VIDEO: Fuga vir 'n prins

2012-11-24 23:35

Ockie Vermeulen gesels oor sy konsert vandag in Monaco. In die agtergrond is die Rieger-orrel in Unisa se ZK Matthews-saal, waarvan hy die kurator is.| Foto: lisa hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's



Wanneer prins Albert van Monaco vandag by die Katolieke St. Charles-kerk vir die oggenddiens opdaag, sal dit ’n orrelis van Pretoria wees wat die musikale begeleiding verskaf.

Ockie Vermeulen, orrelis van die NG gemeente Pretoria-Oos en ook kurator en universiteitsorrelis by Unisa, sê die uitnodiging om die orrel in dié historiese kerk in Monaco te gaan speel, het uit die bloute gekom.

Hy is genooi deur die kerk se geestelike leier, vader Carlo Adams, ’n boorling van Kakamas in die Noord-Kaap wat in 2004 deur sy orde, die Olbate van die Heilige Frans van Sales, na Monaco gestuur is.

As deel van die viering van die gemeente se inwyding 100 jaar gelede, is orreliste van die VSA, Kanada, Duitsland en Italië genooi om uitvoerings in die kerk te kom gee.

Adams sê hy wou graag ’n Suid-Afrikaanse orrelis na die feesviering nooi. Hy het van Vermeulen geweet omdat hy graag op die internet na die Suid-Afrikaanse radiostasie Classic FM 102.7 luister en het hom deur Facebook gekontak.

Die 35-jarige Vermeulen sê hy is baie opgewonde oor die uitnodiging.

“Terselfdertyd is dit egter ’n uitdaging om op ’n instrument te gaan speel wat ek glad nie ken nie, in ’n kerkgebou waar ek die akoestiek nie ken nie, en tydens ’n diens wat heeltemal in Frans is.”

Hy het vroeër die week reeds na Monaco vertrek sodat hy ’n paar dae het om op die orrel te kan oefen.

Adams sê hoewel die instrument se houtwerk uit 1638 dateer, is die pype in 1977 oorgedoen. Die kerkgebou self is 129 jaar oud en word beskou as een van Monaco se mooiste kerke.

Vermeulen sê elke orrel lyk anders. “Ou en moderne orrels verskil ook. Ou orrels se bankies is ­hoër sodat die pedale net met die tone getrap kan word.

“Moderne orrels se pedale is konkaaf en loop hoër op na die kante. ’n Orrelis kan sy hakke ook gebruik en dus met een voet twee note legato ná mekaar speel.”

Vermeulen was reeds op dertien die heeltydse orrelis van die Gereformeerde gemeente Derdepoort in Pretoria.

Tydens vanoggend se erediens sal hy orrel speel terwyl die prins in die kerk in- en uitstap en hy sal ook tydens die kollekte ’n sanger begelei.

Vanmiddag sal hy ’n solokonsert speel wat J.S. Bach se bekende Toccata en fuga in d sal insluit.

Hy sê dit is sy eerste solo-konsert in die buiteland, hoewel hy al saam met ander musikante opgetree het in Nederland en Switserland, asook in die VSA terwyl hy met ’n Fulbright-beurs daar gestudeer het.

Vermeulen het die grade BCom en BMus (cum laude) aan die Universiteit van Pretoria (UP) verwerf, asook sy doktorsgraad in uitvoerende kuns (orrel).

Hy is allesbehalwe nét ’n kerkmusiekman.

Sy regop-gejelde hare verklap dalk met die eerste oogopslag reeds iets hiervan.

Gaan hy sy hare plat kam vir vandag se optredes?

“Ek dink nie so nie, ek is gemaklik met my hare so,” lag hy.

Hy vertel hoe “’n tannie” op ’n keer “brutaal eerlik” vir hom gesê het: “Ons hou so van jou, dis net jammer van jou hare.”

Vermeulen hou daarvan om die orrel “in ’n moderne idioom” en vir cross-over-musiek te gebruik.

“Die orrel is een van die oudste instrumente in die wêreld, maar dit is veelsydig en kan aanpas.”

Op Vermeulen se jongste CD, Arena, wat laas jaar uitgereik is, het hy saam met Christa Steyn en ander bekende musici soos die pianiste Wessel van Wyk en Charl du Plessis en die fluitspeler Helen Vosloo gewerk.

“Ek was van kleins af ’n ongelooflike groot fan van Christa.

“Op ­laerskool het ek gereeld vir haar briefies geskryf.

“Ná ’n jaar se briefies het sy my een aand gebel en genooi om te kom kuier.”

Vermeulen doen musiekverwerkings en vervaardiging vir Steyn se ateljee, wat nou deur haar seun, Douw, bedryf word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-20°C High level clouds. Mild. Pta: 10-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Bfn: 5-22°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 16-23°C Morning clouds. Mild. PE: 14-21°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.