Unieke strategie kort

2013-02-02 23:27

Charl Venter (13) help om van die kruise wat omgeval het weer in te slaan by die Witkruis-monument langs die N1 net buite Mokopane in Limpopo.| Foto: Nelius Rademan

Lesersfoto’s Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

‘Kyk my in die oë, meneer. Ek gee hierdie bundel nie vir jou omdat ek wit is nie. Ek gee dit vir jou omdat ek ’n Suid-Afrikaner is en omdat julle ’n verpligting het om alle Suid-Afrikaners te beskerm. Asseblief, ons kort julle hulp.”

Dit was die woorde van Belinda van Noord toe sy onlangs ’n bundel met ongeveer 100 briewe van slagoffers van plaasaanvalle aan ’n verteenwoordiger van Nathi Mthethwa, die minister van polisie, oorhandig het.

Belinda se pa en broer is die afgelope vakansie op hul plaas buite Brits vermoor. Die bundel het 80 geskrewe briewe bevat, sowel as ’n videobrief. Die briewe is van regoor die land geskryf, maar die boodskap was eenvormig: ­Prioritiseer plaasmoorde!

Nog voordat die minister tyd kon gehad het om die briewe te lees, het sy kantoor ’n mediaverklaring uitgereik en AfriForum, wat die slagoffers hierin bygestaan het, daarvan beskuldig dat die organisasie hom met publisiteitsfoefies besig hou en nie tot ’n oplossing bydra nie.

Hy kom tot die gevolgtrekking dat AfriForum ’n rasse-agenda het, aangesien die meerderheid van die plaasmoordslagoffers wit is en AfriForum meer besorg is oor plaasmoorde as oor ander misdaad.

Mthethwa se woordvoerder het onlangs die departement se weiering om plaasmoorde te prioritiseer geregverdig as dat hy nie bereid is om boere as “goue seuns” te behandel nie en dat die polisie wel teen plaasmoorde gekant is, aangesien hulle teen misdaad gekant is en plaasmoorde ook misdaad is.

Die polisie het ook onlangs ’n strategie vir landelike veiligheid aangekondig en gegewe dat boere deel van die landelike gemeenskap vorm, word hulle hierby ingesluit.

Waarom dan die bohaai? Die landelike veiligheidsplan lyk met die eerste oogopslag soos ’n goeie dokument en dit ís so dat daar baie meer moorde in stede en informele nedersettings gepleeg word as op plase.

Kan ’n mens argumenteer dat boere belangriker is as die res van die land of ’n groter reg op beskerming het? Gewis nie.

Die antwoord lê in die uniekheid van plaasmoorde – uniek in vier opsigte.

Die eerste manier waarop dit uniek is, is die frekwensie daarvan. Die aantal plaasmoorde moet bereken word met inagneming van die aantal boere wat daar is.

Hierdie is ’n omstrede punt omdat niemand presies weet hoeveel boere al vermoor is nie. Die departement van polisie het die samestelling van plaasmoordstatistieke in 2007 gestaak.

Wat ons wel weet, is dat daar ’n skerp styging in plaasmoorde in daardie jaar was. Sedertdien is dit aan die burgerlike samelewing oorgelaat om self statistieke hieroor by te hou en die besonderse werk van TLU SA kan hier uitgelig word.

Hierdie statistieke is nie volledig nie, aangesien dit meestal van mediaberigte afhanklik is, terwyl baie plaasmoorde (en die meeste plaasaanvalle) nie in die media gerapporteer word nie.

Wat die frekwensie betref, kan egter by die gevolgtrekking van dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies berus word. Hy verklaar dat ’n Suid-Afrikaanse boer se risiko om vermoor te word dubbeld so hoog is as dié van ’n Suid-Afrikaanse polisieman, terwyl polisiëring ’n ­hoërisikoberoep is en boerdery nie veronderstel is om ’n hoë gevaar in te hou nie.

Die tweede, belangriker argument is die wreedheid daarvan. Die sogenaamde “bloedsusters” van Crime Scene Clean-up het onlangs by Solidariteit se konferensie oor plaasmoorde verklaar dat plaasmoordtonele ongetwyfeld die wreedste is.

Lorraine Claassen, ’n kriminoloog wat op plaasmoorde fokus, het bevind die wreedheid van plaasmoorde kan met dié van terroriste-aanvalle vergelyk word. Prof. Christiaan Bezuidenhout, ’n senior kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria, het tot die gevolgtrekking gekom plaasmoorde is nie gewone misdade nie, maar haatmisdade.

Ongeag die argumente oor die frekwensie en wreedheid van plaasmoorde, is die belangrikste argument oor uniekheid nog nie uitgelig nie. Dit is die unieke omstandighede waarin boere leef, wat op sigself ’n unieke benadering ten opsigte van hul veiligheid regverdig.

Die feit is dat boere in afgeleë gebiede woon, waar die reaksietyd van die polisie en selfs van hul eie gemeenskappe stadig is. Die polisie se plan vir landelike veiligheid beweeg ons in die regte rigting, maar versuim om erkenning te gee aan die unieke omstandighede waarbinne plaasmoorde gepleeg word.

Die plan versuim gevolglik om ’n gefokusde teenstrategie vir plaasmoorde te skep. Dit is nog voordat die praktiese uitvoering van die plan ondersoek is.

Die laaste uniekheid is natuurlik die unieke rol wat boere in die samelewing speel, veral ten opsigte van voedselvoorsiening en werkskepping.

’n Oproep om die prioritisering van plaasmoorde is dus g’n oproep om boere “goue seuns” te verklaar nie, maar vir ’n erkenning dat plaasmoorde uniek is en dat ’n unieke misdaad ’n unieke teenstrategie benodig.

Dit is immers wat die einste departement van polisie alreeds met soveel ander unieke misdade gedoen het.

Die redes vir die minister se weiering om plaasmoorde te prioritiseer, soos wat reeds met renosterstropery, koperkabeldiefstal, geweld teen vroue en kinders en bendegeweld gedoen is, stel hom bloot aan spekulasie en agterdog oor sy politieke motiewe.

Ernst Roets is uitvoerende adjunkhoof van AfriForum.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-15°C Rain late. More clouds than sun. Cool. Pta: 3-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 5-14°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 0-10°C Sunny. Cool.
Dbn: 13-19°C More sun than clouds. Cool. PE: 11-17°C Showery. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Konsultante

Randburg
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R5 000 - R35 000 Per Month

Afrikaans Sales People needed

Pretoria
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R15 000 Per Month

Afrikaans Sales People needed

Hatfield
New East Consulting Services (Pty) Ltd
R10 000 - R15 000 Per Month

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tablet Asus Nexus 7'' 3G met 32GB nou R1 999

Kry die Nexus 7”-tablet met Wifi & 3G vir slegs R1 999 en bespaar R500! Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Plaas ’n voorafbestelling vir die Xbox One

Die vermaaksentrum wat jou alles-in-een bied – regstreekse TV, flieks, sosiale netwerke en speletjies. Plaas jou voorafbestelling nou!

Tot 50% afslag op haarsorgprodukte!

Bespaar tot 50% op professionele haarsorgprodukte by kalahari.com. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe e-boeke beskikbaar!

Maak jou gereed vir ’n lekker leeservaring wat e-boeke insluit soos Good Morning, Mr Mandela; Laaste dans, Drienie; Die brug na Haven en nog baie meer. Koop nou!

Hisense Infinity Prime-slimfoon

Bespaar R1 000 op die Hisense Infinity Prime 1-slimfoon. Nou R1 999. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!