SA nie reg vir Spele se vlam

2012-08-12 00:11

Die prestasies en medalje-oes van Suid-Afrika se Olimpiese span in Londen laat ons, tereg, trots voel.

In die euforie van dié sukses wonder baie sportliefhebbers of Suid-Afrika nie wéér moet probeer om dié reuse- sportskouspel self aan te bied nie.

Die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 was immers ’n reuse-sukses en Kaapstad was ongelukkig met sy vorige bod om gasheer te wees vir die 2004-Spele.

Daar is egter ’n groot verskil tussen kyk en geniet en om die Spele self aan te bied. Daar is ook ’n groot verskil tussen die aanbied van die Wêrelbeker-sokkertoernooi en die Olimpiese Spele.

Die hele land het WB2010 aangebied en die gasheerstede het elk hul deel gedoen – met infrastruktuur, dienste vir besoekers en logistiek. Met so ’n nasionale poging is dit makliker vir die sentrale regering om ruim by te dra.

Die Olimpiese Spele word deur ’n enkele stad aangebied. Een stad is verantwoordelik vir die atletiekstadion, die fietsrybaan, die boog-, pistool- en geweerskietbane, die swembaddens en duikplanke, die gimnastieksale, die arenas vir perdesport, water vir roei en die tientalle ander sportsoorte wat elkeen die hoogste vereistes stel.

Daardie stad moet genoeg blyplek, huurmotors, vrywilligers, tolke, nooddienste en gesondheidsorg voorsien vir ’n inval van derduisende sportlui, binnelandse en buitelandse besoekers en beamptes.
Alles, van sanitasie en kragvoorsiening tot vullisverwydering en wetstoepassing, moet soos ’n Olimpiese horlosie werk.

Die enkele belangrikste vereiste is egter ’n gesofistikeerde, uiters betroubare, gerieflike, eenvoudig verstaanbare en flink vervoerstelsel. Hoe verder die sportstadions versprei lê, hoe meer kritiek raak die vervoerstelsel.

Geen voornemende gasheerstad het alles wat die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) vereis nie. Enorme bykomende beleggings in infrastruktuur, verbeterings en operasionele vermoë is nodig.

Dis tegelyk ’n enorme militêre operasie en ’n belegging in ’n mega-onderneming wat ’n gasheerstad vir twee tot drie dekades gaan bind. Dis ’n proses wat reeds jare vóór die Spele met die bodproses begin en jare daarna steeds voortduur deur die instandhouding van die stadions en ander infrastruktuur en die oes van die bemarkings- en toerismegeleenthede wat uit die Spele voortvloei.

Tensy die nasionale regering dus die aanbied van die Spele as ’n nasionale prioriteit beskou en bereid is om reuse- bedrae in ’n enkele stad te belê, kan een stad nie die kapitaal en risiko bekostig nie.

Om groot lenings te diens as die Spele eers verby is, veral as die verwagte inkomste nie gerealiseer het nie en die kostes hand uitgeruk het, is ’n nagmerrie. Die geskiedenis van die Olimpiese Spele bied talle gevallestudies van suksesse én mislukkings.

Waarom pak stede dan hoegenaamd so ’n duur, riskante en moeilike projek aan?

’n Belangrike rede is om die Spele ’n katalisator en instrument te maak om jou stad se ontwikkelingsdoelwitte te verwesenlik – in terme van infrastruktuur, verbeterings, sosiale en ekonomiese ontwikkeling, beter ruimtelike beplanning, geriewe en dienste.

Barcelona en Beijing is goeie voorbeelde. Hulle het presies geweet waarheen hulle op pad is en hoe die Spele hulpbronne, energie, beplanning, politieke en bestuurswil en geldelike bronne kan belyn (amper soos die planete!) om dit in aksie en tasbare resultate om te skakel.

Die nalatenskap van die Spele is die werklike toets van sukses. Die vooraf-belangstelling en opwinding van die voorbereiding, die gebeurtenis self, die miljarde televisiekykers en die miljoene besoekers gaan verby. Ná die tyd kom die ouditeure, kritici en ontleders om die werklike sukses, gemeet aan volhoubare ontwikkeling, werkskepping, beleggings, groei, kostes en voordele te meet.

Die Spele is ook ’n ongelooflike bemarkings- en publisiteitsgeleentheid – van die begin van die bodproses, tydens en jare ná die aanbied van die geleentheid. Daar is wêreldwye nuuskierigheid en mediabelangstelling. Dit is hoekom jy baie ervare, kundige, ingeligte en beskikbare inligtingsbronne en mediawoordvoerders in die geledere van die organiseerders en al die rolspelers nodig het.

Al die kwelvrae oor kostes, tydskale, vervoer, veiligheid en logistieke reëlings sal kom. Jy is óf gereed, bekwaam en altyd beskikbaar om dit te beantwoord óf swak publisiteit is jou voorland.

As die wêreld se televisiekameras op jou gerig is, is dit ’n wonderlike geleentheid om jou beste voet voor te sit. Jy is ook baie kwesbaar – dit kos net een terreuraanval of voorval waarin toeskouers beseer of dood is en dit bly die etiket van daardie Spele.

Sokker bly kykers se gunsteling-sport. As jy al die televisiekyk-geleenthede in die wêreld bymekaartel (een kyker se talle kere), was die kumulatiewe kykertal vir die Spele in Beijing 6?miljard mense. Vir WB2010 was dit 26 miljard!

Moet Suid-Afrika dus die Olimpiese Spele aanbied? Na my mening nie nou nie en nie gou nie.

Ons moet ons eerder toespits op na­sionale en internasionale byeenkomste wat bestaande geriewe kan benut met min of geen aanpassing, wat minder riskant en duur is en ’n goeie opbrengs op belegging, werk en doelwitte bied.

Beplan jou stad en land se sosio-ekonomiese doelwitte deeglik en vind die byeenkomste wat inpas by jou stad en land se unieke eienskappe (Kaapstad het berge, oseane en natuurskoon wat goed werk vir buitelugsport soos padwed­lope, seiljagvaart, swem en fietsry).

Gebruik jou ervaring, suksesse, lesse en mislukkings as boublokke vir groter dinge. Skerp jou operasionele vernuf in ingenieurswese, beplanning, logistiek, projek- en risikobestuur op, maak baie (en konserwatief) seker van jou finan­siële sake- en finansieringsmodel en beplan veral deeglik vir die nalatenskap. Dís die ware toets.

Pieter Cronjé was die Stad Kaapstad se kommunikasiedirekteur en -woordvoerder en was vyf jaar lank by die Wêreldbeker-sokkertoernooi van 2010 betrokke. ­Hy is tans ’n onafhanklike konsultant wat Brasilië en Mordowië (’n republiek binne die Russiese Federasie) adviseer oor die Wêreld­beker-sokkertoernooie van 2014 en 2018.


Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Sunny. Mild.
Jhb: 6-14°C Sunny. Cool. Bfn: 3-18°C Sunny. Mild.
Dbn: 11-22°C More sun than clouds. Cool. PE: 9-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!