Tekort aan goeie vaklui kwel ook

2013-01-05 23:23

Dis nou al jare lank dat die persepsie bestaan dat slegs universiteitsonderrig ’n goeie loopbaan verseker.

Opleiding by kolleges en inrigtings vir tegniese opleiding word dan as ’n tweede beste beskou.

Die sluiting van laasgenoemde was ’n reusagtige, opvoedkundige flater. Dit was deels om politieke redes en deels uit diepe onkunde. Om dit alles te herstel gaan ’n lang, moeisame en baie duur proses wees.

Kom ons aanvaar universiteite is elite-instellings. Dit gaan hier om breinkrag, altans, dit was altyd die norm. Hierby kom nou, meer as tevore, die groot waarde wat geheg word aan die natuurwetenskappe en die wiskunde en tereg so.

Maar daar is duidelik ’n oorreaksie.

Die ander skoolvakke hoef in geen opsig terug te staan vir wiskunde en die natuurwetenskappe nie. Hulle gee ’n noodsaaklike, breër, algemene opvoeding.

Dit geld ook op universiteitsvlak.

Nie almal wil in die natuurwetenskappe studeer nie en daar is veral baie keuses in die fakulteite lettere en wysbegeerte: tale, geskiedenis, sielkunde, sosiologie, antropologie, wysbegeerte, die wye veld van die regte ensovoorts – almal belangrike studierigtings in enige beskaafde samelewing.

In die mate waartoe kwantitatiewe werk ingesluit mag wees, vereis dit nie veel meer as ’n goeie begrip van basiese statistieke nie.

Die aandrang op wiskunde en die natuurwetenskappe op universiteitsvlak moet gesien word teen die agtergrond van die kommerwekkende uitslae op skool: vir baie kinders is matriekwiskunde seker ’n absolute nagmerrie.

Wiskundige geletterdheid is hier ter sake. Baie studierigtings kan baat vind in die vorm van ’n vak met breë, praktiese toepassings. Daar is al dikwels neerhalend hieroor geskryf, met as norm die uitslae van die suksesvoller skole. Daarvan is daar gelukkig nog baie, soos blyk uit die skitterende onlangse matriekuitslae.

Wiskundige geletterdheid kan lei tot ’n laer druipsyfer. Ook ’n daling in die enorme aantal aansoeke vir toelating tot universiteit. Ander studierigtings waarby daar ’n dringende tekort is, sal só terselfdertyd tot hul reg kom.

Dit gaan veral om die groot skaarsste aan goed opgeleide vakmanne in ons ekonomie. Derduisende van die mislukte aansoekers by die universiteite hoort eintlik tuis by een of ander van die kolleges vir tersiêre onderrig in die belangrike ambagte.

Die ambagsman speel ’n unieke rol in enige ekonomie. Hy hou die wiele aan die rol. Hulle moes liefs elektrisiëns geword het. Of duikkloppers, loodgieters, masjiniste, passers en draaiers of tegnici in een of ander rigting van belang in enige moderne huishouding.

Die korter studietyd hou dikwels gouer en selfs groter, finansiële voordele in as suiwer akademiese studie.

* Botha is ’n professor emeritus in ekonomie aan die Universiteit van Pretoria.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Koel Kalant sê... Stem saam Melindie. Ek geniet Voetspore, hulle ry net met die verkeerde bakkies. Bribes, bedrog, afdreiging, ens. is aan die orde van die dag by alle grensposte in Afrika. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-22°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 7-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-26°C Morning clouds. Mild. PE: 13-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.