Rioolvullis-demokrasie: Waarheen is ons op pad?

2010-03-13 14:45

Carín Visser

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nou kyk net so ’n gefladder in die duiwehok! Selfs Henry Jeff­reys, redakteur van die Kaapse dagblad Die Burger, lê nou ’n enorme volstruiseier hieroor.

En al wat ons as Nasionale Belastingbetalersunie (NBU) doen, is om die regering op sy tone te hou. Is dit dan ’n aartssonde om jou dienstegeld terug te hou? Die woord dienstegeld sê presies wat dit is: Jy as inwoner van ’n dorp betaal vir dienste gelewer.

Maar wat as die munisipale vaders nie die dienste lewer nie? Hou jy maar net aan betaal en sprak geen woord?

Jeffreys voer aan dit is onwettig en ondemokraties. Die minister van koöperatiewe regering en tradisionele sake, mnr. Sicelo Shiceka, verklaar sommer oorlog teen ons. Maar Shiceka se adjunk, mnr. Yunus Carrim, beskou die aksie as inderdaad geldig. Hoe rym dit?

Almal bly vasklou aan die vergete verlede, terwyl die werklikheid van die strukturele verval en agteruitgang in 2010 elke Suid-Afrikaner se lewe bedreig. Die huidige politieke woordeskat weerspieël steeds die demokratiese ideale van 1994, maar die harde werklikheid ruik meer na ’n rioolvullis-demokrasie.

Die aksie van “weerhouding” is tot dusver die enigste werkbare inisiatief vir oorlewing in ’n stelsel waarin die geld wat bedoel is om aangewend te word vir die instandhouding van ’n gemeenskap eenvoudig verdwyn. Die probleem is die demokraties verkose liggame is geheel en al deur die strukture van korrupsie, bedrog, onbevoegdheid en afwesigheid vernietig, wat gemeenskappe genoodsaak het om – nadat alle kanale van onderhandelings uitgeput is – verantwoordbaar op te tree in die belang van die hele gemeenskap.

As ’n mens so deur die gemors op straat strompel, verstaan jy skielik dat die “demokrasie” waarna soveel politieke kommentators verwys, nie meer bestaan nie.

Die NBU-belastingbetalers is nie wanbetalers nie; hulle betaal steeds, dog in aparte rekeninge, sodat noodsaaklike dienste vir almal herstel kan word.

Dit is in teenstelling met die meestal wanbetalende inwoners van die townships wat afbrand, verwoes en beskadig.

Dit ondanks die deurlopende verslae en kommunikasie wat die NBU die afgelope drie tot vyf jaar aan die regering gestuur het, sonder enige terugvoering óf verbetering van vervalle strukture. Daar is nie meer goeie regering nie.

Ongegronde beskuldigings van sedisie word na die NBU-belastingbetalers geslinger.

In hierdie konteks word dit beskou as die afwesigheid van dienslewering wat die demokraties verkose keiser in stand moet hou. Derhalwe was burgers van Suid-Afrika genoodsaak om in die belang van die samelewing namens die afwesige munisipaliteite op te tree.

Die vorige keiser is onttroon weens swak prestasie en steeds word nie besef dat demokrasie good governance is, waaraan die huidige keiser ook nie voldoen nie.

Ons is dankbaar dat minstens adjunkminister Carrim die probleme raaksien en erken, maar weer eens is dit nie net wit mense wat swaarkry nie. Mense van alle rassegroepe in Suid-Afrika is nou tot siekwordens toe sat vir die onvermoë van ’n afwesige en allesverterende, onbevoegde regering.

Dit is seker teen hierdie tyd die plig van die regering om toe te tree en sy raadslede en munisipale amptenare in te lig dat die “weerhoudingsaksie” die enigste werkbare, positiewe ini­siatief is wat ’n gemeenskap kan neem om homself te red van verwaarloosde onbevoegdheid en in die afwesigheid van regeringstrukture.

Die hele samelewing val uitmekaar; die regerende party is besig met interne kaderlike gevegte met geen wil en geen plan om ’n metode in werking gestel te kry wat werk nie omdat regeer nie meer hul erns is nie en die politieke wil ontbreek.

Dit gaan nie hier om die regering te ontsetel nie, maar om rioolvullisprobleme op te los en drinkbare water te voorsien.

Dit is ook nie ’n aanval op die regering nie. Dié is vanself besig om te disintegreer.

Dit help nie om ideologiese verklarings te soek om die probleme op te los nie. Ons het nie meer planne van 1994 nodig nie. Suid-Afrika het vernuwende denke nodig wat onmiddellik, aktief en werkbaar in werking gestel kan word sodat ons aan die eise van ’n nuwe millennium kan voldoen en al ons kinders ’n beter toekoms kan gee.

Die regeerders sal onmiddellik die wil en vermoë moet gaan soek; anders beleef Suid-Afrikaners nie net ’n nog swakker lewensgehalte nie, maar begin hulle ook sterf weens ondrinkbaar besoedelde water. En die keiser en sy raadgewers staan geheel en al apaties en onbetrokke daarteenoor met beloftes van strategieë wat nog nie verwesenlik is nie.

Intussen stroom dik strome rou rioolvullis en vergiftigde mynwater die afgelope dekade daagliks ongehinderd in ons strate en riviere af en vernietig ons omgewing en natuurlike hulpbronne.

Die toeris en reisiger ruik die klein dorpies in die platteland dikwels voordat dit gesien word.

Carín Visser is voorsitter van Sannieshof se inwoners-en-belastingbetalersvereniging en bestuurslid van die Na­sio­nale Belastingbetalersunie (NBU).

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 22-33°C Sunny. Warm. Pta: 19-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Bloem: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 23-28°C Showers early. Morning clouds. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.6i SLX PU
2006
R 129,700.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 FSi Sportline 5-dr
2006
R 169,900.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.