Sensuur móét ons bekommer

2012-10-28 00:01

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Een oggend in Mei was Liza Essers, eienaar van die Goodman-galery, nog met kraamverlof. Daardie middag was sy in die middel van ’n nasionale krisis. Die vloedgolf van woede oor Brett Murray se The Spear het uitgeloop op massa-betogings, hofaansoeke, doodsdreigemente en vandalisme.

Toe die appèltribunaal van die Rolprent-en-publikasieraad (FPR) onlangs die ouderdomsbeperking van 16 op The Spear ophef, was dit die einde van ’n ongelooflike reis van die absurde.

­Essers sê sy het net een emosie gehad: verligting.

En oorwinning? Regverdiging?

Nee, verlígting. Nie vir ons galery nie, maar vir kuns en kultuur in Suid-Afrika. Ons regstelsel het ons demokrasie nie in die steek gelaat nie.

Dink jy spraakvryheid is geknou?

Nee, waarskynlik nie, dank vader, want ons appèl het geslaag.

Die kommer oor sensuur strek wyd en ons behóórt bekommerd te wees.

Maar ek dink daar is tog ’n mate van optimisme en hoop... Hoe weet ’n mens egter of daar nie ander sensuurpogings sal kom nie?

Is kunstenaars nou bang om te waag?


Ek sou hoop kunstenaars is dapper genoeg om nie selfsensuur toe te pas nie. Kontemporêre kunstenaars se stemme is uiters belangrik; hulle is die barometers van ons samelewing.

Dis húlle wat ons ’n blik bied op waar ons as samelewing ons bevind.

Maar as kunstenaar moet jy ook verantwoordelik optree.

Verantwoordelik genoeg om kulturele sensitiwiteite in ag te neem?

Aanvanklik het ek my nie werklik gesteur aan kulturele sensitiwiteite nie.

Die uitstalling was eers in die Kaap en daar was geen reaksie nie, so ek het niks verwag nie.

My eerlike mening is dat die ANC die galery en kuns gebruik het as ’n politieke speelbal. Wat hulle gedoen het, was ongelooflik gevaarlik. Hulle het gefabriseerde woede en haat gestook en ek dink dit was uiters onverantwoordelik. Bygesê, as ’n klomp mense weens kulturele onsensitiwiteite werklik seergemaak en verneder voel, moet jy erkenning gee daaraan.

Hoe het die debakel jóú geraak?

Erg. Dit het ’n groot impak op my persoonlike lewe gehad. Ek het ’n ses weke oue baba by die huis gehad en skielik was ek toegegooi onder doodsdreigemente. Die woord traitor is op een van ons swart kurators se motor geverf. Dit het ontaard in ’n aaklige raskwessie, terwyl kuns die platform behoort te wees vir versoening, genesing; vir groei, vir dialoog. En dís wat my werklik hartseer gemaak het. In die apartheidsjare was die Goodman-galery by uitstek ’n ruimte vir aktivisme. Dié struggle-erfenis is misken. Dit is vir my ’n klap in die gesig.

Maar dit het my nié bang gemaak vir sensuur nie. Inteendeel. Ek is verbind tot kontemporêre kuns, asook die unieke rol daarvan in ons samelewing.

Kontemporêre kuns se aard is kontroversieel; dit ontlok debat.

En die toekoms?

Ek sal aangaan om hierdie werk ordentlik te doen. Die feit dat ons appèl geslaag het, herbevestig die galery as ’n ruimte vir kunsaktivisme.

Ek beskou dit as ’n kritieke presedent vir die toekoms van visuele kuns in Suid-Afrika.

Hanlie Retief het met Essers gesels.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 10-22°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-21°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.