Verregses is ver van reg

2012-12-29 23:48

Die Suidlanders, Boere Beskermings Forum, Geloftevolk Republikeine, die Verkenners...

Die lys van verregse organisasies in Suid-Afrika is lank. Sommiges ontbind kort ná hul ontstaan, maar nuwes kom ook kort-kort tot stand.

Naas onbedekte rassehaat en ’n kultureel-chauvinistiese geloof in die meerderwaardigheid van die “Boer” – ’n term wat saam met hoofletter-begrippe soos “Volk” en “Vaderland” kulturele afbakening uitbasuin – is interne konflik ook eie aan dié groepe.

Die enigste sigbare gedeelde doelwit is ’n afsonderlike staat vir die “Boerenasie”, maar ook dít is makliker gesê as gedaan.

Eerstens is daar onenigheid oor wie tot die “Boerenasie” behoort.

Moenie dink ’n wit vel, Afrikaanse tong en Bybel onder die arm verseker outomaties burgerskap nie.

Ras, taal en geloof is wel belangrik, maar al voldoen jy hieraan, kan jy nogtans maklik as “Boereverraaier” bestempel word.

Gaan kyk maar hoe waai die hare op verregse forums.

Die weg na selfbeskikking self is nóg ’n netelige kwessie.

Die meer realistiese groepe wil ’n grondgebied soos Orania vestig.

Die ander wil die land met ’n gewelddadige staatsgreep “terugneem”.

Dis hulle wat terreur­dade beplan en swart mense in ’n bisarre parodie van die kindersprokie Hansie en Grietjie met kos na die see wil lok.

Talle Suid-Afrikaners sal straks eersgenoemdes se ideaal steun, mits hulle vreedsaam bly.

Daar is egter struikelblokke, waarvan een ’n gebrek aan belangstelling is.

Hein Boonzaaier, een van die vier Mangaung-verdagtes, wou juis ’n soort Boere-kibboets in die Noord-Kaap vestig, maar net sewe mense het glo sy model aangehang.

Dis ’n goeie vraag waarom regse separatiste hulle nie eenvoudig aansluit by dié wat reeds in Orania bedrywig is nie.

Is die “Nasie” so verdeeld?

Toe Orania se dr. Karel Boshoff onlangs ’n samewerkingsooreenkoms met ’n Xhosa-gemeenskap aangegaan het, was baie verregses ontsteld.

Vir die mees rasbehepte regses dui sulke kontak met ’n ander rassegroep op hoogverraad.

Boonop sal Boshoff nie ultra-regses met ope arms verwelkom nie omdat hy nie van Orania ’n teelaarde vir radikale bedrywighede wil maak nie.

Dit sê nogal baie oor jou politiek as Karel Boshoff dink jy is te regs...

Die ultra-regses is ook swak georganiseer en deurdrenk met staatspioene.

Daarom kom hul terreurplanne nie sommer tot uitvoering nie.

Die redes vir selfbeskikking skep minder wrywing.

Alle verregses glo daar is ’n sameswering om wit mense met geteikende geweld, ekonomiese onteiening en maatskap­like marginalisering aan te val.

Veral die mite van geteikende geweld staan sentraal in die strewe na selfbeskikking.

Moorde op wit mense word gesien as deel van die aanslag.

Dié volksmoord-paranoia word met misleiding én oningeligtheid aangevuur; daar word slegs op swart-op-wit-misdade gefokus, terwyl die meeste misdaadslagoffers in Suid-Afrika swart is.

Dat die meeste moordenaars hul slagoffers ken, word ook strategies misgekyk.

So ook gevalle van wit-op-wit-geweld.

Verregse panieksaaiers swyg oor die walgdade wat die land se Modimolle-monsters hul geliefdes en “Volksgenote” aandoen.

Dié misdade skiet immers gate in hul rasgedrewe interpretasie van die misdaadprobleem.

Dan is daar die verspreiding van rillerstories oor ’n beplande massaslagting van wit mense.

Boodskappe dat talle boere vermoor is, het tydens die onlangse arbeidsonluste in die Boland opgeduik.

’n Mens kry die idee diegene wat dié leuens versprei, hoop heimlik daar ís massa-geweld teen wit mense.

Omdat dít nie gebeur nie, gryp hulle geleenthede aan om paniek te saai met die verspreiding van onwaarhede.

Verregses glo skynbaar ook wit mense het ’n monopolie op ontevredenheid jeens die regering.

Hulle vergeet dit is nie net wit Suid-Afrikaners wat tereg kla oor die land se skokkende misdaadstatistieke, dienslewering en skreiende korrupsie nie.

Dié probleme raak álmal in die land en baie mense oor kultuurgrense heen is keelvol vir die Zuma-bewind se onbeholpenheid.

Verregses waninterpreteer ook hul prominensie in die breër wit, Afrikaanssprekende gemeenskap.

Laasgenoemde is al hoe meer polities gematig en verwerp ver-regses se teenproduktiewe en haatdraende sentimente.

Die “Boerenasie” is ’n sintetiese konstruksie waarmee ’n verstote minderheid legitimiteit vir hul uitgediende oortuigings probeer verwerf.

Hul “Boerestaat” gaan na alle waarskynlikheid nooit juis buite die grense van die kuberruim gestalte kry nie.

Lees Rapport se kommentaarbeleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
117 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 13-16°C Numerous showers. Decreasing cloudiness. Cool. Pta: 3-25°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 8-20°C Sunny. Mild. Bfn: 9-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 10-30°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 10-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at the gorgeous Massinga Beach Lodge in Mozambique and only pay for 4 from R13 220 per person sharing. Includes return flights, accommodation, transfers and romantic turndown.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Kry tot 25% afslag op die 25 gewildste media-produkte!

Bespaar tot 25% op die jongste topverkopers van boeke, flieks, speletjies en musiek. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar R700 op die Hisense LED TV

Kry die Hisense 32” HD LED TV vir slegs R2499. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Nuwe musiek-CD’s & DVD’s teen R99 elk

Kry gewilde nuwe musiek-CD’s en DVD’s teen R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Soos gesien op TV – Nuwe boeke teen slegs R199 elk

Kry besparings wat jou kop sal wegblaas op nuwe boektitels. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar tot 40% op modetoebehore

Bespaar tot 40% op uitgesoekte handsakke, beursies, horlosies, juwele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

The Real Meal Revolution (boek & e-boek)

Die doel van The Real Meal Revolution is om jou lewe te verander deur jou eetgewoontes te leer wat jou in beheer plaas van jou gewig en jou gesondheid. Bestel nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!