Kaapstad

Vrydag

Sunny. Mild.

13°C
24°C

7 day forecasts

Steeds 100% Zoeloe ­

2010-03-06 16:21

Hand van vriendskap: pres. Jacob Zuma neem Vrydag afskeid van Koningin Eluzabeth II op die laaste dag van sy veelbesproke staatsbesoek aan Brittanje. Foto: Matt Dunham-Pool

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Halfpad deur pres. Jacob Zuma se toespraak by ’n seremoniële aandete Donderdagaand het talle van die 700 gaste ontevrede begin murmureer.

Zuma, uitgevat in ’n manelpak en wit das, was besig om die elite van die City of London toe te spreek in die Guildhall, een van dié deftigste Britse sale buite die koninklike paleise.

’n Mens sou dink dat Zuma as trotse tradisionalis heeltemal tuis gevoel het in dié tempel van kapitaal. Begelei deur trompetgeskal het die city-establishment in hul massas in hul eie tradisionele drag vir die banket opgedaag. Zuma is verwelkom deur die Lord Mayor en ’n reuse-komitee van hoogwaardigheidsbekleërs wie se eksotiese pluimvere selfs ’n Zulu-impi op­draand sou gee.

Ten spyte van die stywe geleentheid is Zuma se toespraak nie een nie, maar twee keer onderbreek deur ’n gemor. Sommige gaste het selfs met hul vuiste op die tafel begin trommel.

Enigeen wat die gebeure uit die galerye gadegeslaan het en nie die toespraak kon hoor nie, sou waarskynlik afgelei het dat Zuma teruggekeer het na die relletjie tussen hom en die Britse poniekoerante wat die begin van sy besoek so ontsier het.

)))))))))))))))))

In hul tipies oneerbiedwaardige en polities inkorrekte manier het verskeie koerante ’n frontale aanslag op Zuma se poligame leefstyl geloods.

Sommige het selfs gesuggereer dat hy nie welkom is nie en onregverdige vergelykings getref met ander omstrede staatsbesoeke deur leiers soos Robert Mugabe en die Roemeense tiran Nicolae Ceausescu.

Terwyl die redakteurs seker gedink het dat sulke burleske kommentaar net ’n bietjie onskuldige pret is, het dit ’n vloedgolf rassistiese gal op die internet tot gevolg gehad, die president se personeel mateloos ontstel en ’n skerp reaksie van Zuma self ontlok wat net die vure verder aangestook het.

So wat wás die bron van die ongelukkigheid in die Guildhall? Het Zuma protokol verbreek en sy gashere herinner aan Britse koloniale wandade? Of, gevaarliker, gegee die groot aantal finansiële ringkoppe in die gehoor, het hy weer die gevaarlike n-woord, nasionalisering, ge­uiter?

)))))))))))))))))

Die antwoord op albei vrae is genadiglik nee. Zuma het dit eerder gewaag om te erken dat hy ’n Liverpool-ondersteuner is. En om so te doen in die tuisstad van Chelsea, Arsenal én Tottenham is natuurlik om jou eie dood te soek.

Ek fokus op dié relatief lighartige insident om te illustreer hoe die atmosfeer rondom Zuma se staatsbesoek die afgelope week al hoe meer ontspanne geraak het ná ’n ongetwyfelde ongemaklike begin.

Brittanje ontvang net twee staatsbesoeke per jaar. Dit is die geleentheid vir die departement van buitelandse sake om Britse pomp and ­ceremony te gebruik om politieke en kommersiële bande te versterk.

Die keuse van die besoeker is die onderwerp van reuse-wroeging en binnegevegte in Whitehall.

Dit is dus ’n besondere eer vir Suid-Afrika en Zuma dat hy ’n staatsbesoek gegun is minder as ’n jaar nadat hy president geword het. Daar is baie staatshoofde van lande met ekonomieë net so groot soos Suid-Afrika wat al baie langer in die ry staan vir die geleentheid om ’n paar nagte in Buckingham-paleis oor te bly.

)))))))))))))))))

Dié besoek was egter van groot belang vir albei lande. Vir Pretoria was dit ’n broodnodige internasionale erkenning van Zuma ten spyte van al sy skandale.

Vir Brittanje was dit ’n geleentheid om aan die nuwe regering te wys dat hulle gretig is om noue bande te handhaaf.

Met China en ander ontwikkelende lande wat hul bande met Suid-Afrika versterk is Westerse sakelui en diplomate nou aan’t wakker skrik vir die gevaar wat dit inhou vir hul verhouding met hul belangrikste vennoot in Afrika.

Met Beijing wat ’n meer selfversekerde rol op die wêreldverhoog begin speel, hoop Britse amptenare dat Suid-Afrika ’n brug tussen China en die Weste kan slaan.

)))))))))))))))))

Op die laaste oomblik het Zuma se liefdeskind en Julius Malema se opruiende opmerkings oor nasionalisering egter al die versigtige voorbereidings vir dié besoek in chaos gedompel.

