SA het groter werk hiér as om AU te lei

2012-02-04 14:44

’n Tradisionele danser, geklee in die kleure van die vlag van die Sahrawi Arabiese Republiek, dans voor die splinternuwe hoofkwartier van die Afrika-Unie in die Ethiopiese hoofstad, Addis Abeba.| Foto: Reuters/Noor Khamis

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Vroeg die afgelope week kry ek ’n oproep van ’n Suid-Afrikaanse diplomaat op pad terug van Addis Abeba, waar die Afrika-Unie (AU) sy jaarlikse beraad afgehandel het. Sy bekommernis was die Suid-Afrikaanse reaksie op wat in Addis Abeba gebeur het: Wat dink die mense hier by die huis?

Heelwat kommentators meen Suid-Afrika het ’n roeping om Afrika te lei. Die roeping is eintlik ’n verwagting onder buitelanders en bestuurders van internasionale organisasies dat ons relatief ontwikkelde status ’n verantwoordelikheid op ons skouers plaas om ander, minder geseënde lande uit armoede en onstabiliteit te help.

Hierdie kwessie broei al lankal in gesprekke oor Suid-Afrika se buitelandse en handelsbeleid. Die afgelope week se AU-verkiesingsdebakel om die voorsitterskap van die unie se kommissie het die kwessie verskerp.

Die goeie nuus is dat die AU vir die eerste keer deur Suid-Afrika gedwing is om ’n ernstige verkiesing vir die kommissie se voorsitter te hou. In die verlede het lidstate deur middel van ’n onderlinge ooreenkoms hierdie pos vir relatief onbelangrike lidstate gereserveer. Die rede daarvoor was eenvoudig: Die politieke besluitnemingsmag lê by die senior politici wat lidlande op die unie verteenwoordig – presidente, eerste ministers, en selfs monarge. Hierdie klas regeerders gebruik die unie en sy beamptes om uitvoering aan hul idees te gee.

Die Suid-Afrikaanse regering is lank­al van mening dat die AU swak bestuur word en in die afgelope jaar of twee groot foute begaan het (die unie se reaksie op die volksopstande in Noord-Afrika en die krisis in Libië is goeie voorbeelde). Hoewel die ware besluitnemingsmag by die AU se jaarlikse beraad uitgeoefen word, speel die kommissie – en sy voorsitter – ’n belangrike rol in die bepaling van prioriteite. Dit is een rede hoekom Suid-Afrika dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ’n ervare politikus met gravitas, voorgestel het as plaasvervanger vir die flou mnr. Jean Ping (wat allerweë beskou word as ’n lakei vir Franse en Chinese belange in Afrika).

Maar ons kan ook nie ontken dat die Suid-Afrikaanse regering hiermee sy meer ambisieuse buitelandse beleid ten toon gestel het nie: Om die kontinent en die ontwikkelende wêreld op politieke en ekonomiese terrein te lei.

Die Suid-Afrikaanse regering glo ons land is ’n natuurlike bondgenoot vir die Indiërs, Chinese, Russe en Brasiliane, en is op ’n permanente setel van ’n hervormde Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) geregtig.

Lande met sulke ambisies kom onvermydelik teen soortgelyke spelers op internasionale vlak te staan. Drie Afrika-swaargewigte – Kenia, Egipte en Nigerië – het die vermoë om Suid-Afrika se rol op die vasteland aan bande te lê. Al drie gaan gebuk onder ernstige huishoudelike probleme, maar ten spyte daarvan doen Nigerië baie moeite om as ’n natuurlike kontinentale leier beskou te word.

Betreffende die bevordering van Afrika se oorkoepelende belange (vrede, ontwikkeling, demokrasie) sit Suid-Afrika en Nigerië dus nie om dieselfde vuur nie, of werk nie met soortgelyke strategiese oogmerke nie, want albei mik vir die eerste prys in die interna­sionale politiek: permanente lidmaatskap van die VN se Veiligheidsraad.

Dit is om hierdie rede, asook die lomp manier waarop Suid-Afrikaanse diplomate hul kandidaat vir die AU se kommissie bemark het (om nie te praat van die onvergeeflike voortydige opskop by die beraad nie, toe dit nog onduidelik was watter kandidaat inderdaad ’n tweederde-meerderheid van die stemme ontvang het), dat Suid-Afrika nie die pyp kon rook nie en ons ware selfondersoek sal moet doen. Dit is ook wat ek vir die diplomaat vertel het in reaksie op sy vraag hierbo.

Indien daar wel konsensus bestaan dat Suid-Afrika ’n Afrika-roeping het, moet ons vra tot watter mate die land oor die vermoë beskik om so ’n ambisie te vervul en te volhou. Leierskap op hierdie vlak verg sterk individue, ’n sterk ekonomie en genoegsame hulpbronne om uitvoering te gee aan die vereistes van konflikbeslegting, vredesoperasies, projekte om vervalle en herstellende state te help, en om in die politieke en ekonomiese raadsale van die wêreld hoogs gesofistikeerde besluite te neem of te beïnvloed.

Om so ’n vraag te beantwoord moet ons die land se magsbasis krities bekyk. Die land het inderdaad ’n relatief sterk gediversifiseerde ekonomie en oorheers Afrika wat handel en belegging betref. Dit beteken Suid-Afrika is ’n nodige, maar taamlik ongewilde vennoot vir die meeste Afrika-lande, ’n feit waarmee ons moet saamleef. Die land en sy mense is wel vir miljoene Afrikane ’n toonbeeld van vooruitgang en ’n rolmodel van inklusiewe nasieskap. Dit is positief en moet ons buitelandse beleid onderskraag.
Daar is egter ander probleme. Die nasionale beplanningskommissie (www.npc.gov.za) se diagnose sê dit duidelik. Kortom, alvorens ons as een van Afrika (of die ontwikkelende wêreld) se leiers beskou kan word, of sinvol met die wêreld se invloedryke opkomende magte kan saampraat (of meeding, soos in die geval van China), moet ons ons eie huis in orde kry.

Hier is die prioriteite duidelik: armoedeverligting en die vermindering van ongelykheidsvlakke, implementering van ’n volhoubare ontwikkelingsmodel, ’n korrupsievrye regering, en die bevestiging van die demokratiese orde. Hiermee saam ’n nuwe benadering: Leer Suid-Afrikaners om op hulself aangewese te wees, eerder as om van die staat?afhanklik?te?word (en bly).

In dié opsig lyk dit my Dlamini-Zuma het ’n belangriker bydrae hier by die huis as daar doer in Addis Abeba.

Prof. Anthoni van Nieuwkerk is verbonde aan die Universiteit van die Witwatersrand se sentrum vir verdediging- en sekuriteitsbestuur.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

320d EXCLUSIVE (E90)
2009
R 269,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Hardbody 2400i D-Cab Hi-Rider PU
2004
R 124,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.