Voorstedelike tirades te voorspelbaar vir ’n ninja!

2010-02-27 17:45

Sonskyn en Chevrolet: Ninja, ook bekend as Max Normal ook bekend as Watkin Tudor-Jones, saam met sy connections Yo-landi Vi$$er en DJ Hi-Tek op die strand.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Die Original Evergreen was warm toe ek meer as ’n dekade terug in die boheemse Kaapse buurt Obs kom woon het.

Dié plaaslike grapjasse is gou uitmekaar, maar een van die lede was weldra my gunsteling-musikant van die underground, Max Normal. (Of soos die dominee gesê het: Watkin Tudor-Jones).

Dit was die varsste klank denkbaar – iewers tussen rock, hip-hop en electro in ’n stadium dat dié drie genres mekaar meestal soos die pes vermy het.

Max Normal was twee maal by die alternatiewe Pukkelpop-fees in België in aksie en het die verhoog al jare terug vir Faithless warm gemaak op dié se Suid-Afrikaanse toer. Kommersiële sukses was egter bestem vir dié wat die gebaande weë oor en óór verken, en Max Normal was nie een vir daardie voosgetrapte paadjie nie.

Ek was egter mal oor hom en so ook die vol sale wat hy gelok het. G’n musiek vir domkoppe nie.

Pááárties met hoofletter P’s en drie á’s.

So, wat is dit wat my die afgelope week laat terugdink aan die Original Evergreense gloriedae in Obs?

Max Normal, natuurlik. Want Max is deesdae Ninja van Die Antwoorden manne soos Koos Kombuis, daardie self-aangestelde segsman van my reeds vuisvoos geslag, verklaar verlede week hier in Rapport Weekliks dat hy ’n probleem het met Die Antwoord. Tot erge irritasie van die meeste van ons wat wéét.

Oupa Koos sê Die Antwoord se gebrek aan toekomsvisie, hul seksisme, hul dimensielose anargie en self-haat “maak hom ongemaklik”.

Die Antwoord laat Kombuis ook glo nie “meer in touch” met homself voel nie.

Ek sou ook nie Die Antwoordvir my ma opsit nie – en sy’s ’n tawwe tannie. Wilde electro in blou taal sal nie vir haar soveel groot pret soos vir my wees nie.

Ek sou natuurlik ook nie Kombuis se lirieke “Picasso sou kon uitspan op Hartenbos se hand / En Shakespeare sou kon poetry skryf op Mosselbaai se sagte sand” voor my ma kon aanhoor nie, want netnou gooi ek op haar skoene op oor sulke kwasi-diepsinnige aspirasionele snert.

Dit laat nou weer nie vir mý “meer in touch” met myself voel nie. Gelukkig vir Kombuis is daar talle wat van my verskil en dis hoekom Kombuis tot onlangs meer geld as Tudor-Jones gemaak het.

Die Antwoord is – en dis g’n ingeligte mening nie, maar ek het oor die jare leer vertrou op verrassings van Tudor-Jones – duidelik deel van ’n groter konseptuele prentjie. Hy is al ’n paar maal by dié paadjie af. Self ken ek sy storie. ’n Stophorlosie sê my dit sou Kombuis minder as sewe minute gevat het om die hele storie vir homself via Google en Wikipedia uit te pluis.

Hy sou ook die voorste Amerikaanse musiek-webwerf Pitchfork Magazine se lofsange oor Die Antwoord gesien het. “Utterly strident originality,” sê hulle. En dat The Guardian Yo-Landi Vi$$er se stem met die legendariese Liz Fraser van die Cocteau Twinss’n vergelyk.

In die dekade dat Tudor-Jones identiteite gewissel het op die maat van ’n wilder en wilder ritme, het Kombuis ook as kunstenaar gegroei. Hy het homself dan ook plegtig herdoop tot Koos A. Kombuis. En die boheemse braaivleis-tirades van weleer, op die maat van sewentiger-styl folk rock, het ontwikkel tot voorstedelike braaivleis-tirades, op die maat van sewentiger-styl folk rock.

Dis gans te voorspelbaar vir ’n ninja!

Kombuis beween dit dat dié man die mitiese Groot Deurbraak Oorsee moes maak. Waarom nie, vra hy, eerder Karen Zoid of Rocco de Villiers of Amanda Strydom nie? Want Die Antwoord se musiek is heeltemal – hééltemal – oorspronklik.

Dié wat Kombuis noem, het orals in die wêreld plaaslike eweknieë. Oorspronklikheid is nie alles nie, maar as jy Afrikaans gaan sing, beoordeel Pole, Kaliforniërs en Spanjaarde jou nét op jou musiek. Selfs Nederlanders dink Die Antwoord skree “kat!” en “teel!” as hulle Kombuis so omkrap.

Kombuis is minstens oor een ding reg: Helaas, ek dink ook nie Die Antwoord gaan lank met ons wees nie. Hul styl is te beperkend om Tudor-Jones lank gelukkig te hou. Ek glo ons sien binne ’n jaar die Die Antwoord-projek se logiese uiteinde.

Ek onthou die laaste keer dat ek Die Antwoord sien speel het, twee maande terug, en dit sal lank ’n spesiale herinnering bly.

’n Kamer stampvol lekker mense wat laggend staan en dans, nou en dan baldadig ’n kru woord saam met Ninja en Yo-Landi skreeu. ’n Beleefde klompie, agterna glimlaggend in die straat.

Ek onthou ook die laaste keer dat ek Koos Kombuis sien speel het, so vyf jaar gelede in my buurt, op ’n vriend se aandrang.

Dit was min of meer dieselfde vertoning as tien jaar vroeër. Hy het met ’n glas rooiwyn – Beyerskloof, darem, ná die jare se Tas – sit en kla oor die regering voor sowat 50 jong mense.

Op pad huis toe oorhandig my vriend die R50 waarvoor ek hom gewed het dat dit ellendig sou wees.

“Jy weet,” sê hy, “as jy 50 jaar oud is en daar hang ’n kamer halfvol jong mense aan jou lippe, is dit darem hartseer dat jy niks beter geleer het uit die lewe om vir hulle te sê as ‘f*kôl, f*kôl, f*kôl’ nie.”

Ja-nee.

Gee my eerder nog next levelbeats, DJ.

As Louis de Villiers nie musiek luister nie, is hy ’n rugbyskrywer.


- Rapport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weather
Lottery
Cpt: 13-20°C High level clouds. Mild. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 4-18°C Sunny. Cool. Bloem: 3-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 14-26°C Sunny. Warm.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Database Administrator

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

DBA

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R500000 - R550000

SQL Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R400000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 SX MPV
2005
R 145,995.00

CADILLAC

BLS 2.0T AT
2007
R 179,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
There are new stories on the homepage. Click here to see them.