moet daarop aanspraak maak seg jy. Natuurlik, maar SA is 'n eenheidstaat met nege provinsies waar talle moontlikhede vir almal bestaan. Om te presteer en bevorder te woord in 'n eenheidstaat is dit 'n beter oplossing as om te verkies om in die Kaap te bly en jou moontlikhede op bevordering op te offer. Ek was in die seemag en na dertig jaar het ek in sewentien verskillende woonkwartiere gewoon, maar 'n senior pos beklee toe ek moes uittree. Vandag geniet ek en my wederhelf ons uittrede omrede ons pensioen nie te sleg is nie. Dit was inderdaad die moeite werd. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 12-21°C Sunny. Mild. Pta: 11-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 9-16°C Mostly cloudy. Cool. Bfn: 9-19°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 14-21°C Morning clouds. Cool. PE: 9-19°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.