Swart, vroulik, in die opposisie... én passievol

2010-09-04 15:10

Pat Lebenya-Ntanzi en Anele Mda

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Anele Mda

“Dit was g’n blaps dat ek in Bizana in die Oos-Kaap gebore is nie – aktivisme is in die water.”

Me. Anele Mda, jeugleier van die Congress of the People (Cope) en LP, kom van die klein, landelike dorpie waar Oliver Tambo gebore is én waar Nelson Mandela met Winnie Madikizela-Mandela getrou het.

“Dis ’n nederige begin, maar jy word vroeg reeds herinner aan al die geseënde, ruwe diamante met sterk familiebande wat in dié plek gevorm is.”

Mda is 32 jaar oud, waarvan net die laaste drie jaar nie toegewy is aan die ANC nie, maar die omstrede wegbreek-party.

Die ANC het verander, sê sy.

“Daardie is nie ’n eerlike spul nie. Ek kon myself nie verder daarmee vereenselwig nie. Cope is waar ek hoort.”

Sy sê dit met oorgawe, maar voeg by haar party het probleme. Mda en van haar kollegas kan moontlik herroep word. Sy sal egter gaan waar sy nodig is.

“Kyk, ek was nog altyd stout – darem nie Yizo Yizo-stout nie,” korrigeer sy vinnig.

Dié TV-program handel oor dwelms, seks en misdaad onder die jeug.

“Ek het nog altyd my sê gesê. En ek is nie ’n groepie-meisie nie. Ek volg nie die meerderheid omdat die meerderheid hulle volg nie.”

Haar uitgesprokenheid het daarvoor gesorg dat sy in die eerste bestaansjaar van Cope geskors is. Sy het ’n mede-LP ’n wit teef genoem.

Tog probeer sy altyd onthou, veral in tye van konflik: Boelies word ook geboelie.

Lindiwe Mazibuko

Sy talm nie. Praat dadelik. “Dis tyd om te regeer.”

“Ek praat ook nie net van provinsiale regering nie. Ek praat van nasionale regering,” sê Lindiwe Mazibuko terwyl sy haar iPod laai, ’n vietse skootrekenaar afsluit en haar slimfoon op “stil” stel.

Mazibuko is op 30 een van die jonges in die grootste opposisieparty, die Demokratiese Alliansie (DA).

Sy is in haar woorde nog ’n nuweling op die parlementêre verhoog wat besig is om haar eerste wet te skryf. LP wees is haar eerste werk.

Sy is ook nasionale woordvoerder vir die party – oor alles. Een van haar voorgangers in dié kernpos was Helen Zille.

“Ek is swart, maar wat beteken dit?” vra sy. Sy is ook die enigste vrou in dié verhaal wat vra waarom swart vroue in die opposisie enigsins ’n geselspunt is.

“Die ANC se manier om kleur as grondslag vir diversiteit te gebruik is ’n growwe herhaling van die verlede. Hulle herhaal eintlik ons sondes. Dit doen niks om ons wêreld te verander nie. Jy leer net om stereotipes te vertrou. Dis nie cool nie.”

“Kyk na regstellende aksie – miskien moet die wyse waarop ons dit toepas, hersien word. Ek en Tim Harris [’n mede-Durbaniet en DA-kollega] het al twee met voorregte grootgeword. Gereis ná skool – hy deur Afrika en ek deur Europa. Ons is toegerus met middele en in staat om ons eie toekoms te bou. Mi­skien moet regstellende aksie eerder vra of ék dit nodig het of nie. Nie oor ek swart is nie.”

Sy het retoriek en politiek gestudeer, en kan ook Frans praat.

Politiek is harde werk, sê sy, en soms val die bodem uit.

“Elke werk het maar sy ding. Myne is ’n elfder-ure soort werk. Wanneer dinge gebeur, is dit belangrik, en jou sosiale ­lewe ly.”

Sy dink ’n bietjie.

“Ek voel sleg, want vriende en familie het nou maar vir lief geneem hulle moet by mý dagboek inpas as hulle my wil sien.”

Mavis Matladi


“Daar is geen plek waar ek gelukkiger is as in die komiteekamer nie,” blom Mavis Matladi (52).

Sy is die parlementêre leier en sekretaris-generaal van die United Christian Demo­cratic Party (UCDP).

Matladi het ’n meestersgraad in hoër onderwys en het doodgelukkig gedoseer totdat sy om “lawwe redes” die politiek betree het.

