Vigs-diplomasie kan SA se beeld poets

2012-07-29 11:41

Wetenskaplikes, politici en vigs-aktiviste het die afgelope week in Washington DC vergader vir die 19de internasionale vigskonferensie.

Hoe die Suid-Afrikaanse afvaardiging ontvang is, moes selfs die dikvelligste opgeval het: Jare lank was Suid-Afrika in die spervuur by byeenkomste soos dié weens die Mbeki-administrasie se drogredenasies oor die kwessie.

Suid-Afrika is nou in ’n wonderlike posisie om méér te doen as om net ons beleidsrehabilitasie oor vigs te konsolideer. Dié siekte kan gebruik word as fokus van ons internasionale diplomatieke poging.

Dit kan aanvanklik na ’n vreemde gedagte klink, maar laat ek verduidelik:

Dit is geen geheim dat Suid-Afrika se buitelandse beleid die pad bys­ter geraak het nie. Ons is in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad berug vir ons ondersteuning van muishondstate. Ons is so vasbeslote om solidariteit met ander state in die globale suide te toon dat ons ’n bespotting maak van ons aansprake dat menseregte ’n onaantasbare pilaar van ons buitelandse beleid is.

Ons het soveel van ons post-1994- diplomatieke kapitaal verloor dat die Washington Post ’n paar jaar gelede na Suid-Afrika verwys het as ’n “rogue democracy”.

Wat ons dringend nodig het, is ’n realistiese lysie globale prioriteite, eerder as om te probeer om te veel bondgenote tevrede te stel.

Suid-Afrika moet ’n nis uitwys, ’n enkele kwessie of ’n handvol tematiese dryfvere, waaraan ons ons buitelandse beleid kan anker.

Die fondament vir dié hernuwing is reeds gelê: In Maart 2007 was Suid-Afrika een van sewe lande wat die Oslo- ministeriële verklaring uitgereik het wat globale gesondheid uitgewys het as die “mees prominente, maar steeds breedweg afgeskeepte, langtermyn- buitelandse beleidskwessie van ons tyd”.

Gesondheid is ’n belangrike en betreklik maklik meetbare weerspieëling van enige land se welstand.

Selfs pres. George W. Bush se enkele diplomatieke triomf was gesondheid. Onder sy leierskap is die globale fonds vir die bekamping van vigs, tuberkulose en malaria in 2002 tot stand gebring. Teen 2008 het dié fonds reeds $15,6 miljard in 140 lande aan vigsprogramme bestee. Voorts het die Bush-administrasie in 2003 die President’s Emergency Fund for AIDS Relief (Pepfar) gestig, en ’n verdere $15 mil­jard het in die daaropvolgende vyf jaar vigsprogramme in Afrika ondersteun.

Dit is nie net ontwikkelde lande wat gesondheidsdiplomasie beoefen nie: Kuba, Venezuela, Indië en Brasilië werk al dekades om gesondheid in ander ontwikkelende lande te bevorder. Hulle gebruik nisdiplomasie en ’n fokus op gesondheidskwessies om hul eie beeld te bevorder, om bande met ander state in die globale suide te smee en om veranderinge (soos toegang tot farmaseutiese middels) in veral multilaterale organisasies soos die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) te bewerkstellig.

Suid-Afrika is uitstekend geposisioneer om vigsdiplomasie te ontwikkel en te gebruik as ’n projek om die gevolge van globale ongelykhede en onreg uit te wys.

Hoe sou so ’n vigsdiplomatieke agenda in die praktyk lyk?


’n Paar aktiwiteitsgebiede kan uitgewys word:

* Suid-Afrika kan hom saam met sy bondgenote Indië en Brasilië beywer vir ’n regverdiger bedeling wat gelyke toegang tot medisyne vir arm lande moontlik maak. Die grondslag hiervan is reeds by vroeëre WHO-vergaderings gelê, en deur ons gesondheidsbande met ander middelmoondhede uit te bou, kan dit ons status as ’n ontluikende staat verder vestig.

* Suid-Afrika kan werk vir die daarstel van ’n Pan-Afrika-gesondheidsorganisasie, geskoei op die Pan-Amerikaanse gesondheidsorganisasie. Met dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ’n medikus, ’n voormalige Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake én ’n voormalige minister van gesondheid, aan die stuur van die Afrika-Unie kan gesondheidskwessies dalk ’n betekenisvolle deel van ’n kontinentale aksieplan word.

* Suid-Afrika kan voortbou op die ervaring van jare se mobilisering teen Mbeki se vigsbeleid. In die laat 1990’s tot 2008 is betekenisvolle transnasionale netwerke gevestig om vigs in Suid-Afrika en elders te bekamp. Daar is belangrike lesse oor internasionale netwerke en nisbestuur geleer wat nou verder ontgin moet word.

* Ons kan ons beywer vir die opleiding en behoud van gesondheidspersoneel en ’n teenvoeter vind vir die gebruik dat ryk lande veral die verpleegpersoneel van arm lande weglok.

* Suid-Afrika kan fokus op die opleiding van gesondheidsdiplomate. In 2007 het die Graduate Insti­tute of International Relations in Genève sy eerste program oor globale gesondheidsdiplomasie ingestel.

In Suid-Afrika is slegs een tersiêre opleidingsinstelling wat diplomate oplei – en hierdie graadkursus bevat geen gesondheidselement nie. Diplomasie oor gesondheidskwessies het so ’n spe­sialis­veld geword dat opleiding noodsaaklik is.

Daar is dus ongelooflike potensiaal om ons eie slegte vigsrekord te transformeer tot een van ons diplomatieke sterk punte.

Prof. Pieter Fourie is ’n dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 17-20°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 4-22°C Sunny. Mild.
Dbn: 14-28°C Sunny. Warm. PE: 14-22°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.