Small se stilte sê iets

2012-09-01 23:53

Francois Cleophas staan agter langs Adam Small. Voor: Ashley Cleophas, Jasmine Binnedel (Cleophas) en John Cleophas.

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Ek en my sibbe noem hom Uncle.

Trouens, selfs Adam Small se ma, ouma Tiema, het só na hom verwys as ons oor hom gepraat het: “Wat skryf jou uncle in die koerant?” sou sy vra.

Toe ek onlangs vir Uncle gaan hallo sê, was dit die eerste keer in 25 jaar dat ons hand geskud het (ons sien mekaar darem deesdae bietjie meer gereeld as dit...)

Die laaste keer was in 1987 toe ek my BA-graad ontvang het. Sy woorde aan my daardie dag onthou ek nog goed: “Geluk met jou eerste graad.” Daardie eerste graad was aan hom te danke.

Maar dit daar gelaat...

Maartmaand se handdruk was om Uncle geluk te wens met die Hertzogprys, seker die grootste erkenning wat ’n “Afrikaanse” (met apologie gesê) kunstenaar te beurt kan val.

Soos ek verwag het, het hy net daardie (wat André Brink noem) “stil glimlaggie” gegee. Iewers, ek meen dit was in The Argus jare gelede, was daar ’n koerantberig wat daarna verwys het as “the Small guffaw”. Ek het dié berig as ’n jong seun uitgeknip en jare lank op my slaapkamermuur (langs ’n foto van Jesse Owens) geplak gehad.

Tydens ons ontmoeting het daar ’n stortvloed gedagtes deur my kop gegaan.

Ek het onlangs ’n artikel geskryf oor die familiegeskiedenis van die Smalls en op ’n simposium voorgedra.

Tydens my navorsing het André Brink in sy onderhoud met my gesê: “Dit is ’n skreiende skande dat Adam Small nog nooit die Hertzogprys ontvang het nie.” Daar was ook mense op die simposium wat gemeen het die Hertzogprys verdien nie vir Adam Small nie.

Dit laat my wonder of die voortbestaan van die Hertzogprys in gedrang sou gekom het indien Uncle nie die prys aangebied is nie?

Dit alles laat my net weer besef watter great ou my Uncle is.

En ons wat hom al die jare lank ken, weet ook dat die Hertzogprys nie eens sy grootste greatness is nie.

En terwyl die gevegte oor die toekenning van die Hertzogprys aan my Uncle voortgewoed het in die weke ná die aankondiging, het ek my pal herinner aan Brink se woorde: “Daar is geen kruheid in hom nie.”

Trouens, Ray Jonathan, ’n ou familievriend, het dieselfde van sy pa, John Small, gesê. En auntie Nellie Cavernelius het dieselfde gesê van haar oupa, Adam.

Baie mense wonder en vra oor Uncle se stilte en die feit dat hy nooit iets sê nie.

Vroeër vanjaar kuier Lilian, ons niggie van Kanada, hier en ons twee besoek hom.

Ek reken hy het tydens daardie besoek seker nie meer as 20 woorde gesels nie, maar in daardie stilte kon ek luister, en die kere dat hy wel gepraat het, was dit gevatte opmerkings.

Ek onthou in sy voorkamer was daar ’n portret wat iets soos volg gelui het: “As almal praat, maar niemand luister...”

So was Uncle die laaste tyd stil (om watter redes weet ek nie), maar sy stem was daar vir my (en vir ander, as hulle net wou luister).

Ek kan dit sê, want ek onthou sy stem van vroeër by sy voordeur; soms in sy upstairs-studeerkamer; soms in die kar op pad UWK toe; soms in die kombuis by ouma... daar waar ek as jong kind met hom grootmenstaal gepraat het oor die digkuns, politiek, godsdiens en ander goed wat ek al vergeet het. Hoewel ek nou my eie stem as grootman het, luister ek (hoewel nou met ’n meer kritiese oor) na sy stilte.

Dit is ’n stilte wat Oupa ook gehad het. Oupa wat nooit as skoolhoof die rottang gebruik het nie. Dieselfde stilte wat oupa Adam, die Sondagskoolonderwyser van Wellington se NGSK, gehad het en soos auntie Nellie Cavernelius sê: “Hy het net gepraat wanner hy moes gepraat het.”

Dit is seker dieselfde stilte wat “ounooi De Villers” (wat haar naam kon skryf), Uncle se oumagrootjie van Terracestraat 23, Wellington, gehad het.

Ek is seker Uncle luister na ál die stemme wanneer hy “praat wanneer hy moet” oor sy besluit om die Hertzogprys te aanvaar of nie.

Dr. Francois Cleophas is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 12-18°C Sunny. Mild. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 3-15°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-16°C Morning clouds. Refreshingly cool.
Dbn: 9-22°C Broken clouds. Mild. PE: 9-18°C Showers late. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Locum GP

Soweto
Michelle Gerber T/A Radstaff
R300 - R380 Per Hour

Admin Secretary/Receptionist

Cape Town
R 4 U Recruiters
R9 500 - R11 000 Per Month

Internal Sales Consultant

Hatfield
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R28 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot R2000 op die gewildste elektroniese ware

Kry elke dag besparings wat jou kop sal wegblaas op die gewildste elektroniese ware. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!