Sy vertel toe Bop in 1994 geval het, is mense gekruisig weens hul ondersteuning van die tuisland.

“Mense het hul werk verloor of kon nie bevordering kry nie omdat hulle nie ANC-ondersteuners was nie, en hulle is uitgekryt as moeilikheidmakers.”

Haar eie man was tien jaar lank werkloos.

“Hartseerdinge het gebeur,” sê dié ma van drie.

Matladi het deur die week klasgegee en naweke opleiding verskaf aan minderbevoorregte vroue en só, met steun van voetsoolvlak, het sy en ander in haar party dr. Lucas Mangope oorreed om aan die nuwe Suid-Afrikaanse bestel deel te neem.

Sy is nou ’n bietjie meer as ’n jaar in die parlement.

Tot groot verleentheid vir en irritasie van ANC-LP’s is Matladi verlede maand aangewys as leier van die vrouekoukus in die Pan-Afrikaanse Parlement (PAP).

Sy is snedig in die gange van die parlement toegesnou “leier” is tog net ’n voorsitter. Dit pla haar min.

Sy het in elk geval groot planne vir die PAP.

“Ons moet ’n behoorlike wetgewer word as ons die PAP wil red, anders gaan dit net ’n stille dood sterf.”

Hopelik werk daardie planne beter as haar planne om te oefen.

“Ek koop gedurig oefenmasjiene met die beste voornemens. Nou staan hulle net die huis vol!” lag sy.

Pat Lebenya-Ntanzi

Patricia Lebenya-Ntanzi, IVP-LP, het vroeër die middag ’n voorstel in die Na­sio­nale Vergadering (NV) gedoen oor die babas wat dood is gedurende die staatsdiensstaking.

Sy het dit baie kalm gelewer, maar nou – terug in haar kantoor – is sy opnuut ontsteld. “Dit skok mens. Ons het tog vandag opsies. Hoekom doen mense nog sulke aaklige dinge?”

Sy stoot die boeke en papiere voor haar rond?–?sy is ook ’n student aan ­Unisa.

“Opposisiepolitiek is nie altyd maklik nie. Dis ’n getalle-speletjie. Dit maak nie saak hoe goed jou party hom van sy taak kwyt nie; jy is altyd in die minderheid. Maar dit beteken nie jy kan nie jou standpunte opper nie.”

Pat, soos kollegas haar ken, is op 33 die leier van die IVP-jeugbrigade en het in 2006 by die parlement kom deelneem aan ’n jeugparlement. ’n Jaar later het sy LP geword.

Sy is allerweë bekend as een van daardie mense wie se kop nooit ophou werk nie – sy is byna hiperaktief van ywerigheid – en sy bly gefokus.

“Noudat ek daaraan dink; ons het twee jaar gelede laas ’n jeugparlement gehad. Ek sal aan die speaker [mnr. Max Sisulu] moet skryf. Die verkiesing verlede jaar en die Wêreldbeker vanjaar is nie verskonings nie.

“Weet jy,” sê sy, “onder ons jeug vind jy die grootste persentasie kiesers, die grootste getal werkloses, mense wat deur MIV/vigs geraak word, en by misdaad betrokke is. Hoekom stoot ons hulle so maklik eenkant toe?”

Teen haar muur is ’n koerantuitknipsel vasgeplak. Haar seuntjie word aangehaal oor sy idee van wat ’n neurochirurg is.

“Hy klink klaar nes ’n politikus.” Sy het twee kinders.

Dan terug by die IVP.

“Die media sê ons sterf uit. Of ons is net vir Zoeloes. Net verlede naweek het ons op die QwaQwa-kampus van die Universiteit van die Vrystaat die studenteraadverkiesing gewen. In die Vrystaat, hoor.”

Stap by haar kantoor uit, en jy besef opnuut: As jy iets gedoen wil kry, gee dit vir iemand wat reeds te veel take het.

- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bloem: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Call Centre Operations Manager

Cape Town, South Africa
Fusion Outsourcing Services (Pty) Ltd
Market Related

Call Centre Operations Manager

Johannesburg, South Africa
Fusion Outsourcing Services (Pty) Ltd
Market Related

Chief Safety Officer (Mining)

Mpumalanga Other
EOH Recruitment Solutions
R48000 - R55000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 TDi Comfortline Dsl 5-dr MY10
2011
R 192,900.00

LAND ROVER

Discovery 3 4.4 V8 HSE 4x4 AT
2006
R 394,995.00

HYUNDAI

i20 1.4 GL 5-dr
2011
R 133,450.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.