Rolprent-stigting nul op ’n kontrak

2012-10-13 23:17

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ondanks die miljoene rande staatsgeld wat jaarliks beskikbaar is vir die bevordering van die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf moet Afrikaanse fliekmakers steeds raap en skraap om hul silwerdoekdrome te verwesenlik.

Leon van Nierop, resensent en skrywer van Wolwedans in die skemer, sê hy kry die indruk as stories nie aan sekere vereistes voldoen of polities korrek is nie, beland jou aansoek in die vullisblik.

Daar is tans drie staatsinstansies met programme om die fliekbedryf te bevorder: die departement van kuns en kultuur, die nasionale rolprent- en video­stigting (NFVF) en die departement van handel en nywerheid (DTI).

Byna alle Afrikaanse rolprentmakers is dit eens dat dit slegs die DTI is wat hoegenaamd bereid is om hul projekte te steun.

As dit nie vir die DTI was nie, was die opbloei van die Afrikaanse rolprentbedryf die afgelope twee jaar nie moontlik nie, sê Danie Bester, vervaardiger van Wolwedans in die skemer, Roepman en Bakgat.

Afrikaanse vervaardigers spoeg veral vuur oor die gebrek aan ondersteuning van die NFVF, ’n organisasie wat grootliks deur die belastingbetaler gefinansier word en tot R30 miljoen per jaar beskikbaar het om projekte in die rolprentbedryf te subsidieer.

Regardt van den Bergh se Klein Karoo, wat volgende jaar bekend gestel word, is sover vasgestel kan word die enigste Afrikaanse fliek wat tot nog toe finansiering van die NFVF gekry het.

Selfs ’n gevestigde rolprentvervaardiger soos Katinka Heyns vind dit onmoontlik om die departement van kuns en kultuur of die NFVF te oorreed van die meriete van haar projekte.

Haar jongste film, Die wonderwerker, wat deur kritici as een van die beste Afrikaanse flieks tot nog toe beskou word, kon slegs gemaak word nadat die DTI ingewillig het om dit te finansier.

Baie vervaardigers sê hulle doen nie eens meer moeite om die NFVF te nader nie.

“Ek lek niemand se agterent nie en het van die begin af vir geld op ’n ander plek gaan soek,” sê Paul Kruger, vervaardiger van Pretville. “Ek het al te veel stories gehoor van ouens wat sukkel om geld by die NFVF te kry.”

Kruger sê as dit nie vir die DTI was nie, het baie vervaardigers nie die paal gehaal nie.

“Hulle het streng kriteria en daarom moet jy jou eendjies in ’n ry kry. Jy lê ’n begroting voor, en sou hulle dit goedkeur, kry jy 35% terug van die geld wat jy bestee het.”

Volgens Darrell Roodt, regisseur van Jakhalsdans en Stilte, sy jongste fliek wat die naweek begin draai het, was die DTI “van kardinale belang” om dié flieks moontlik te maak.

“Dit is baie meer ingewikkeld om met die departement van kuns en kultuur en die NFVF te werk. Ek glo nie hul agenda is polities van aard nie; hulle het net soveel meer vereistes.

“Ongelukkig sal ek nie mense aanraai om daardie roete te volg nie...”

Clarence Hamilton, hoof van produksie en ontwikkeling by die NFVF, sê die stigting hou nie telling van hoeveel Afrikaanse flieks hy finansier nie. “Die NFVF het beperkte geld. Die aanvraag sal altyd groter wees as dit waarmee ons kan help.”

Amptenare van die departement van kuns en kultuur het Rapport van bakboord na stuurboord gestuur. E-posse aan minstens ses amptenare het teen druktyd nog geen antwoord opgelewer nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 15-23°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-17°C Morning clouds. Mild. Bfn: 6-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 13-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Procurement Officer

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Procurement Officer

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.