Waar is jy, Jacob?

2012-10-20 23:57

Vroeër dié week het ek pres. Jacob Zuma gevra om deel te neem aan ’n debat oor die toestand van ons ekonomie. Hy het dié versoek binne ure geweier – ’n ongewoon spoedige reaksie van ’n presidensie wat gewoonlik maar traag op uitdagings reageer.

Dit is jammer hy wou nie, want Suid-Afrika beleef ’n situasie wat ’n mens met reg ’n krisis kan noem. In sulke situasies is dit belangrik dat ’n president leierskap toon, en die bereidwilligheid om aan ’n oop, eerlike gesprek deel te neem oor wat fout gaan, en wat gedoen kan word om dit reg te stel.

Onlangse gebeure is rede tot diepe kommer oor ons land, en veral die ekonomie.

In 2009 het die nuwe Zuma-regering gesê werkskepping en ekonomiese herstel is die belangrikste prioriteit. Maar drie jaar later is daar meer as sewe miljoen werklose Suid-Afrikaners, meer as toe pres. Zuma aan die bewind gekom het.

’n Verdere 2,3 miljoen word as “ontmoedigde werksoekers” geag – wat in eenvoudige Afrikaans beteken hulle word nie as werkloos getel nie, want hulle het tou opgegooi en opgehou soek.

Dié is nie net syfers nie – dit verteenwoordig die lyding van gewone Suid-Afrikaners.

En ja, groot dele van die wêreldekonomie beleef ook ’n krisis, maar in vergelyking met ander ontwikkelende lande vaar Suid-Afrika besonder swak.

In dié konteks beleef ons sekerlik een van die mees uitdagende tye in ons demokratiese geskiedenis. Ons sien ’n demonstrasie van jare van diepe frustrasie en selfs akute woede teenoor ’n samelewing wat steeds geleenthede van die meeste mense weerhou, en teenoor ’n regering wat die armes klaarblyklik minag met die uitspattige leefstyl van dié wat politieke verbintenisse het.

Die Marikana-slagting staan dalk uit as die mees tragiese voorbeeld van ons probleme, maar daar is talle ander:

* Ons beleef ’n reeks gewelddadige stakings wat talle lewens geëis het;
* Die ekonomie verloor daagliks miljarde weens onwettige stakings;
* Suid-Afrika se kredietgradering is die afgelope maand deur sowel ­Standard?&?Poor’s as Moody’s verlaag;
* Die tekort in ons lopende rekening, ’n maatstaf van die invloei van beleggings uit die buiteland, is op ’n ongekende vlak nadat beleggersvertroue deur die vloer geval het;
* Die verswakking van die rand het ernstige gevolge vir lewenskoste, veral vir die armstes; en
* Dalk die ergste van alles: Etlike duisende werkgeleenthede bly in die slag, wat die aantal werkloses verder die hoogte in laat skiet.

In dié moeilike tye het pres. Zuma nie die leierskap gebied wat Suid-Afrikaners verwag en benodig nie.

Hy het kwalik ’n woord gerep oor die ekonomie, en sy pogings om die afgelope week of wat met “belanghebbendes” te vergader is te min en te laat.

Die president behoort pal met ekonomiese rolspelers te vergader, en nie net wanneer die ekonomie in ’n krisis gedompel word nie.

Enige demokrasie het deurlopende debat nodig. In ’n krisis het burgers die reg om te hoor hoe hul president hulle die toekoms in sal lei, hom hieroor vrae te vra en sy idees te toets.

Daar is immers ’n hele paar vrae wat ons die president sou wou vra as hy ingestem het tot die debat (lees kassie hiernaas).

Die Demokratiese Alliansie het ’n alternatiewe plan voorgelê om ons ekonomie op te bou – die plan vir groei en werkskepping.

Ons het die plan die laaste paar maande aan die land voorgehou, en ons glo dat as ons dit in die regering kon toepas, ons ekonomie sou groei en werk asook gedeelde welvaart skep in ’n klimaat van beleidsekerheid.

Maar die president het nie dieselfde gedoen nie. Het hy hoegenaamd ’n plan?

Of doen hy bloot lippediens aan die nasionale ontwikkelingsplan sonder enige voorneme om dit ooit in werking te stel?

Ons kan nie bekostig om voort te ploeter deur stadige ekonomiese agteruitgang nie; met meer mense wat werkloos is en die armes wat al hoe armer word.

Wat ons nodig het, is ’n deeglike, oop en robuuste debat oor hoe ons die ekonomie kan verander sodat dit almal insluit en beter werk.

As die president nie deel van so ’n debat wil wees nie, sal Suid-Afrika dit sonder hom voer en hom en sy party agterlaat.

* Rapport het Mac Maharaj, pres. Zuma se woordvoerder, gevra vir ’n meningstuk oor die president se siening oor die krisis in die land. Daar was geen reaksie nie.

Dít wil Zille by Zuma weet

1. Stem hy saam dat sekere van sy regering se beleid ekonomiese groei kwaai rem?
2. Hoe beplan hy om verdere afgraderings te voorkom en te sorg dat ons land se kredietgradering verbeter?
3. Wat is sy posisie oor die onwettige stakings waarin mense gesterf het en wat ons mynbedryf bedreig?
4. Wat beplan hy om omtrent die stygende tekort op ons lopende rekening te doen?
5. Wat sal hy persoonlik doen om beleidsekerheid en beleggersvertroue te herstel?

Helen Zille is leier van die ­Demokratiese Alliansie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Lotto
Ksd: 14-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 9-18°C Sunny. Mild. Bfn: 5-21°C Mostly sunny. Mild.
Dbn: 13-26°C Sunny. Mild. PE: 15-21°C Afternoon clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Management Accountant

Gauteng
Communicate Cape Town Finance
R750000 - R800000

Overborder Manager

Durban
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Overborder Manager

Johannesburg CBD
Communicate Cape Town Finance
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

There are new stories on the homepage. Click here to see them.