Sokkiejol teen die verlange

2012-11-17 23:51

sokkiejol s.nw. (studentetaal). Dansparty van meestal jong mense waar hulle oorspr. sonder skoene gedans het. ­Samestelling van sokkie en jol, so genoem omdat die dansers kaalvoet of met sokkies aan dans om die houtvloere van die studentesale te beskerm.
Etimologiewoordeboek van Afrikaans, G.J. van Wyk.


Die klubhuis van die Groenpunt-rolbalklub het laas Saterdagnag byna tot op die grond afgebrand. Giggel gerus, maar vir baie van die oumense in die streek is dit ’n groot deel van hul sosiale lewe.

Binne ’n uur het die binnekant, die hart van die plek, ingevou. Net leë murasies het van die 100-jarige gebou oorgebly.

Ooggetuies praat van vlamme wat tot teen die donker hemele gelek het, vensters het ontplof, een ná die ander, al rondom die struktuur.

Toe die kroeg en gasoonde begin brand, het dit soos ’n oorlogsone geklink, met die klank van glas en gas wat soos masjiengewere die nag in geknetter het.

Bejaardes wat oorkant die klub woon het huilend in die nag gestaan en mekaar omhels, koppe wat bewe, lyfies wat ruk.

Wag, as jy dink haai siestog, dis hartseer, dink weer. Die volgende môre toe ek gaan kyk, toe staan daar ’n hele groep oues, vars en vrolik, besig om té lekker te kekkel en kraai.

’n Statige dame het tee en komkommertoebroodjies aangedra en daar is in ’n japtrap planne beraam vir die pad vorentoe.

“Die gebou is daarmee heen, maar die pragtige groen grasperke is glad nie beskadig nie,” het een tante, wat al diep in die 90 lyk, hees gekwaak.

Trouens, ek sien haar al dekades hier in Groenpunt, sy lyk al jare nog dieselfde. Dalk is die liewe skilpad nóg ouer.

Wraggies, die volgende dag sien ek ou Gert Stern, ook al geruime tyd baie lank in die tand, met ’n rooi gebrande gesig. “En dié beetbakkies?” vra ek.

Nee, hy kom nou net van rolbal af, blaf hy. Soos hulle in Engels sê: “The mouth hangeth open.” Een nag is dit nog armageddon en ’n gehuil, en dan tjoef-tjaf herrys al die gryses uit die ashope, klubhuis ofte not.

Hoe pas ’n sokkiejol dan nou hierby in? In die klubhuis was daar ’n dansbaan wat op sekere aande aan alleenlopers uitverhuur is. Teazers het boeremusiek gespeel en dan het die eensames gelangarm en gesokkie-sokkie.

Marta, ’n middeljarige kelnerin wat van ’n plaas in Namibië Seepunt toe getrek het, het my daarvan vertel. Sy het alleen in die stad aangekom en bitter min mense geken.

Sy is inkennig van geaardheid, groot, sterk soos ’n boervrou van ouds. “Ag,” sê sy, “as ek verlang na my mense en hul musiek, dan gaan ek na die sokkiejol. Dan dans ek so lekker dat dit vir my voel ek is weer by die huis.”

Dit is nie die oumense, liewe leser, wat ’n mens met patos vul nie. Dis hierdie jonger ontheemdes van die metropool wat nou sonder ’n dansbaan sit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

René Mouton Laan sê... Wat 'n heerlike berig om te lees! Aanmekaar gesit soos een van PG se stories self. Mag hy nog lank vir lesers gespaar bly. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 16-18°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-19°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 18-29°C High level clouds. Pleasantly warm. PE: 12-19°C Showers late. Mostly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.