Stralers mik na St. Helena

2013-02-23 23:05

Jamestown, die “hoofstad” van St Helena | Foto: Floris van der Merwe

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Op 28 Februarie 1900, Donderdag presies 113 jaar gelede, het genl. Piet Cronjé met 4?500 man by Paardeberg oorgegee.

Die Britte was uiteraard hoogs tevrede met dié militêre welslae – saam met die ontsetting van Ladismith hul eerste groot sukses in die oorlog – maar wat doen jy met so ’n klomp gevangenes?

Ná ’n aantal ontsnappings uit krygsgevangekampe by Simonstad en Groenpunt het die Britse owerheid besluit om hulle op ’n vulkaniese eiland, 2 700 km van Kaapstad, te gaan aflaai.

En só het die eiland St. Helena sy plek ingeneem in baie Afrikanerfamilies se kollektiewe geheue.

Aan die einde van verlede jaar het die Suid-Afrikaanse konstruksiemaatskappy Basil Read begin bou aan ’n aanloopbaan op St. Helena – ’n ontwikkeling wat, so word gehoop, besoekersgetalle na die eiland sal opstoot van minder as 1 000 per jaar tot meer as 29 000.

Gereelde vlugte en beter besoekersgeriewe sal sekerlik baie mense wie se Boere-voorsate eens daar aangehou is, aanspoor om St. Helena te gaan besoek.

Die eerste skip met Boere-krygsgevangenes, die SS Milwaukee, met 514 gevangenes, het op 5 April 1900 by St. Helena aangekom. Onder hulle was Cronjé, sy vrou en hul kleinseun. Teen 10 Februarie 1902 het die getalsterkte aangegroei tot 5 860.

Die eerste kamp is op een van die min gelyktes, genaamd Deadwood, opgerig. Dit was binne sigafstand van Longwood- huis, waar Napoleon Bonaparte van 1815 tot sy dood in 1821 aangehou is.

Die krygsgevangenes moes die nege kilometer van die hawe in Jamestown na die kamp te voet aflê. Dit is so bergagtig dat een van die Boere opgemerk het dat hulle nou ’n wêreld ervaar waar alles opdraande is en waar niks afdraande is nie. Dit het hulle drie uur geneem om Deadwood te bereik.

Teen middel-Januarie 1901 was die Deadwood-kamp oorvol en moes daar ’n tweede kamp geopen word. Dit was sowat agt kilometer na die westekant van die eiland en is Broadbottom gedoop.

Cronjé en sy gesin het in ’n huis genaamd Kent Cottage gewoon, terwyl genl. Ben Viljoen en sy adjudant Myrtle Grove gehuur het. Hulle het later na Rose Cottage, naby Sandy Bay, verskuif.

Tydens hul verblyf daar het die krygsgevangenes ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van die eiland. Van hulle het gehelp om die paaie in stand te hou; sommige het ’n pad en die seewering om die West Rocks gebou om sodoende land van die see te herwin.

’n Groepie krygsgevangenes het ook die hout van 200 trappe (van die 699) van Jacob’s Ladder – ’n láng trap teen die heuwel bokant Jamestown – deur sement vervang.

Dié leer het Jamestown met Fort Knoll verbind, maar dit was ook ’n gerieflike kortpad vir die gevangenes van Broadbottom wat op parool die dorp wou besoek. Krygsgevangenes op parool het graag Sandy Bay besoek, waar hulle kon swem en visvang.

Rofweg tussen die twee kampe was ’n Boere-begraafplaas. Uit die groot getal gevangenes is net 179 oorlede en hulle is daar by Knollcombe begrawe.

Die grafte is net genommer, maar ’n gedenkteken van rooi graniet toon die grafnommers, die name en ouderdom van die gestorwenes.

Die oudste was 74 jaar en die jongste 16.

Hierdie gedenkteken (asook die omheining van die begraafplaas) is deur die krygsgevangenes opgerig. In 1913 het die Suid-Afrikaanse regering ’n tweede gedenkteken langs die eerste opgerig, maar dit bevat net die name en ouderdom.

Die dorpie Jamestown met sy sowat 800 inwoners is ’n ware juweel en mens kry die gevoel dat die tyd daar stilgestaan het.

Die landingstrook wat nou gebou word en die vyfsterhotel wat in die vooruitsig gestel word, sal gewis dinge verander.

Hopelik nie te veel nie!

Floris van der Merwe is ’n sporthistorikus van Stellenbosch.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 16-26°C Sunny. Warm. Pta: 12-21°C Showers early. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 8-18°C Morning clouds. Mild. Bfn: 8-21°C Broken clouds. Mild.
Dbn: 14-22°C More sun than clouds. Mild. PE: 13-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Escape winter, head to Mauritius

Escape winter by spending 7 nights in Mauritius' tropical bliss from R13 215 per person sharing. Includes return flights, airport transfers and accommodation.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Storieman Omnibus 6

Storieman 6 van Leon Rousseau. Beskikbaar 30 April. Plaas jou voorafbestelling nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

kalahari.com se #1 topverkoperproduk

gobii se e-leser + GRATIS muurlaaier en kunsleeromhulsel nou R599, bespaar R340. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe boekuitreikings!

Kom loer na die opwindende boeke wat ons so pas uitgepak het. Titels sluit in David & Goliath van Malcom Gladwell, The Goldfinch van Donna Tartt en nog baie meer. Koop nou!

DVD’s vir minder as R100

Kry hierdie epiese trefferflieks vir minder as R100. Titels sluit in Frozen, Despicable Me 2, About Time, The Animal Communicator en nog baie meer. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!