FOTOGALLERY: Knewel van ring – uit beton!

2012-11-17 23:51



Beton is nie net vir mure bou nie.

In die skeppende hande van kunstenaars kry dit jaarliks lewe in die PPC Cement Young Concrete Sculptor-kompetisie.

Vanjaar se wenner in die kategorie vir beeldende kuns het die verhaal van haar oupa se gedwonge verskuiwing in die apartheidstyd delikaat in beton weergegee.

Die 50-jarige Zyma Amien van Kaapstad sê toe sy onlangs ’n beskrywing van haar werk op papier moes neerpen, het sy begin huil oor die herinneringe wat dit gebring het.

Haar oupa, Salie Daniels, leef nie meer nie, maar wat met hom en sy gesin gebeur het, raak steeds sy nageslag.

Amien, voorheen ’n mediese tegnoloog en nou ’n visuele- kunsstudent, sê sy was nog nie gebore nie toe hy uit Distrik Ses moes trek. Sy onthou wel toe hy gedwing is om sy huis in Lansdowne te verkoop.

“Die huis het so ’n wonderlike atmosfeer gehad,” vertel sy.

Sy onthou ook die houtblokkiesvloere daar. Omdat haar oupa se vloer as’t ware onder hom uitgeruk is, het sy die vloer in haar kunswerk, The Day they Came for our House, herskep met grys betonblokkies wat in dieselfde patroon gelê is. Beton was ’n simboliese materiaal om mee te werk omdat dit vir bouwerk gebruik word en tradisioneel sterk en permanent is.

Bo die grys blokkiesvloer hang verskillende kleur fesse.

“My oupa het sy fes gedra as ’n vorm van identiteit. Met die gedwonge verskuiwings is sy identiteit verwoes,” sê Amien.

Die PPC-kompetisie spog vanjaar, sy 21ste bestaansjaar, met ’n nuwe kategorie – vir funksionele kuns. Dié inskrywings is volgens dieselfde kriteria beoordeel.

Dié finaliste het meestal armbande en halssnoere gemaak.

Die wenwerk wys dit is nie net blink edelgesteentes wat in ontwerpersringe kan pryk nie.

’n Knewel van beton span die kroon op Evert van Engelenhoven se ring en staander getiteld A Little World with Big Possibilities. Die ring is van silwer en beton en so rond soos ’n planeet geslyp, sê Van Engelenhoven (39), ’n goudsmid van Barberton in Mpumalanga.

Die werk word afgerond deur ’n staander van beton en hout.

Van Engelenhoven sê hy het al tevore vir iemand ’n troupand van beton gemaak.

Hy meen mense wat op ontwerp ingestel is, sal in betonjuwele belangstel. Aanhangers hou daarvan dat beton kan verweer en van kleur verander.

“Dit kry karakter,” sê ’n vrou met bonkige betonkrale by die PPC-prysuitdeling.

Van Engelenhoven, bestuurder van die Umjindi-juweelprojek in Barberton, sê hy het die betonballetjie uit ’n groter stuk beton geslyp, nes mens met ’n edelgesteente sou doen.

* Die PPC-uitstalling kan nog Dinsdag in die Mackiestraat-galery van die Pretoriase Kunsvereniging besigtig word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Nuutste Nuus-kommentaar

Emiel Stapelberg sê... Afrika sou werklik 'n wonderlike plek wees as dit nie vir sy mense was nie. Lees die storie...

Weer
Lotto
Ksd: 17-23°C Sunny. Mild. Pta: 9-21°C Sunny. Mild.
Jhb: 8-16°C Morning clouds. Cool. Bfn: 6-20°C More sun than clouds. Mild.
Dbn: 15-25°C Sunny. Mild. PE: 14-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Actuarial Specialist

Cape Town Northern Suburbs
Communicate Cape Town IT
Market Related

Senior Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R550000 - R600000

Cost Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town IT
R380000 - R400000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Drama- & liefdes-DVD’s – 2 vir R99

Moenie ons spesiale aanbiedinge van liefdes- en drama-DVD’s, wat jou ure voor jou skerm vasgenael sal hou, misloop nie. Die aanbod is geldig vir solank daar voorraad is. Koop nou.

Eksklusiewe spesiale aanbod op Wii U

Spaar R999 op hierdie wonderlike aanbod: Wii U 8GB-konsole, basiese pakket, + ’n bykomende stel + Nintendo Land. Nou net R4399.95. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Opruimingsuitverkoping! Spaar tot 60%

Besoek ons opruimingsuitverkopingwinkel vir asemrowende aanbiedinge en spaar tot 60%. Solank daar voorraad is. Koop nou!

Witwarm winskopie van die week! Bespaar R2000 op die Samsung Galaxy SIII

Kry die Samsung Galaxy SIII vir slegs R4999.95. Dit is ontwerp vir die mens, maar geïnspireer deur die natuur. Word binne 24 uur versend. Terwyl voorraad hou. Koop nou!

Dan Brown’s se jongste roman, Inferno

In Dan Brown se nuwe roman, Inferno, is die Harvard-simboolkenner Robert Langdon weer aan die stuur van sake. Dit speel af in die hartjie van Europa, waar Langdon ingetrek word in ’n raaisel rondom een van die geskiedenis se oudste en geheimsinnigste literêre meesterwerke. Die langverwagte roman word vandeesweek uitgereik. Plaas jou bestelling nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.