Die hoop dat die Britse pers sal fokus op Zuma se pragmatiese kabinetsaanstellings het in die niet verdwyn. Dinsdag het ek in ’n artikel in die Financial Times voorspel dat sommige kommentators die besoek as ’n komiese opera sal sien en Zuma gewaarsku om hom te staal vir tipiese Britse nudge-nudge, wink-wink opskrifte.

Dit is presies wat gebeur het. Of dit die poniekoerante se vyandige dekking was of die nagevolge van ’n lang vlug, maar Zuma het Dinsdagmiddag baie ongemaklik gelyk tydens sy eerste perskonferensie in Park Lane se Dorchester Hotel.

Ná ’n paar mak openingsopmerkings het hy taamlik vaag gereageer op ’n vraag oor sy regering se posisie oor nasionalisering.

Dis toe dat ’n uitgeslape korrespondent van The Star in Johannesburg gedoen het wat enige joernalis in dié omstandighede sou doen en die vlamme wat die Britse poniekoerante reeds aangesteek het, verder aangeblaas deur Zuma se reaksie daarop te vra.

)))))))))))))))))

Miskien het sy raadgewers hom geadviseer om dit af te lag. Die president het egter verkies om te suggereer dat sommige Britte steeds ’n koloniale lewensuitkyk het.

“Toe die Britte na ons land gekom het, het hulle gesê alles wat ons doen was barbaars, verkeerd en ondergeskik in elke opsig,” het hy teruggeskiet.

Binne ure het die ANC en die Jeugliga ook hul eiertjie gelê en regse Britse kommentators het begin praat van ’n “diplomatieke storm” en dit het begin lyk asof dit die besoek gaan oorskadu.

Dit was egter die laagtepunt. Toe die Zumas eers op pad was na die paleis het die media-aandag verskuif na die swier.

Die BBC World Service het selfs direkte beelde uitgesaai van die eerste tien minute van Woensdag se staatsbanket by die Buckingham-paleis.

Donderdagaand het Zuma een van die meer selfversekerde voorbereide toesprake gelewer wat ek hom al gehoor maak het. Hy het selfs sy bontpratery oor Malema se oproep tot nasionalisering laat vaar en gesê nasionalisering was nie regeringsbeleid nie en dat niks hieroor verander het nie.

)))))))))))))))))

Toe my vrou ná sy toespraak aan Zuma vra hoe sy aan ons seun, ’n Chelsea-ondersteuner, moet verduidelik waarom hy vir Liverpool skreeu, was Zuma sy ou self en het met ’n vonkel in die oog verduidelik dat dit ’n “historiese ongeluk” is.

Suid-Afrikaanse amptenare moet hulle egter nie laat mislei nie. In Brittanje word die probleme in die ANC-alliansie steeds fyn dopgehou en heers daar steeds diep ongemak oor die Malema-fenomeen.

Uiteindelik was dit wat staatsbesoeke altyd is: ’n Kleurryke afleiding van die drama van binnelandse politek en, soos Suid-Afrikaners maar alte goed weet, is dié drama op die oomblik baie intens.Russell is die wêreld-nuusredakteur van die Financial Times in Londen en skrywer van die boek After Mandela – The Battle for the Soul of South Africa.

- Rapport

Lewer kommentaar op dié storie


Jou naam
*
E-posadres
*
Kommentaar
*
 
 
 

binne rapport

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-24°C Sunny. Mild. Pta: 8-19°C Afternoon clouds. Cool.
Jhb: 5-16°C Mostly sunny. Cool. Bfn: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 14-21°C More sun than clouds. Cool. PE: 12-20°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Programmer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Tester

Gauteng,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Java Developer

Gauteng,Gauteng - Johannesburg,KwaZulu Natal - Durban,Western Cape - Cape Town
Hire Resolve

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Clio III 1.4 Expression 5-dr
2007
R 109,995.00

TOYOTA

Yaris T3 Sedan 1.3 Plus
2008
R 129,990.00

TOYOTA

Corolla 1.8 Exclusive
2009
R 215,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

KALK BAY

House R 13 000 000

MOSTERTSDRIFT

House R 16 000 000

SCHOONGEZICHT

House R 1 900 000

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.net - doen vandag jou inkopies aanlyn

Lae pryse op Boeke!

Miljoene titels om van te kies. Spaar nou tot 40%!

DVD's vir R129.95 Elk

Kry al die topverkopers en nuwe vrystellings vanaf R129.95 nou! 100e DVD's om van te kies.

Koop jou UNISA & Akademiese Teksboeke & WEN Groot

Koop enige teksboek van kalahari.net en 50 gelukkige lesers sal 'n R100-koopbewys elke dag van Maandag die 19de tot Saterdag 31 Julie wen.

Vuurwarm Musiekvrystellings

Kry jou gunstelingalbum van die musiekwinkel. Lae pryse op ALLE albums.

Tot 20% af op Elektronika

Besoek die Elektroniese winkel vir die nuutste produkte en toebehore. Fantastiese aanbiedings op handelsnaam-produkte.

Vandag se beste aanbod!

Die Warmste Nuwe Vrystellings

Nou net R129.95

Bestel jou gunsteling flieks en betaal slegs R129.95!

iPods, Wii, toebehore, sonbrille, horlosies & meer by www.kalahari.net!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...